Lied 200
Bewys van dissipelskap
1. Liefde sal aan almal toon
Wie aanbid voor God se troon.
Christus s’n was so volmaak,
Nooit het hy sy God ver saak.
Nêrens sal jy liefde vind
Soos wat hierdie mense bind.
Hul gee selfs hul lewe nou
Dat ’n ander dit behou.
2. Liefde aan beginsel trou
Trag om ander op te bou.
Dit verkwik soos milde reën,
Ander wil dit altyd seën.
Liefde is die nuwe wet.
Niemand kan dit ooit belet.
Liefde bring nooitselfsug voort,
Maar lei ander na Gods Woord.
3. Liefde sien die goeie raak,
Poog om almal sterk te maak.
Liefde is ook vriendelik,
Dit verflou nie onder druk.
So kan selfs die wêreld sien
Wie Jehovah waarlik dien.
Al Gods werke toon beslis
Dat Jehovah liefde is.