Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • gt hfst. 2
  • Vereer voordat hy gebore is

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vereer voordat hy gebore is
  • Die grootste mens wat nog geleef het
  • Soortgelyke materiaal
  • Jesus word voor sy geboorte vereer
    Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
  • Vereer voordat hy gebore is
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
  • Gabriël besoek Maria
    Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
  • ’n Engel kom na Maria toe
    My boek met Bybelverhale
Sien nog
Die grootste mens wat nog geleef het
gt hfst. 2

Hoofstuk 2

Vereer voordat hy gebore is

NADAT die engel Gabriël vir die jong vrou Maria gesê het dat sy ’n seuntjie sal baar wat ’n ewige koning sal word, vra Maria: “Hoe kan dit wees aangesien ek geen man het nie?”

“Die Heilige Gees sal oor jou kom”, verduidelik Gabriël, “en die krag van die Allerhoogste sal jou oorskadu. Daarom ook sal die Heilige wat gebore word, Seun van God genoem word.”

Om Maria te help om hierdie boodskap te glo, sê Gabriël verder: “En kyk, Elisabet, jou bloedverwant, het self ook ’n seun ontvang in haar ouderdom, en hierdie maand is die sesde vir haar wat onvrugbaar genoem is. Want geen ding sal by God onmoontlik wees nie.”

Maria glo Gabriël. En hoe reageer sy? “Hier is die diensmaagd van die Here”, roep sy uit. “Laat dit met my gaan volgens u woord.”

Kort nadat Gabriël vertrek het, maak Maria haar gereed en gaan kuier vir Elisabet, wat saam met haar man, Sagaria, in die bergstreek van Judea woon. Dit is ’n lang reis van omtrent drie of vier dae van Maria se huis in Nasaret af.

Wanneer Maria eindelik by Sagaria se huis kom, gaan sy in en groet hulle. Toe word Elisabet met heilige gees vervul, en sy sê vir Maria: “Geseënd is jy onder die vroue, en geseënd is die vrug van jou skoot! En wat het my oorgekom dat die moeder van my Here na my toe kom? Want kyk, toe die geluid van jou groet in my ore klink, het die kindjie in my skoot van vreugde opgespring.”

Toe Maria dit hoor, antwoord sy met diepe waardering: “My siel maak die Here groot, en my gees is verheug in God, my Saligmaker; omdat Hy die nederige toestand van sy diensmaagd aangesien het; want kyk, van nou af sal al die geslagte my salig [“gelukkig”, NW] noem. Want Hy wat magtig is, het groot dinge aan my gedoen.” Maar ondanks die guns wat aan haar betoon is, gee Maria al die eer aan God. “Heilig is sy Naam”, sê sy, “en sy barmhartighede is van geslag tot geslag vir die wat Hom vrees.”

Maria loof God voorts in ’n geïnspireerde profetiese lied, en sê: “Hy het deur sy arm kragtige dade gedoen. Hoogmoediges in die gedagtes van hulle hart het Hy verstrooi. Maghebbers het hy van trone afgeruk en nederiges verhoog. Hongeriges het hy met goeie dinge vervul en rykes met leë hande weggestuur. Hy het sy kneg Israel bygestaan, sodat Hy aan sy barmhartigheid sou dink—soos Hy tot ons vaders gespreek het—aan Abraham en sy nageslag tot in ewigheid.”

Maria bly omtrent drie maande by Elisabet, en sy is ongetwyfeld ’n groot hulp in hierdie laaste weke van Elisabet se swangerskap. Dit is inderdaad goed dat hierdie twee getroue vroue, wat albei met God se hulp swanger is, in hierdie geseënde tyd van hulle lewe saam kan wees!

Het jy opgelet dat Jesus selfs voor sy geboorte vereer is? Elisabet het hom “my Here” genoem, en haar ongebore kind het van vreugde gespring toe Maria opgedaag het. Daarenteen het ander mense Maria en haar kind wat nog nie gebore is nie later sonder respek behandel, soos ons sal sien. Lukas 1:26-56.

▪ Wat sê Gabriël sodat Maria kan verstaan hoe sy swanger sal raak?

▪ Hoe word Jesus voor sy geboorte vereer?

▪ Wat sê Maria in ’n profetiese loflied voor God?

▪ Hoe lank bly Maria by Elisabet, en waarom is dit gepas dat Maria gedurende hierdie tyd by Elisabet bly?

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel