Lied 25
God se mooi dinge
1. Al’s het God mooi gemaak
Op sy bepaalde tyd.
Ja,eet en drink en werk
Is gawes wêreldwyd.
Selfs onbepaalde tyd
Is in ons hart gelê.
Die lewe sonder end
Wil ons gevolglik hê.
2. Jehovah God wil graag
Die mens gelukkig sien.
Hy gee sy ryke seën
Aan ons om Hom te dien.
Met take aangenaam
Sal mense besig bly.
En tot in ewigheid
’n Vrome lewe lei.
3. ’n Wonderlike werk
Het Jesus ons geleer.
Nou bring ons goeie nuus;
Vir ons is dit ’n eer.
Dit is ’n liefdewerk
En strek die mens tot nut.
Dit is iets moois en goeds
Wat ons vandag besit.
4. Toon wysheid dag na dag
En lewe soos dit hoort.
Probeer om goed te doen;
Verkondig God se Woord.
Ons sal ons steeds verbly
In ons unieke lot,
En hierdie dinge doen
Ter wille van ons God.