Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • rs bl. 167-bl. 171
  • Goddeloosheid

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Goddeloosheid
  • Redenering uit die Skrif
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • As iemand sê—
  • Waarom goddeloosheid voortduur
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2007
  • Satanisme se dae is getel
    Ontwaak!—1994
  • Wat ons uit God se toelating van goddeloosheid leer
    Aanbid die enigste ware God
  • Hoe ons weet dat ons in “die laaste dae” lewe
    Gee God werklik vir ons om?
Sien nog
Redenering uit die Skrif
rs bl. 167-bl. 171

Goddeloosheid

Definisie: Dit wat sedelik baie sleg is. Dit dui dikwels iets aan wat skadelik, kwaadwillig of vernietigend is.

Hoekom is daar soveel goddeloosheid?

Dit is nie God se skuld nie. Hy het die mensdom ’n volmaakte begin gegee, maar mense het verkies om God se vereistes te ignoreer en om self te besluit wat goed en wat kwaad is (Deut. 32:4, 5; Pred. 7:29; Gen. 3:5, 6). Hulle het sodoende onder die invloed van goddelose, bomenslike magte gekom.—Ef. 6:11, 12.

1 Joh. 5:19: “Die hele wêreld [lê] in die mag van die Bose.”

Openb. 12:7-12: “Daar het oorlog in die hemel gekom: . . . Die draak en sy engele het oorlog gevoer; en hulle kon nie oorwin nie, en hulle plek was in die hemel nie meer te vinde nie. En die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem word duiwel en Satan, wat die hele wêreld verlei, hy is neergewerp op die aarde, en sy engele is saam met hom neergewerp. . . . Daarom, wees verheug, o hemele en die wat daarin woon; wee die bewoners van die aarde en die see, want die duiwel het na julle neergedaal met groot woede, omdat hy weet dat hy min tyd het.” (Hierdie groter wee vir die wêreld het voorgekom sedert Satan ná die geboorte van die Koninkryk uit die hemel gewerp is. Kyk vers 10.)

2 Tim. 3:1-5: “Maar weet dit, dat daar in die laaste dae swaar tye sal kom. Want die mense sal liefhebbers van hulleself wees, geldgieriges, grootpraters, trotsaards, lasteraars, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig, sonder natuurlike liefde, onversoenlik, kwaadsprekers, bandeloos, wreed, sonder liefde vir die goeie, verraaiers, roekeloos, verwaand, meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God; mense wat ’n gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën het.” (Dit is die vrug van eeue van afvalligheid van ware aanbidding. Hierdie toestande het ontwikkel omdat mense wat bely dat hulle godsdienstig is, geïgnoreer het wat God se Woord werklik sê. Hulle het die krag, of goeie uitwerking, wat ware godsvrug in ’n mens se lewe kan hê, verloën.)

Waarom laat God dit toe?

Soms kan dit vir ons lyk of dit die beste sou wees om eenvoudig ontslae te raak van almal wat goddeloos is. Ons smag na ’n einde aan goddeloosheid, en tog het ons nog maar ’n betreklik kort tydjie daarmee te kampe vergeleke met die tyd wat goddeloosheid reeds bestaan. Hoe moet Jehovah God voel? Duisende jare lank het mense hom die skuld gegee vir die slegte toestande wat hulle moes verduur en hom selfs daarvoor gevloek. En tog word hierdie toestande nie deur hom veroorsaak nie, maar deur Satan en deur goddelose mense. Jehovah het die krag om die goddeloses te vernietig. Daar moet tog seker goeie redes bestaan waarom hy sulke selfbeheersing beoefen het. Behoort dit ons te verbaas as Jehovah die situasie anders hanteer as wat ons sou aanbeveel? Hy het baie meer ondervinding as die mens, en sy beskouing van die situasie is veel breër as dié van enige mens.—Vergelyk Jesaja 55:8, 9; Esegiël 33:17.

Daar sou geen goddeloosheid gewees het as God nie sy intelligente skepsele met ’n vrye wil begaaf het nie. Maar God het ons die vermoë gegee om hom vrywillig te gehoorsaam omdat ons hom liefhet of om ongehoorsaam te wees (Deut. 30:19, 20; Jos. 24:15). Sou ons dit anders verkies? Maak dit ons, as ons ouers is, gelukkiger wanneer ons kinders ons gehoorsaam omdat hulle ons liefhet of wanneer ons hulle verplig om dit te doen? Moes God Adam gedwing het om gehoorsaam te wees? Sou ons werklik gelukkiger gewees het as ons gelewe het in ’n wêreld waar ons gedwing is om God gehoorsaam te wees? Voordat God hierdie goddelose stelsel vernietig, bied hy mense die geleentheid om te toon of hulle werklik volgens sy regverdige wette wil lewe of nie. Op sy vasgestelde tyd sal hy sekerlik die goddeloses vernietig.—2 Thess. 1:9, 10.

