Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Die pioniergees bespoedig die oes in die Filippyne
    Die Wagtoring – 1986 | Julie 15
    • het op die ouderdom van 71 ’n pionier geword en is vandag, op 88, nog in die voltydse diens ondanks kwale. Watter uitmuntende voorbeelde van geloof en toewyding is hierdie en ander oues van dae tog nie!

      Blydskap oor die vooruitgang

      Wanneer ’n mens terugkyk oor die laaste halfeeu is dit duidelik dat Jehovah die ywerige werk van sy Getuies geseën het. Watter vreugde om die vermeerdering van ’n handjievol in 1935 tot 88 113 verkondigers in Februarie te sien! Die een gemeentetjie in Rizallaan in Manila het nou gegroei tot 2 454 gemeentes landwyd, ingedeel in 120 kringe.

      En hoe lyk vooruitsigte vir die toekoms? ’n Bemoedigende aanduiding is die uitstekende opkoms van 268 526​—meer as drie maal die getal Getuies in die land—​by die Gedenkmaalviering op 4 April 1985. Daarbenewens is daar in Februarie 1986 altesaam 63 248 tuisbybelstudies met belangstellendes gehou. En dit ly geen twyfel dat daar met Jehovah se seën en goedkeuring volgehoue groei sal wees nie.

      Ons is bly dat Jehovah die werk wat sy vroeë gesalfde getuies meer as 50 jaar gelede op die eilande begin het, baie vrugbaar gemaak het. Met sy seën en leiding stel sy knegte in die Filippyne hulle dit ten doel om hulle predikings en onderrigtingswerk in die dae wat voorlê nog verder uit te brei.

  • Vrae van lesers
    Die Wagtoring – 1986 | Julie 15
    • Vrae van lesers

      ▪ Wie was die “hulle” wat die ryk man se siel afgeëis het in Jesus se gelykenis oor ’n ryk man wat nie ryk was in God nie?

      Jesus het nie ’n bepaalde groep mense of engele in gedagte gehad nie. In Lukas 12:20 gebruik hy ’n onbepaalde “hulle” bloot as ’n manier om te sê wat met die man sou gebeur.

      Ons vind hierdie gelykenis in Lukas 12:16-21. Die ryk man in die gelykenis was nie tevrede met sy voldoende besittings nie. Hy het aangehou om hom op sy boerdery toe te lê met die doel om sy rykdom te vergroot. Jesus het afgesluit: “Maar God het aan hom [die ryk man] gesê: Jou dwaas, in hierdie nag sal hulle jou siel van jou afeis; en wat jy gereedgemaak het, wie s’n sal dit wees? So gaan dit met hom wat vir homself skatte vergader en nie ryk is in God nie.”

      Sommige vertalings gebruik hier ’n lydende vorm, soos: “Vannag nog sal jou lewe van jou opgeëis word” (NAV). “Vannag nog word jou lewe van jou weggeneem” (Die Lewende Bybel). (Kyk ook New American Standard Bible; The Jerusalem Bible; The Twentieth Century New Testament; Byington.) Maar die Hebreeus (waarin Jesus gepraat het) en die Grieks (waarin Lukas geskryf het) gebruik ’n vorm met ’n onbepaalde derde persoon. Die Griekse teks in Lukas 12:20 sê letterlik: “Op hierdie die nag die siel van jou vra hulle van jou.” Die werkwoord is in die derde-persoonsmeervoud. In plaas van dit onnodig in ’n lydende vorm oor te sit (soos die voorbeelde hierbo), gebruik die New World Translation en ander vertalings lesings soos ‘hulle eis’.

      Ons moet egter versigtig wees dat grammatikapuntjies nie Jesus se duidelike vermaning oor materialisme vertroebel nie. Hy het nie gesê presies hoe die ryk man sou sterf nie. Die punt was dat die man op die een of ander wyse daardie nag sy siel, of lewe, sou verloor. Maar hoe het hy by God aangeskrewe gestaan? Enigeen van ons kan oormatig besorg raak oor die verbetering van ons finansiële posisie en eweneens versuim om ryk te wees in God. Die sakewêreld bevorder ’n gees van onvergenoegdheid. Selfs mense wie se firma groot wins maak uit verkope wat miljoene rande, dollars, ponde, ensovoorts beloop, kan in die versoeking kom om meer te wil hê​—meer werknemers, meer verkope, meer winste, meer luukshede, meer geld in die bank. Jesus se vraag is vandag nog net so geldig soos toe hy dit aanvanklik gestel het: “Wie s’n sal dit wees?”​—Lukas 12:20.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel