Studie nommer 10—Die Bybel—eg en waar
Wat die Bybel oor die geskiedenis, geografie en die mens se oorsprong sê; sy akkuraatheid met betrekking tot die wetenskap, kultuur en gewoontes; die openhartigheid, onderlinge harmonie en integriteit van sy skrywers; en sy profesieë.
1. (a) As wat word die Bybel oor die algemeen aanvaar? (b) Wat is die grondrede vir die Bybel se uitnemendheid?
DIE Bybel word oor die algemeen aanvaar as ’n groot letterkundige meesterstuk van verhewe poëtiese skoonheid en ’n merkwaardige prestasie vir die manne wat dit geskryf het. Maar die Bybel is veel meer as dit. Die skrywers self het getuig dat wat hulle geskryf het van Jehovah, die almagtige God, gekom het. Dit is die grondrede vir die Bybel se pragtige uitdrukkings en, nog belangriker, sy ongeëwenaarde waarde as die boek van lewegewende kennis en wysheid. Jesus, die Seun van God, het getuig dat die woorde wat hy gespreek het ‘gees en lewe is’, en hy het veelvuldige aanhalings uit die ou Hebreeuse Geskrifte gemaak. “Die hele Skrif is deur God geïnspireer”, het die apostel Paulus gesê, wat van die Hebreeuse Geskrifte gepraat het as “die [heilige] woorde van God”.—Joh. 6:63; 2 Tim. 3:16; Rom. 3:1, 2, vgl. NW.
2, 3. Hoe het die Bybel se skrywers getuig van die inspirasie daarvan?
2 Die apostel Petrus het getuig dat die profete van God deur heilige gees beweeg is. Koning Dawid het geskryf: “Die Gees van die HERE spreek in my, en sy woord is op my tong” (2 Sam. 23:2). Die profete het hulle uitsprake aan Jehovah toegeskryf. Moses het gewaarsku dat daar niks by die heilige woorde wat hy van Jehovah ontvang het, bygevoeg mag word en dat daar ook niks daarvan weggelaat mag word nie. Petrus het Paulus se geskrifte as geïnspireerd beskou, en Judas het blykbaar Petrus se verklaring as ’n geïnspireerde gesag aangehaal. Laastelik, Johannes, die skrywer van Openbaring, het onder leiding van God se gees geskryf en gewaarsku dat enigiemand wat iets by hierdie profetiese openbaring voeg of daarvan wegneem verantwoording sal moet doen, nie aan die mens nie, maar regstreeks aan God.—1 Pet. 1:10-12; 2 Pet. 1:19-21; Deut. 4:2; 2 Pet. 3:15, 16; Jud. 17, 18; Openb. 1:1, 10; 21:5; 22:18, 19.
3 Al hierdie toegewyde knegte van God het getuig dat die Bybel geïnspireerd en waar is. Daar is nog baie ander bewyse van die egtheid van die Heilige Skrif. Ons sal sommige daarvan onder die volgende 12 opskrifte bespreek.
4. Hoe het die Jode die Hebreeuse Geskrifte nog altyd beskou?
4 (1) Historiese akkuraatheid. Vanaf die vroegste tye het die Jode die kanonieke boeke van die Hebreeuse Geskrifte as geïnspireerd en as absoluut betroubare dokumente aanvaar. In Dawid se tyd is die gebeure wat van Genesis tot Eerste Samuel opgeteken is derhalwe ten volle aanvaar as die ware geskiedenis van die nasie en God se handelinge met hulle, en dit word deur die 78ste Psalm toegelig, wat na meer as 35 van hierdie besonderhede verwys.
5. Watter getuienis het eertydse skrywers oor Moses en die Jode se stelsel van wette gelewer?
5 Teenstanders van die Bybel het die Pentateug heftig aangeval, veral wat die egtheid en outeurskap daarvan betref. Benewens die Jode se aanvaarding van Moses as skrywer van die Pentateug is daar die getuienis van eertydse skrywers, waarvan party vyande van die Jode was. Hecataeus van Abdera, die Egiptiese geskiedskrywer Manetho, Lysimachus van Alexandrië, Eupolemus, Tacitus en Juvenalis skryf almal die instelling van die stelsel van wette wat die Jode van ander nasies onderskei het aan Moses toe, en die meeste meld duidelik dat hy sy wette op skrif gestel het. Numenius, die Pythagoreïese filosoof, maak selfs melding van Jannes en Jambres as die Egiptiese priesters wat Moses teëgestaan het (2 Tim. 3:8). Hierdie skrywers dek ’n tydperk wat strek van die tyd van Alexander (vierde eeu v.G.J.), toe die Grieke in Joodse geskiedenis begin belangstel het, tot dié van keiser Aurelianus (derde eeu G.J.). Baie ander skrywers van die ou tyd beskryf Moses as ’n leier, regeerder of wetgewer.a Soos ons in die vorige studie gesien het, bevestig argeologiese vondste dikwels die historiese akkuraatheid van gebeure waar God se volk by die omringende nasies betrokke geraak het en wat in die Bybel opgeteken is.
6. Watter getuienis bevestig die historiese akkuraatheid van die Griekse Geskrifte?
6 Maar wat van die Christelike Griekse Geskrifte? Nie alleen bevestig hulle die verslag in die Hebreeuse Geskrifte nie, maar hulle is ook self histories akkuraat sowel as eg en net so geïnspireerd soos die Hebreeuse Geskrifte. Die skrywers vertel ons wat hulle gehoor en gesien het, want hulle was ooggetuies van en dikwels deelnemers aan die einste gebeure wat hulle opgeteken het. Duisende van hulle tydgenote het hulle geglo. Hulle getuienis word op oorvloedige wyse bevestig deur verwysings in die geskrifte van eertydse skrywers, onder meer Juvenalis, Tacitus, Seneca, Suetonius, Plinius die Jongere, Lucianus, Celsus en die Joodse geskiedskrywer Josephus.
7. (a) Watter argument voer S. A. Allibone aan met betrekking tot die Bybel se onweerlegbare egtheid? (b) Waar sê hy lê die fout in die geval van diegene wat weier om die bewyse te aanvaar?
7 S. Austin Allibone skryf in The Union Bible Companion: “Sir Isaac Newton . . . was ook ’n vooraanstaande beoordelaar van antieke geskrifte, en hy het die Heilige Skrif met groot sorg ondersoek. Wat is sy uitspraak met betrekking tot hierdie punt? ‘Ek vind’, sê hy, ‘meer gewisse tekens van egtheid in die Nuwe Testament as in enige ongewyde [sekulêre] geskiedenis.’ Dr. Johnson sê dat ons meer bewyse het dat Jesus Christus op Kalvarie gesterf het, soos in die Evangelies opgeteken staan, as wat ons het dat Julius Caesar in die Kapitool gesterf het. Ons het inderdaad baie meer bewyse. Vra enigiemand wat die waarheid van die Evangeliegeskiedenis bevraagteken watter rede hy het om te glo dat Caesar in die Kapitool gesterf het of dat keiser Karel die Grote in 800 deur pous Leo III tot keiser van die Weste gekroon is . . . Hoe weet jy dat iemand soos Karel I ooit gelewe het en onthoof is, en dat Oliver Cromwell in sy plek begin heers het? . . . Die ontdekking van die wet van die swaartekrag word aan sir Isaac Newton toegeskryf . . . Ons glo al die bewerings wat so pas oor hierdie manne gemaak is; en wel omdat ons historiese bewyse van die waarheid daarvan het. . . . As party nóg weier om te glo nadat sodanige bewyse voorgelê is, beskou ons hulle as koppige dwase of as hopeloos onkundig. Wat sal ons dan sê van diegene wat ondanks die oorvloedige bewyse wat nou met betrekking tot die egtheid van die Heilige Skrif voorgelê word, beweer dat hulle nie daardeur oortuig is nie? . . . Ons het sekerlik rede om tot die slotsom te kom dat die fout eerder by die hart as by die hoof lê;—dat hulle nie iets wíl glo wat hul trots verneder en hulle sal dwing om ’n ander lewe te lei nie.”b
8. In watter opsig blyk dit dat die Christelike godsdiens van die Bybel van alle ander godsdienste verskil?
8 Die uitnemendheid van die Christelike godsdiens as ’n godsdiens waarvan die aanhangers in waarheid aanbid, word deur George Rawlinson na vore gebring, wat geskryf het: “Die Christelike godsdiens—met inbegrip van die bedeling van die Ou Testament, wat die eerste stadium daarvan gevorm het—word in geen opsig beter van die ander godsdienste van die wêreld onderskei as in sy oogmerk of historiese aard nie. Die godsdienste van Griekeland en Rome, van Egipte, Indië, Persië en die Ooste in die algemeen, was bespiegelende stelsels, waarvoor ’n historiese grondslag nie eens ’n ernstige vereiste was nie. . . . Maar die godsdiens van die Bybel is heeltemal anders. Of ons nou in die Bybel kyk na die Ou of die Nuwe Testament, na die Joodse of die Christelike bedeling, ons vind ’n leerstellige stelsel wat nou saamhang met feite; wat geheel en al daarvan afhanklik is; wat daarsonder van nul en gener waarde is; en wat feitlik as bewese beskou kan word as daar aangetoon word dat hulle aanvaarding waardig is.”c
9. Lig die akkuraatheid van die Bybel se geografiese verwysings toe.
9 (2) Geografiese en geologiese akkuraatheid. Baie skrywers het kommentaar gelewer oor die merkwaardige akkuraatheid waarmee die Bybel die Beloofde Land en naburige gebiede beskryf. ’n Reisiger in die Ooste, dr. A. P. Stanley, het byvoorbeeld oor die Israeliete se trek in die woestyn gesê: “Al was hulle presiese roete onbekend, kom die besondere kenmerke van die land nietemin dermate met die beskrywing ooreen dat die geskiedenis steeds op talle merkwaardige maniere toegelig sou word. . . . Die fonteine, putte en spruite wat hier en daar voorkom, stem ooreen met die opmerkings oor die ‘waters’ van Mara; die ‘fonteine’ van . . . Elim; die ‘spruit’ van Horeb; die ‘put’ van Jetro se dogters, met sy ‘drinkbak’ of waterbakke, in Midian. Die plantegroei kom nog steeds ooreen met wat ons uit die Mosaïese geskiedenis kan aflei.”d In die verslag oor Egipte blyk die akkuraatheid nie net uit die algemene beskrywing van die gebied nie—sy ryk graanlande, sy Nylrivier met riete aan die oewers (Gen. 41:47-49; Ex. 2:3), sy waters afkomstig uit ‘strome, kanale, waterkuile en versamelplekke van water’ (Ex. 7:19), sy ‘vlas, gars, koring en spelt’ (Ex. 9:31, 32)—maar ook uit die name en plekke van dorpe.
10. Hoe is hedendaagse wetenskaplikes beloon omdat hulle die Bybelverslag gevolg het?
10 Sommige hedendaagse wetenskaplikes het soveel vertroue in die geologiese en geografiese verslag in die Bybel gestel dat hulle dit as ’n gids gebruik het, en hulle is ryklik beloon. Enkele jare gelede het ’n vooraanstaande geoloog, dr. Ben Tor, dié vers as gids gebruik: “Want die HERE jou God bring jou in ’n goeie land, . . . ’n land waarvan die klippe yster is” (Deut. 8:7, 9). ’n Paar kilometer van Berseba af het hy ontsaglike rotswande vol rooiswart erts gevind. Hier was ’n geraamde 13,6 miljoen metrieke ton ystererts van lae gehalte. Later het ingenieurs ’n 1,5 kilometer lange rif met uitstekende erts ontdek, wat uit 60 tot 65 persent suiwer yster bestaan. Dr. Joseph Weitz, Israel se befaamde gesaghebbende op die gebied van herbossing, het gesê: “Die eerste boom wat Abraham in die grond van Berseba geplant het, was ’n tamarisk.” “Ons het sy voorbeeld gevolg en vier jaar gelede tweemiljoen in dieselfde gebied geplant. Abraham was reg. Ons het gevind dat die tamarisk een van die min bome is wat in die suide floreer waar die jaarlikse reënval minder as [150 millimeter] is.”e Die boek Tree and Shrub in Our Biblical Heritage, deur Nogah Hareuveni, voeg by: “Dit wil voorkom of die patriarg Abraham nie sommer enige boom by sy aankoms in Berseva geplant het nie. . . . Hy het die boom gekies wat ’n koeler skaduwee as dié van ander bome gee. Daarbenewens kan die [tamarisk] hitte en lang droogtes weerstaan deurdat sy wortels ver na onder strek om ondergrondse water te vind. Dit is nie verbasend nie dat die [tamarisk] vandag nog in die omgewing van Berseva voorkom.”f—Gen. 21:33.
11. Wat getuig professor Wilson in verband met die Bybel se akkuraatheid?
11 Wat besonderhede soos chronologiese en geografiese verklarings in die Bybel betref, skryf professor R. D. Wilson in A Scientific Investigation of the Old Testament, bladsye 213-14: “Die chronologiese en geografiese verklarings is akkurater en betroubaarder as dié wat deur enige ander ou dokumente verskaf word; en die biografiese en ander historiese verhale stem wonderbaarlik goed ooreen met die bewyse wat deur nie-Bybelse dokumente verskaf word.”
12. Hoe strook die feite met die Bybelverslag oor die oorsprong van die mensdom?
12 (3) Rasse en tale van die mensdom. Byron C. Nelson sê in die boek After Its Kind: “Dit is die mens wat geskep is, nie die Neger, die Chinees, die Europeaan nie. Twee menslike wesens, wat die Bybel Adam en Eva noem, is geskep, en uit hulle het al die verskillende soorte mense wat op die oppervlak van die aarde is deur natuurlike afstamming en variasie gekom. Alle menserasse, ongeag kleur of grootte, is een natuurlike spesie. Hulle almal dink eenders, voel eenders, het dieselfde fisiese struktuur, kan geredelik onder mekaar trou en kan ander van dieselfde karakter voortbring. Alle rasse kom van twee gemeenskaplike voorouers wat ten volle gevorm uit die hand van die Skepper gekom het.”g Dit is die getuienis van Genesis 1:27, 28; 2:7, 20-23; 3:20; Handelinge 17:26; en Romeine 5:12.
13. Wat het een argeoloog gesê oor die sentrum van waar antieke tale versprei het?
13 Met betrekking tot die Bybel se verslag oor die middelpunt van waar die antieke tale versprei het, het die argeoloog sir Henry Rawlinson gesê dat “as ons ons aldus bloot deur die kruising van taalkundige paaie moes laat lei, sonder enige verwysing na die skriftuurlike verslag, ons steeds by die vlaktes van Sinear sou uitkom as die middelpunt van waar die verskillende taaltakke uitgegaan het”.h—Gen. 11:1-9.
14. (a) Wat op sigself sou die Bybel onderskei as geïnspireer deur God? (b) Watter rasionele beskouing word slegs in die Bybel uiteengesit, en hoe raak die praktiese uitvoerbaarheid van Bybelraad elke aspek van die daaglikse lewe?