Hy laat wyslik tyd toe sodat lewensbelangrike geskille besleg kan word: (1) Die regverdigheid en regmatigheid van Jehovah se heerskappy is in Eden betwis (Gen. 2:16, 17; 3:1-5). (2) Die onkreukbaarheid van al God se knegte in die hemel en op aarde is bevraagteken (Job 1:6-11; 2:1-5; Luk. 22:31). God kon die rebelle (Satan, Adam en Eva) dadelik vernietig het, maar dit sou sake nie besleg het nie. Mag toon nie dat ’n mens se saak reg is nie. Dit was morele geskille wat geopper is. God het tyd toegelaat, nie om iets aan homself te bewys nie, maar om al sy skepsele met vrye wil te laat sien watter slegte vrugte opstand teen sy heerskappy afwerp, en ook om hulle die geleentheid te bied om te toon waar hulle persoonlik ten opsigte van hierdie lewensbelangrike sake staan. Wanneer hierdie geskille eers besleg is, sal niemand ooit weer toegelaat word om die vrede te versteur nie. Die orde, harmonie en welsyn van die ganse heelal hang daarvan af dat alle intelligente skepsele Jehovah se naam heilig en hom met hartgrondige eer bejeën. (Kyk ook bladsye 366, 367, onder “Satan die Duiwel”.)

Ter toeligting: Gestel iemand het voor die hele gemeenskap die aantyging gemaak dat jy jou posisie as gesinshoof misbruik, dat jou kinders beter daaraan toe sou wees as hulle hulle eie besluite onafhanklik van jou geneem het en dat hulle almal jou gehoorsaam het, nie uit liefde nie, maar as gevolg van die materiële voordele wat jy gebied het. Wat sou die beste manier wees om die saak te besleg? Sou die gemeenskap die aantygings vergeet as jy die valse beskuldiger skiet? Watter voortreflike antwoord sou dit andersyds wees as jy jou kinders die geleentheid gebied het om jou getuies te wees om te toon dat jy ’n regverdige en liefdevolle gesinshoof is en dat hulle by jou woon omdat hulle jou liefhet! As sommige van jou kinders jou teenstander geglo, die huis verlaat en hulle lewens geruïneer het deur ander lewenswyses aan te neem, sou dit eerlike waarnemers slegs laat besef dat die kinders beter daaraan toe sou gewees het as hulle na jou geluister het.

Het ons enigsins baat gevind by God se toelating van goddeloosheid tot op hede?

2 Pet. 3:9: “Die Here vertraag nie die belofte soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom.” (Omdat hy tot vandag toe geduldig was, het ons die geleentheid om te toon dat ons berou het en dat ons ons aan Jehovah se regverdige heerskappy wil onderwerp in plaas van self te besluit wat goed en kwaad is.)

Rom. 9:14-24: “Wat sal ons dan sê? Is daar miskien onreg by God? Nee, stellig nie! . . . As God, al wil Hy sy toorn bewys en sy mag bekend maak, tog met groot lankmoedigheid die voorwerpe van toorn wat vir die verderf toeberei is, verdra het [dit wil sê, hy het goddelose mense ’n ruk lank geduld], juis om bekend te maak die rykdom van sy heerlikheid oor die voorwerpe van barmhartigheid wat Hy voorberei het tot heerlikheid [dit wil sê, hy sou die tyd gebruik om in ooreenstemming met sy voorneme barmhartigheid aan sekeres te bewys], ons naamlik wat Hy geroep het, nie alleen uit die Jode nie, maar ook uit die heidene?” (God het dus die vernietiging van die goddeloses uitgestel sodat hy tyd kon hê om mense te kies wat hy saam met Christus as lede van die hemelse Koninkryk sou verheerlik. Het God enigiemand ’n onreg aangedoen deur dit te doen? Nee; dit is ’n deel van Jehovah se reëling om allerhande mense te seën wat die geleentheid gebied sal word om vir ewig op ’n paradysaarde te lewe. Vergelyk Psalm 37:10, 11.)

As iemand sê—

‘Waarom laat God sulke goddeloosheid toe?’

Jy kan antwoord: ‘Dit is ’n goeie vraag. Talle getroue knegte van God was al verontrus oor die goddeloosheid om hulle (Hab. 1:3, 13).’ Dan kan jy byvoeg: (1) ‘Dit is nie weens onverskilligheid van God se kant nie. Hy verseker ons dat hy ’n tyd bepaal het wanneer hy die goddeloses tot verantwoording gaan roep (Hab. 2:3).’ (2) ‘Maar wat moet ons doen as ons dan onder die oorlewendes wil wees? (Hab. 2:4b; Sef. 2:3).’

Of jy kan sê: ‘Ek is bly dat u daardie vraag gestel het. Dit is iets wat talle regskape persone ontstel. Ek het hier baie nuttige informasie wat u vraag beantwoord. (Lees dan van die informasie op bladsye 168-170 saam.)’

‘Ek glo nie dat God na al die jare iets gaan doen om sake te verander nie’

Jy kan antwoord: ‘Ek is bly om te hoor dat u aan God glo. Daar is beslis baie goddeloosheid, en dit het lank voor ons tyd begin. Maar het u al hieraan gedink . . . ? (Gebruik die gedagtes in paragraaf 1 op bladsy 168, aangaande die tydperk wat God dit al verduur.)’

Of jy kan sê: ‘Ek is seker dat u met my sal saamstem dat enigiemand wat die vermoë het om ’n huis te bou, beslis in staat is om dit ook skoon te maak. . . . Aangesien God die aarde geskape het, sal dit nie vir hom moeilik wees om dit skoon te maak nie. Waarom het hy so lank gewag? Ek het hierdie antwoord baie bevredigend gevind. Sê vir my wat u daarvan dink. (Lees dan die materiaal op bladsye 168-170 saam.)’

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel