-
Jehovah se GetuiesRedenering uit die Skrif
-
-
Jy kan antwoord: ‘Dit is ’n interessante gedagte wat u gemeld het. En u het reg wanneer u sê dat ons ’n verantwoordelikheid het om Jesus se getuies te wees. Dit is waarom Jesus se rol in God se voorneme in ons publikasies beklemtoon word. (Jy kan een van ons jongste boeke of ’n tydskrif gebruik om dit toe te lig.) Maar hier is iets wat miskien vir u ’n nuwe gedagte is (Openb. 1:5). . . . Van wie was Jesus “die getroue getuie”? (Joh. 5:43; 17:6). . . . Jesus het die voorbeeld gestel wat ons moet volg, nie waar nie? . . . Waarom is dit so belangrik om Jesus sowel as sy Vader te leer ken? (Joh. 17:3).’
-
-
Jesus ChristusRedenering uit die Skrif
-
-
Jesus Christus
Definisie: God se eniggebore Seun, die enigste Seun wat deur Jehovah alleen voortgebring is. Hierdie Seun is die eersgeborene van die hele skepping. Deur hom is alle ander dinge in die hemel en op aarde geskape. Hy is die tweede grootste persoon in die heelal. Dit is hierdie Seun wat deur Jehovah na die aarde gestuur is om sy lewe as ’n losprys vir die mensdom te gee en sodoende die weg tot die ewige lewe geopen het vir afstammelinge van Adam wat glo. Dieselfde Seun, wat in hemelse heerlikheid herstel is, heers nou as Koning, met die gesag om al die goddeloses te vernietig en sy Vader se oorspronklike voorneme met die aarde te volbring. Die Hebreeuse vorm van die naam Jesus beteken “Jehovah is redding”; Christus is die ekwivalent van die Hebreeuse Ma·shiʹakh (Messias), wat “Gesalfde” beteken.
Was Jesus Christus ’n werklike, geskiedkundige persoon?
Die Bybel self is die vernaamste getuienis dat Jesus Christus ’n geskiedkundige persoon is. Die verslag in die Evangelies is nie ’n vae verhaal van gebeure op ’n onbepaalde tyd en op ’n onvermelde plek nie. Dit verstrek tye en plekke in groot besonderhede. Kyk byvoorbeeld Lukas 3:1, 2, 21-23.
Die eerste-eeuse Joodse geskiedskrywer Josephus het melding gemaak van die steniging van “Jakobus, die broer van Jesus wat die Christus genoem is” (The Jewish Antiquities, Josephus, Boek XX, dl. 200). ’n Regstreekse en baie gunstige verwysing na Jesus, wat in Boek XVIII, dele 63, 64, aangetref word, word in twyfel getrek deur sommige wat beweer dat dit òf later bygevoeg is òf deur Christene gedokter is; maar daar word erken dat die woordeskat en die styl basies dié van Josephus is, en die gedeelte word in alle beskikbare manuskripte aangetref.
Tacitus, ’n Romeinse geskiedskrywer wat gedurende die laaste deel van die eerste eeu G.J. gelewe het, het geskryf: “Christus, aan wie die naam [Christen] ontleen is, is tydens die regering van Tiberius die doodstraf opgelê deur een van ons prokurators, Pontius Pilatus.”—The Complete Works of Tacitus (New York, 1942), “Die Annale”, Boek 15, par. 44.
Met verwysing na die vroeë nie-Christelike geskiedkundige verwysings na Jesus sê The New Encyclopædia Britannica: “Hierdie onafhanklike verslae bewys dat selfs die teenstanders van die Christelike godsdiens in antieke tye nooit die historisiteit van Jesus betwyfel het nie. Dit is iets wat vir die eerste keer en op onvoldoende gronde aan die einde van die 18de, gedurende die 19de en aan die begin van die 20ste eeu deur verskeie skrywers betwis is.”—(1976), Macropædia, Dl. 10, bl. 145.
-