Lied 19
Wees heeldag bly
1. Laat ons juig!Wees verheug!
God se guns kan ons nou smaak.
Wees net bly,heeldag lank,
Wees bereid tot elke taak.
Daar is niks wat skort nie,
Ons kom niks kort nie,
Want ons beywer ons vir God se saak.
Ons het vrede en rus,Vergenoegdheid en genot.
Ons gemoedsrus is groot,
Want ons lewe na aan God.
Met steeds groter vreugde Oor al sy deugde
Gehoorsaam ons Jehovah se gebod.
2. Ons het grond om te juig,
Want die waarheid maak ons vry.
God se Seun voer ons aan;
Deur sy stem laat ons ons lei.
Hy dra al ons sonde
Deur baie wonde.
Vir hierdie gawe moet ons dank baar bly.
Ons kan jubel en juig,
Want die Koninkryk regeer.
’n “Bestuurder”getrou Voed die diensvolk van die Heer.
Ons is nou ver sadig En wil genadig
Vir ander mense hierdie dinge leer.
3. Dit verskaf groot genot
Om te preek vir “doof”en “blind”.
Ja,ons vreugde is groot
As ons honger “skape”vind.
Omdat God ons heilig, Voel almal veilig
En bly ons altyd vreedsaam eens gesind.
Heeldag lank wil ons spreek
Oor ons God se Konink ryk.
’n Groot skaar het verskyn;
Niks bring hulle ooit van stryk,
Want Jehovah hoed ons, Ons Vader voed ons.
Sy lig laat valse godsdiens vinnig wyk.