Lied 72
Die vreugde en vrugte van Koninkryksdiens
1. In die diens van onse God Jehovah
Smaak ons waarlik vreugde ongekend,
Want ons dra die goeie nuus getrou uit
Sodat ander hul tot God kan wend.
Jesus Christus het ons mos verseker:
Gewers sal die grootste vreugde kry.
Daar’s geen beter gawe as die waarheid
Wat tot lewe in geluk en vrede lei.
2. Al sou mense spot en glad nie ag slaan
Wanneer ons van huis tot huis getuig,
Gaan ons voort en bly ons vas beslote
Om nie voor ’n ander god te buig.
As ons dan gesmaad of swaar vervolg word
Omdat ons die Heer se naam bely,
Moet ons ons verheug en spring van vreugde;
So het al die ou profete ook gely.
3. As ons op die weg van Jesus wandel,
Smaak ons ware vreugde en genot.
Maak bekend die jaar van wel behae,
Ook die dag vanwraak van onse God.
Ja,verkondig hoop aan die wat hunker
Na ’n wêreld vry van haat en twis.
Dit verskaf tevredenheid en vreugde,
En die hoop op ware vrede en groot rus.