Lied 75
Vreugdevolle lof aan Jehovah
1. Met jubel-kreet en suiwer sang
Roemons Jehovah van harte.
Hy gee aan ons wat ons verlang,
Hy maak ’n end aan die smarte.
Met vrolik’hart en vreugdelied
Loof ons ons hemelse Koning.
Ons bid dat sy wil op aarde geskied
En sien uit na ons beloning.
2. Uit liefde laat hy Jesus ly
Dat men se lewe kan erwe.
As ons nou God se hart verbly,
Sal ons dalk nooit hoef te sterwe.
Sy vriendskap eg wil ons behou;
Dis soos ’n kosbaar besitting.
Ons liefde vir hom sal nimmer verflou;
En dit is ’n groot beskutting.
3. Ons sien ons God se roem en krag.
O,hoe waardeer ons sy leiding!
Ons dien Jehovah dag en nag,
Want hy bewerk ons bevryding.
En in die skadu van sy hand
Kry ons sy tere beskerming.
Verkondig sy deugde dwarsdeur die land;
Vertel van sy groot ontferming.