Lied 16
Verbly jou in die Koninkrykshoop!
1. Verbly jou!Verbly jou!
En hoop op God se Koninkryk!
Verbly jou!Verbly jou!
Gods Koninkryk is hier!
Verdedig God se heerskappy
Met ywer wat nooit taan.
Help ander daardie hoop verkry.
Wys mense waar jy staan.
Verbly jou!Verbly jou!
Verkondig daardie blye hoop!
Verbly jou!Verbly jou!
Gods Koninkryk is hier!
2. Wees vrolik!Wees vrolik!
Hou vas aan daardie helder hoop!
Wees vrolik!Wees vrolik!
Jehovah gee ons rus!
Staan vas in jou gegronde hoop.
Moet jou nooit daarvoor skaam.
In duisternis sal jy nie loop;
Jy wandel in Gods naam.
Wees vrolik!Wees vrolik!
Vertrou net op Jehovah God!
Wees vrolik!Wees vrolik!
Pas op vir Satans lis!
3. Bring hulde!Bring hulde!
Mag daardie hoop ons steeds besiel!
Bring hulde!Bring hulde!
En dien God deurentyd!
Kyk rond en hou die lande dop;
Die oes het aangebreek.
Dit lewer baie vrugte op
As ons net aanhou preek.
Bring hulde!Bring hulde!
Aan ons groot God wat ons ver sterk!
Bring hulde!Bring hulde!
Bewaar onkreukbaarheid!