-
JodeRedenering uit die Skrif
-
-
Gal. 6:15, 16: “In Christus Jesus het nòg die besnydenis nòg die onbesnedenheid enige krag, maar ’n nuwe skepsel. En mag daar vrede en barmhartigheid wees oor almal wat sal wandel volgens hierdie reël, en oor die Israel van God!” (“Die Israel van God” word gevolglik nie langer bepaal op grond van die nakoming van die vereiste wat aan Abraham gestel is, naamlik dat al die manlike lede van sy huis besny moes word nie. Soos Galasiërs 3:26-29 sê, is dit eerder diegene wat aan Christus behoort en wat geesverwekte seuns van God is wat “die nageslag van Abraham” is.)
Jer. 31:31-34: “Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda ’n nuwe verbond sal sluit . . . En hulle sal nie meer elkeen sy naaste en elkeen sy broer leer nie en sê: Ken die HERE; want hulle sal My almal ken, klein en groot onder hulle, spreek die HERE.” (Daardie nuwe verbond is nie met die natuurlike nasie Israel gesluit nie, maar met die lojale volgelinge van Jesus Christus aan wie hoop op hemelse lewe voorgehou is. Toe Jesus die Herdenking van sy dood ingestel het, het hy hulle ’n beker wyn gegee en gesê: “Hierdie beker is die nuwe verbond, wat deur my bloed beseël is” [1 Kor. 11:25, NAV].)
Openb. 7:4: “Ek het die getal van die verseëldes gehoor: honderd-vier-en-veertigduisend verseëldes uit al die stamme van die kinders van Israel.” (Maar in die daaropvolgende verse word “die stam van Levi” en “die stam van Josef” gemeld. Hulle was nie ingesluit in lyste van die 12 stamme van natuurlike Israel nie. Dit is interessant dat, hoewel daar gesê word dat mense “uit al die stamme” verseël sou word, die stamme Dan en Efraim nie gemeld word nie. [Vergelyk Numeri 1:4-16.] Dit moet betrekking hê op die geestelike Israel van God, diegene wat Openbaring 14:1-3 toon saam met Christus in sy hemelse Koninkryk gaan regeer.)
Hebr. 12:22: “Julle het gekom by die berg Sion en die stad van die lewende God, die hemelse Jerusalem en tienduisende engele.” (Dit is dus nie na die aardse Jerusalem dat ware Christene kyk vir die vervulling van God se beloftes nie, maar na die “hemelse Jerusalem”.)
-
-
KoninkrykRedenering uit die Skrif
-
-
Koninkryk
Definisie: Die Koninkryk van God is die wyse waarop Jehovah sy universele soewereiniteit teenoor sy skepping uitoefen, of die middel wat hy gebruik om daardie soewereiniteit uit te oefen. Hierdie uitdrukking word in die besonder gebruik om die openbaring van God se soewereiniteit deur die koninklike regering met sy Seun, Jesus Christus, aan die hoof aan te dui. “Koninkryk” kan betrekking hê op die heerskappy van die een wat as Koning gesalf is of op die aardse ryk waaroor daardie hemelse regering regeer.
Is God se Koninkryk ’n werklike regering?
Of is dit eerder ’n toestand in mense se harte?
Luk. 17:21: “Hulle sal nie sê: Kyk hier! of: Kyk daar! nie; want die koninkryk van God is binne-in julle [ook KJ, TEV, Dy; maar “onder julle”, KJ-kanttekening, NE, JB; “hier by julle”, NAV; “in julle midde”, NW].” (Let op dat Jesus, soos vers 20 toon, met die Fariseërs gepraat het wat hy ook as geveinsdes veroordeel het. Hy kon dus nie bedoel het dat die Koninkryk in hulle harte was nie. Maar die Koninkryk, soos deur Christus verteenwoordig, was in hulle midde. The Emphatic Diaglott lui dus: “God se koninklike majesteit is onder julle.”)
-