Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w91 3/15 bl. 30
  • Bly standvastig in die geloof!

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Bly standvastig in die geloof!
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Gedrag wat op goddelike beginsels gebaseer is
  • Volharding bring seëninge mee
  • Bybelboek nommer 60—1 Petrus
    “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig”
  • Moet vroue hulle skoonheid verberg?
    Ontwaak!—2005
  • Laat ons vashou aan ons kosbare geloof!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
  • Wyse raad vir egpare
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
w91 3/15 bl. 30

Bly standvastig in die geloof!

Glanspunte uit Eerste Petrus

JEHOVAH SE GETUIES kom voor verskillende beproewinge, of toetse van hulle geloof, te staan. In sommige lande word hulle Koninkrykspredikingswerk te midde van kwaai vervolging gedoen. Satan die Duiwel is die een agter hierdie en ander pogings om hulle verhouding met God te vernietig. Maar hy sal nie slaag nie, want Jehovah versterk sy knegte—ja, hy maak hulle standvastig in die geloof.

Die apostel Petrus het die voorreg gehad om ‘sy broers te versterk’ wat ‘onder allerhande beproewinge bedroef is’ (Lukas 22:32; 1 Petrus 1:6, 7). Hy het dit in sy eerste brief gedoen wat omstreeks 62-64 G.J. uit Babilon geskryf is. Petrus het Joodse en nie-Joodse Christene in die brief raad gegee, vertroos en aangemoedig en hulle só gehelp om Satan se aanvalle te weerstaan en ‘standvastig te bly in die geloof’ (1 Petrus 1:1, 2; 5:8, 9). Noudat die Duiwel se tyd min is en sy aanvalle so boosaardig is, kan Jehovah se volk ongetwyfeld by Petrus se geïnspireerde woorde baat vind.

Gedrag wat op goddelike beginsels gebaseer is

Ons hoop, hetsy dit ’n hemelse of aardse hoop is, sal ons help om beproewinge te verduur en op goddelike wyse op te tree (1:1–2:12). Die hoop op ’n hemelse erfenis is vir die gesalfdes ’n rede tot blydskap ondanks beproewinge wat hulle geloof in werklikheid louter. Soos ’n geestelike huis wat op die fondament van Christus gebou is, bring hulle geestelike offerandes wat God welgevallig is en gedra hulle hul op so ’n voortreflike wyse dat Hy verheerlik word.

Ons optrede teenoor alle mense moet deur goddelike beginsels gerig word (2:13–3:12). Petrus het getoon dat ons aan menseheersers onderdanig moet wees. Diensknegte moes aan hulle here onderdanig wees, en vrouens aan hulle mans. ’n Christenvrou se godvrugtige gedrag kan haar ongelowige man tot die ware geloof oorhaal. En ’n gelowige man moet ‘sy vrou eer bewys as die swakkere’. Alle Christene moet medelydend wees, broederliefde toon, doen wat goed is en vrede nastreef.

Volharding bring seëninge mee

Wanneer ware Christene lyding getrou verduur, sal dit seëninge meebring (3:13–4:19). As ons ter wille van geregtigheid ly, moet ons gelukkig wees. Aangesien Christus vir ons na die vlees gely het om ons na God te lei, moet ons bowendien nie meer volgens die begeerlikhede van die vlees lewe nie. As ons beproewinge getrou verduur, sal ons tydens Jesus se openbaring groot blydskap hê. As ons ter wille van Christus se naam, of as sy dissipels, smaad verdra, moet dit ons bly maak omdat dit bewys dat ons Jehovah se gees het. Terwyl ons dus in ooreenstemming met God se wil ly, laat ons ons aan hom toevertrou en voortgaan om goed te doen.

As Christene moet ons ons verpligtinge getrou nakom en ons onder die kragtige hand van God verneder (5:1-14). Ouere manne moet getrou oor God se kudde toesig hou, en ons moet almal ons bekommernisse op Jehovah werp omdat ons besef dat hy werklik vir ons sorg. Ons moet die Duiwel ook teëstaan en nooit mismoedig word nie, want ons broers verduur dieselfde lyding as ons. Ons moet altyd onthou dat Jehovah God ons sal versterk en ons sal help om standvastig te bly in die geloof.

[Venster/Prent op bladsy 30]

Vroue se versiering: In sy raad aan Christenvroue het Petrus gesê: “Julle versiering moet nie uiterlik wees nie: haarvlegtery en omhang van goud en aantrek van klere nie, maar die verborge mens van die hart in die onverganklike versiering van ’n sagmoedige en stille gees, wat baie kosbaar is voor God” (1 Petrus 3:3, 4). Gedurende die eerste eeu G.J. het heidense vroue dikwels buitensporige haartooisels gehad. Hulle het hulle lang hare in vertonerige style gevleg en goue versiersels in die vlegsels gedra. Baie het dit waarskynlik gedoen om gesien te word—iets wat nie by Christene pas nie (1 Timotheüs 2:9, 10). Tog is alle versiering nie verkeerd nie, want Petrus sluit die “aantrek van klere” in—uiteraard noodsaaklik. Juweliersware is deur God se eertydse knegte gedra (Genesis 24:53; Exodus 3:22; 2 Samuel 1:24; Jeremia 2:32; Lukas 15:22). ’n Christin sal egter verstandig wees en opsigtige versierings en sensuele klere vermy, en sy moet versigtig wees dat enige grimering wat sy gebruik smaakvol aangewend word. Die kern van die apostel se raad is dat sy die klem moet laat val, nie op die uiterlike nie, maar op haar innerlike versiering. Om werklik aantreklik te wees, moet sy beskeie aantrek en die gesindheid hê van iemand wat God vrees.—Spreuke 31:30; Miga 6:8.

[Erkenning]

Israel Department of Antiquities and Museums; Israel Museum/David Harris

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel