Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 10/89 bl. 1-12
  • Loof Jah deur intekeninge te verkry

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Loof Jah deur intekeninge te verkry
  • Ons Koninkryksbediening—1989
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • INTEKENINGE VOORSIEN GEESTELIKE VOEDSEL
  • INFORMELE GETUIENISWERK
  • Bied die Goeie Nuus Aan—Deur intekeninge tydens herbesoeke aan te bied
    Ons Koninkryksbediening—1986
  • Lê julle nog meer daarop toe
    Ons Koninkryksbediening—1985
  • Bied die goeie nuus aan—Deur intekeninge met vrymoedigheid aan te bied
    Ons Koninkryksbediening—1990
Ons Koninkryksbediening—1989
km 10/89 bl. 1-12

Loof Jah deur intekeninge te verkry

1 Wat ’n vreugde is dit om elke nuwe nommer van Ontwaak! te ontvang! Hierdie puik tydskrif help ons om op die hoogte te bly van wêreldgebeure wat met Bybelprofesie verband hou. Ons kan derhalwe meer bewus wees van ons geleenthede om Jehovah te loof.​—Amos 3:7; Hebr. 13:15.

2 Tot sover in 1989 het Ontwaak! boeiende onderwerpe bevat soos “Wie sal die aarde beërwe?” “Wat word van waardes?” en “Geweld​—Wat kan jy doen?” Sulke inligting vergroot ons waardering vir Die Wagtoring, wat God se Koninkryk al meer as honderd jaar lank voorstaan as die ware oplossing vir die mensdom se probleme. Saam het hierdie tydskrifte lesers daarvan bewus gemaak dat hedendaagse gebeure “die laaste dae” van hierdie ou stelsel kenmerk (2 Tim. 3: 1-5). In April en Mei vanjaar is belangrike nommers van Die Wagtoring uitgegee wat goddelose Babilon die Grote kragtig aan die kaak gestel het.

INTEKENINGE VOORSIEN GEESTELIKE VOEDSEL

3 Gedurende Oktober sal ons die voorreg hê om intekeninge op Ontwaak! of Die Wagtoring, of albei, aan te bied. Het elke lid van jou gesin ’n persoonlike intekening? Indien wel, is jy beter toegerus om ander aan te spoor om ook in te teken. As ’n gereelde leser van Die Wagtoring en Ontwaak! kan jy net so geesdriftig wees wanneer jy intekeninge aanbied as wanneer jy individuele nommers op tydskrifdag aanbied.

4 Moenie vooraf besluit of ’n individu sal wil inteken nie, maar gun die persoon die kans om op jou opregte, geesdriftige aanbieding te reageer. Een suster is gehelp om ’n positiewer gesindheid te ontwikkel deur na te dink oor die gesegde: “Jy kan nie iemand op sy baadjie takseer nie.” Sy het geleer om meer soos Jehovah te wees, wat nie partydig is nie (Hand. 10:34). Het jy, buiten in jou huis-tot-huisbediening, ook by jou Bybelstudente, die mense op jou tydskrifroete, medewerkers, bure en familielede en tydens straatgetuieniswerk intekeninge aangebied?

5 Baie het al huisbewoners teëgekom wat sê dat hulle nie op daardie oomblik geld vir die intekening het nie. Of hulle sê dalk dat dit om die een of ander rede vir hulle ongerieflik is om in te teken. Wanneer dit gebeur, kan jy, as die persoon daartoe instem, sommer daar tydens die eerste besoek die intekeningstrokies invul en dan later teruggaan vir die bydrae. Sorg dat jy op die afgespreekte tyd teruggaan. Dit beklemtoon hoe belangrik akkurate huis-tot-huisverslae is.

INFORMELE GETUIENISWERK

6 Hoewel die meeste getuieniswerk steeds van huis tot huis gedoen word, weet ons dat informele getuieniswerk deesdae al hoe meer beklemtoon word. Dit is ’n uitstekende manier om met baie van die mense in aanraking te kom wat nie tuis is wanneer ons van huis tot huis werk nie. En wat van die saam met wie jy sekulêre werk doen? Gedurende een maand tydens ’n intekeningkampanje het ’n broer besluit om taktvol vir sy werkmaats te getuig. Hy het aanvanklik vir hom ’n doelwit van tien intekeninge vir die maand gestel Hy was egter taamlik verbaas toe hy daardie doelwit binne twee dae bereik het. Stel jou sy vreugde voor toe hy 68 intekeninge vir die maand kon rapporteer!

7 Gedurende Oktober kan ons die intekeninge aanbied wanneer ons van huis tot huis gaan, wanneer ons herbesoeke doen en wanneer ons informeel getuig. Wanneer die intekening van die hand gewys word, kan ons dalk sê: “Hoewel jy nie nou wil inteken nie, is ek seker dat jy die nommer sal geniet wat ons so pas bespreek het. Ons laat dit saam met sy medetydskrif vir ’n bydrae van slegs Rl,20 by mense.” Baie tydskrifte word op hierdie manier versprei.

8 Die psalmis spoor ons aan: “Loof Jah” (Ps. 147:1, NW). Hoe gepas is dit vir ons om Jehovah gedurende Oktober te loof deur intekeninge op Die Wagtoring en Ontwaak! aan te bied!

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel