Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • gt hfst. 34
  • Hy kies sy apostels

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hy kies sy apostels
  • Die grootste mens wat nog geleef het
  • Soortgelyke materiaal
  • Hy kies sy apostels
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
  • Jesus kies twaalf apostels
    Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
  • Jesus leer mense tydens sy Bergpredikasie
    My boek met Bybelverhale
  • Jesus kies twaalf apostels
    Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
Sien nog
Die grootste mens wat nog geleef het
gt hfst. 34

Hoofstuk 34

Hy kies sy apostels

DIT is sowat anderhalf jaar sedert Johannes die Doper Jesus as die Lam van God voorgestel en Jesus sy openbare bediening begin het. Op daardie tydstip het Andreas, Simon Petrus, Johannes, en moontlik Jakobus (Johannes se broer), asook Filippus en Natanael (ook Bartholomeüs genoem), sy eerste dissipels geword. Mettertyd het baie ander by hulle aangesluit en Christus gevolg.

Nou is Jesus gereed om sy apostels te kies. Hulle sal sy intieme metgeselle wees wat spesiale opleiding sal ontvang. Maar voor hy hulle kies, klim Jesus op ’n berg en bring die hele nag in gebed deur, waarskynlik om wysheid en God se seën te vra. Wanneer dit dag word, roep hy sy dissipels en kies 12 onder hulle uit. Maar aangesien hulle nog Jesus se leerlinge bly, word hulle ook nog dissipels genoem.

Ses wat deur Jesus gekies word, dié wat hierbo genoem is, was sy eerste dissipels. Mattheüs, vir wie Jesus uit sy tolkantoor geroep het, word ook gekies. Die ander vyf wat gekies word, is Judas (wat ook Thaddeüs genoem word), Judas Iskariot, Simon Kananites, Thomas en Jakobus, die seun van Alfeüs. Hierdie Jakobus word ook Jakobus die kleine genoem, moontlik omdat hy kleiner of jonger as die ander apostel Jakobus is.

Teen hierdie tyd is hierdie 12 al geruime tyd saam met Jesus, en hy ken hulle goed. Trouens, ’n hele paar van hulle is sy familielede. Jakobus en sy broer Johannes is klaarblyklik Jesus se neefs. En Alfeüs was waarskynlik die broer van Josef, Jesus se pleegvader. Daarom sou Alfeüs se seun, die apostel Jakobus, ook Jesus se neef wees.

Jesus sukkel natuurlik nie om sy apostels se name te onthou nie. Maar kan jy hulle onthou? Wel, onthou net dat daar twee is met die naam Simon, twee met die naam Jakobus en twee met die naam Judas, en dat Simon ’n broer Andreas het en Jakobus ’n broer Johannes. So kan jy agt apostels onthou. Die ander vier sluit in ’n tollenaar (Mattheüs), een wat later getwyfel het (Thomas), een wat onder ’n boom was toe hy geroep is (Natanael) en sy vriend Filippus.

Elf van die apostels kom van Galilea, Jesus se tuisgebied. Natanael kom van Kana. Filippus, Petrus en Andreas kom oorspronklik van Betsaida af; Petrus en Andreas het later na Kapernaüm verhuis waar Mattheüs blykbaar gewoon het. Jakobus en Johannes was in die vissersbedryf en het waarskynlik ook in of naby Kapernaüm gewoon. Dit lyk of Judas Iskariot, wat Jesus later verraai het, die enigste apostel uit Judea is. Markus 3:13-19; Lukas 6:12-16.

▪ Watter apostels was moontlik familie van Jesus?

▪ Wie is Jesus se apostels, en hoe kan jy hulle name onthou?

▪ Van watter gebiede het die apostels gekom?

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel