Lied 48
Gee Jehovah die eer
1. Bring eer aan Jehovah.
Deur sy liefde rein
Het julle die opdrag
Soos lampe te skyn.
Niks kan julle self kry;
Al’s kom van die Heer.
God is jul Voorsiener;
Gee hom al die eer.
2. Stel hom altyd voor jou;
Staan nederig t’rug.
Dan kan jy vir hom skyn
Met hemelse lig.
Soek altyd sy aanskyn,
Wandel aan Sy sy,
En laat ook gedurig
Sy werk voorkeur kry.
3. Gaan voorwaarts met vreugde;
Laat Gods wil geskied.
Dank hom vir elk’ voorreg
Wat hy aan jou bied.
Bring eer aan Jehovah,
Sêdat hy regeer,
Tot almal op aarde
Sy naam loof en eer.