Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Vrae van lesers
    Die Wagtoring – 1988 | Augustus 1
    • Vrae van lesers

      ◼ Jesus het gesê: “As julle blind was, sou julle geen sonde hê nie” (Johannes 9:41). Het hy bedoel dat sommige mense sondeloos is?

      Nee, alle mense is vandag sondaars, net soos almal in die eerste eeu, behalwe Jesus self. Met hierdie woorde in Johannes 9:41 het Jesus van ’n spesifieke soort sonde gepraat.

      Ons gemeenskaplike voorvader Adam het al sy afstammelinge met sonde belas. Adam is volmaak, sondeloos, geskape (Deuteronomium 32:4; 2 Samuel 22:31). Toe hy Jehovah se basiese instruksies veronagsaam het, het Adam onvolmaak geword. Sonde beteken in werklikheid om “te kort te skiet”. Adam het werklik te kort geskiet. Adam het dus, deur God se gebod te oortree, ’n sondaar geword.

      Ons is almal daardeur geraak, omdat ons almal van Adam afstam. ’n Mens kan dit soos volg toelig: ’n Man wat met ’n dominante genetiese gebrek gebore is, sal dit aan al sy afstammelinge oordra; hulle sal dieselfde gebrek erf. Hedendaagse wetenskaplikes kan vasstel of sekere chromosoomgebreke in ’n embrio of ’n pasgeborene bestaan, maar Jehovah gaan verder. Hy openbaar dat ’n ernstige gebrek wel in Adam ontstaan het en dat dit aan ons almal oorgedra is. Hierdie gebrek is sonde. “Soos deur een mens [Adam] die sonde in die wêreld ingekom het en deur die sonde die dood, en so die dood tot alle mense deurgedring het, omdat almal gesondig het” (Romeine 5:12). Behalwe om siekte en die dood oor mense te bring, het hierdie sondige toestand hulle van die Skepper vervreem. Geen mens, behalwe Jesus, was of is volmaak en vry van die veroordeling tot die dood nie.—Romeine 5:18-21; 6:23; 2 Kronieke 6:36.

      Maar in die Bybel word mense soms “sondaars” genoem omdat hulle as buitengewone beoefenaars van sonde, of van ’n skreiende soort sonde, bekend gestaan het (Lukas 19:2-7; Markus 2:16, 17; 14:41). Dit beteken natuurlik nie dat die res van die mense volmaak, sondeloos, was nie. As dit die geval was, sou hulle nie oud geword en uiteindelik gesterf het nie.

      Die verslag in Johannes hoofstuk 9 het gehandel oor ’n man wat blind gebore was, maar wie se gesig Jesus herstel het. Die man kon nie self die Skrif lees nie, maar hy het ’n bietjie kennis gehad. Hy het geweet dat God nie na die versoeke van opsetlike sondaars luister nie. Die feit dat Jehovah Jesus krag gegee het om die wonderwerk te verrig om die man weer te laat sien, het bewys dat Jesus ’n profeet was. Die trotse Fariseërs het egter geweier om hierdie man se logiese getuienis te aanvaar, en hulle het hom uitgegooi.—Johannes 9:13-17, 26-34.

      Hierna het Jesus gesê: “Tot ’n oordeel het Ek in hierdie wêreld gekom, sodat die wat nie sien nie, mag sien, en die wat sien, blind mag word” (Johannes 9:39). Ja, op grond van sy prediking, ander werke en sy rol in God se voomemens sou individue òf geestelik kon sien en in die lig wandel òf in geestelike duisternis wees (Jesaja 8:23–9:1; Jesaja 42:6, 7; Mattheüs 4:13-17; 6:23; 2 Petrus 1:9; 2 Korinthiërs 4:4). As die godsdiensleiers net oningeligte Jode met die gewone las van menslike sonde was, kon hulle verwerping van die Messias dalk verskoon word. Maar hulle, wat beweer het dat hulle “sien”, of verstaan, was veral afkeurenswaardig omdat hulle meer kennis van die Wet en van God se profetiese Woord gehad het. Hulle verwerping van Jesus was dus ’n ernstige sonde wat hulle meer as hul gewone menslike onvolmaaktheid en sonde veroordeel het. Jesus het derhalwe vir die Fariseërs gesê: “As julle blind was, sou julle geen sonde hê nie; maar nou se julle: Ons sien! Daarom bly julle sonde.”—Johannes 9:41.

  • Jaarvergadering—1 Oktober 1988
    Die Wagtoring – 1988 | Augustus 1
    • Jaarvergadering—1 Oktober 1988

      DIE JAARVERGADERING van die lede van die Wagtoring- Bybel- en Traktaatgenootskap van Pennsilvanië sal op 1 Oktober 1988 by die Byeenkomssaal van Jehovah se Getuies, Kennedy-Boulevard 2932, in die stad Jersey, New Jersey, gehou word. Daar sal eers om 9:30 vm. ’n vergadering net vir die lede wees, gevolg deur die algemene jaarvergadering om 10:00 vm.

      Die lede van die Genootskap moet die kantoor van die Sekretaris nou in kennis stel van enige verandering in hulle posadres gedurende die afgelope jaar sodat die gewone kennisgewings en volmagte hulle kort na 15 Augustus kan bereik.

      Die volmagte, wat saam met die kennisgewing van die jaarvergadering aan lede gestuur sal word, moet teruggestuur word sodat dit die kantoor van die Sekretaris van die Genootskap voor of op 1 September bereik. Elke lid moet sy volmag onverwyld invul en terugstuur en ook aandui of hy self by die vergadering sal wees al dan nie. Hierdie inligting moet pertinent op elke volmag verskyn, aangesien dit gebruik sal word om vas te stel wie die vergadering sal bywoon.

      Daar word verwag dat die hele sessie, met inbegrip van die formele sakevergadering en verslae, om 1:00 nm. of kort daarna afgehandel sal wees. Daar sal geen middagsessie wees nie. Omdat die sitplek in die saal beperk is, sal slegs kaartjiehouers toegelaat word. Daar sal geen reeling wees om die jaarvergadering deur telefoonverbindings na ander plekke oor te send nie.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel