Lied 148
Verhoog ons God die Koning
1. Tot eer van ons God wil ons sing
Om lof aan Jehovah te bring.
Sy naam moet ons daagliks vereer,
Vir mense vertel van ons Heer.
Hy open sy hand met ’n seën,
Aan swakkes sal hy hulp verleen.
Ja,hy sal lojales behoed,
Want hy is genadig en goed.
2. Ons bly dus lojaal en getrou,
En sal sy gebod onderhou.
Sy weëis waarheid en reg;
Aan Hom raak ons steeds meer geheg.
Sy diensknegte sal hy bewaar;
Ons laste word nooit weer te swaar.
Hy help ons om druk te verduur
Wyl Satan die wêreld bestuur.
3. Gods Koninkryk gaan spoedig kom
Met werke wat mense verstom.
Verkondig die nuus wyd en syd;
Verhoog onse God deurentyd.
Sy Koning is reeds aan gestel,
Oor engele voer hy bevel.
Die bose word eersdaags verslaan,
Maar Gods glorie sal nimmer taan.