-
Jehovah se GetuiesRedenering uit die Skrif
-
-
As iemand sê—
‘Waarom doen julle nie mee aan dinge wat sal help om die wêreld (die gemeenskap) ’n beter plek te maak nie?’
Jy kan antwoord: ‘Toestande in die gemeenskap is klaarblyklik vir u belangrik, en vir my ook. Mag ek vra: Watter probleem meen u moet een van die eerstes wees wat aangepak word?’ Dan kan jy byvoeg: ‘Waarom meen u dat dit so ’n groot behoefte is? . . . As daar dadelik iets omtrent die saak gedoen word, kan dit natuurlik nuttig wees, maar ek is seker dat u sal saamstem dat ons graag verbetering op die lang termyn wil sien. Dit is die benadering wat ons as Jehovah se Getuies van die saak het. (Verduidelik wat ons doen om mense te help om Bybelbeginsels in hulle lewens toe te pas om op ’n persoonlike grondslag tot die kern van die saak deur te dring; ook wat God se Koninkryk gaan doen, en waarom dit die probleem permanent vir die mensdom sal oplos.)’
Of jy kan sê: ‘(Nadat enkele van die gedagtes in die voorgaande antwoord gedek is . . . ) Sommige mense dra tot gemeenskapsverbetering by deur geld te voorsien; ander doen dit deur hulle dienste aan te bied. Jehovah se Getuies doen albei. Laat ek verduidelik.’ Dan kan jy byvoeg: (1) ‘Om een van Jehovah se Getuies te wees, moet ’n persoon sy belasting pligsgetrou betaal; dit voorsien geld aan die regering om nodige dienste te lewer.’ (2) ‘Ons gaan verder. Ons besoek mense tuis en bied aan om die Bybel gratis saam met hulle te bestudeer. Wanneer hulle vertroud raak met wat die Bybel sê, leer hulle om Bybelbeginsels toe te pas en so hulle probleme die hoof te bied.’
’n Ander moontlikheid: ‘Ek is bly u het die saak geopper. Baie mense het nog nooit navraag gedoen om uit te vind wat die Getuies in werklikheid omtrent gemeenskapsaangeleenthede doen nie. Daar is seer sekerlik meer as een manier om hulp aan te bied.’ Dan kan jy byvoeg: (1) ‘Sommige doen dit deur inrigtings op te rig—hospitale, ouetehuise, rehabilitasiesentrums vir dwelmslawe, ensovoorts. Ander bied aan om regstreeks na die huise van mense te gaan en gepaste hulp aan te bied waar hulle kan. Dit is wat Jehovah se Getuies doen.’ (2) ‘Ons het gevind dat daar iets is wat ’n persoon se hele lewensbeskouing kan verander, en dit is kennis van wat die Bybel toon die ware doel van die lewe is en wat die toekoms inhou.’
Nog ’n wenk: ‘Ek is bly u het daardie vraag gestel. Ons sou graag wou sien dat toestande verbeter, nie waar nie? Mag ek vra: Hoe voel u oor wat Jesus Christus gedoen het? Sou u sê dat sy metode om mense te help prakties was? . . . Ons probeer om sy voorbeeld te volg.’
‘Christene is veronderstel om getuies van Jesus te wees, nie van Jehovah nie’
Jy kan antwoord: ‘Dit is ’n interessante gedagte wat u gemeld het. En u het reg wanneer u sê dat ons ’n verantwoordelikheid het om Jesus se getuies te wees. Dit is waarom Jesus se rol in God se voorneme in ons publikasies beklemtoon word. (Jy kan een van ons jongste boeke of ’n tydskrif gebruik om dit toe te lig.) Maar hier is iets wat miskien vir u ’n nuwe gedagte is (Openb. 1:5). . . . Van wie was Jesus “die getroue getuie”? (Joh. 5:43; 17:6). . . . Jesus het die voorbeeld gestel wat ons moet volg, nie waar nie? . . . Waarom is dit so belangrik om Jesus sowel as sy Vader te leer ken? (Joh. 17:3).’
-
-
Jesus ChristusRedenering uit die Skrif
-
-
Jesus Christus
Definisie: God se eniggebore Seun, die enigste Seun wat deur Jehovah alleen voortgebring is. Hierdie Seun is die eersgeborene van die hele skepping. Deur hom is alle ander dinge in die hemel en op aarde geskape. Hy is die tweede grootste persoon in die heelal. Dit is hierdie Seun wat deur Jehovah na die aarde gestuur is om sy lewe as ’n losprys vir die mensdom te gee en sodoende die weg tot die ewige lewe geopen het vir afstammelinge van Adam wat glo. Dieselfde Seun, wat in hemelse heerlikheid herstel is, heers nou as Koning, met die gesag om al die goddeloses te vernietig en sy Vader se oorspronklike voorneme met die aarde te volbring. Die Hebreeuse vorm van die naam Jesus beteken “Jehovah is redding”; Christus is die ekwivalent van die Hebreeuse Ma·shiʹakh (Messias), wat “Gesalfde” beteken.
Was Jesus Christus ’n werklike, geskiedkundige persoon?
Die Bybel self is die vernaamste getuienis dat Jesus
-