Lied 181
Kom sing die Koninkrykslied!
1. Daar is ’n lied wat gaan oor Gods regering;
Dit prys sy naam en loof hom as ons Heer.
Dit gee ons hoop en wek ons tot getrouheid.
Kom sing die lied wat ander ook moet leer:
‘Jehovah heers;Laat mense juig!
Die gees te ryk Moet lof betuig.
’Die lied vertel van Jesus se bekroning
En maan die mens om God se Seun te eer.
2. Met hierdie lied bring ons die blye tyding
Dat Jesus heers;die aard’is sy domein.
Ja,daar is nou ’n pasgebore nasie,
’n Land waar God se lig so helder skyn.
‘Sy Koninkryk Is permanent.
Sy Seun regeer. Maak dit bekend!
Kom leer die lied oor Koninkryks re gering.
Kniel nou voor God,want hy’s die Soewerein.’
3. Die nuwe lied vind ned’riges nie moeilik.
Die woorde val vandag op elke oor.
Miljoene leer die Koninkrykslied aardwyd,
En hulle laat nou hierdie wekroep hoor:
‘Verheerlik God. Laat ons hom prys.
Die dode gaan Hy laat verrys.
’Sing saam met ons tot eer van God Jehovah.
Ons nuwe lied sal hom gewis bekoor.