14 (4) Praktiese uitvoerbaarheid. As daar geen ander bewyse van egtheid beskikbaar was nie, sou die Bybel se regverdige beginsels en sedelike standaarde dit as ’n produk van die goddelike gees onderskei het. Daarbenewens raak die Bybel se praktiese uitvoerbaarheid elke fase van die daaglikse lewe. Geen ander boek gee ons ’n rasionele beskouing van die oorsprong van alle dinge, met inbegrip van die mensdom, en van die Skepper se voorneme met die aarde en die mens nie (Gen., hfst. 1; Jes. 45:18). Die Bybel deel ons mee waarom die mens sterf en waarom goddeloosheid bestaan (Gen., hfst. 3; Rom. 5:12; Job, hfst. 1, 2; Ex. 9:16). Dit sit die hoogste maatstaf vir geregtigheid uiteen (Ex. 23:1, 2, 6, 7; Deut. 19:15-21). Dit gee juiste raad oor saketransaksies (Lev. 19:35, 36; Spr. 20:10; 22:22, 23; Matt. 7:12); rein sedes (Lev. 20:10-16; Gal. 5:19-23; Hebr. 13:4); verhoudinge met ander (Lev. 19:18; Spr. 12:15; 15:1; 27:1, 2, 5, 6; 29:11; Matt. 7:12; 1 Tim. 5:1, 2); die huwelik (Gen. 2:22-24; Matt. 19:4, 5, 9; 1 Kor. 7:2, 9, 10, 39); gesinsverhoudinge en die pligte van die man, die vrou en die kinders (Deut. 6:4-9; Spr. 13:24; Ef. 5:21-33; 6:1-4; Kol. 3:18-21; 1 Pet. 3:1-6); die regte gesindheid teenoor heersers (Rom. 13:1-10; Tit. 3:1; 1 Tim. 2:1, 2; 1 Pet. 2:13, 14); eerlike werk, asook die verhoudinge tussen heer en dienskneg en werkgewer en werknemer (Ef. 4:28; Kol. 3:22-24; 4:1; 1 Pet. 2:18-21); regte omgang (Spr. 1:10-16; 5:3-11; 1 Kor. 15:33; 2 Tim. 2:22; Hebr. 10:24, 25); die beslegting van geskille (Matt. 18:15-17; Ef. 4:26); en talle ander dinge wat ’n baie belangrike invloed op ons daaglikse lewe het.
15. Watter Bybelraad oor geestes- en fisiese gesondheid is as prakties bewys?
15 Die Bybel verskaf ook waardevolle riglyne oor fisiese en geestesgesondheid (Spr. 15:17; 17:22). In onlangse jare het mediese navorsing bewys dat ’n mens se fisiese gesondheid inderdaad deur jou geesteshouding geraak word. Studies het byvoorbeeld getoon dat die bloeddruk van mense wat geneig is om aan hul woede uiting te gee dikwels die hoogste is. Party het berig dat woede aanleiding gegee het tot hartkloppings, hoofpyne, neusbloeding, duiseligheid of ’n onvermoë om te praat. Die Bybel het egter lank gelede verduidelik: “’n Rustige hart is die lewe vir die vlees.”—Spr. 14:30; vergelyk Mattheüs 5:9.
16. Wat is enkele Bybelverklarings van waarhede wat hulle ontdekking deur die wetenskap ver vooruit was?
16 (5) Wetenskaplike akkuraatheid. Hoewel die Bybel nie ’n wetenskaplike verhandeling is nie, is daar gevind dat dit akkuraat en in ooreenstemming met ware wetenskaplike ontdekkings en kennis is wanneer dit wetenskaplike aangeleenthede aanroer. Die Bybelverslag oor die volgorde van die skepping, met inbegrip van die dierelewe (Gen., hfst. 1); dat die aarde rond, of bolvormig, is (Jes. 40:22); en dat die aarde in die ruimte aan “niks” hang, was wetenskaplike ontdekkings van hierdie waarhede ver vooruit (Job 26:7). Die hedendaagse fisiologie het die waarheid bewys van die skriftuurlike verklaring: “Alle vlees is nie dieselfde vlees nie”, aangesien die sellulêre struktuur van die vlees van een soort anders is as dié van ’n ander, sodat die mens sy eie unieke “vlees” het (1 Kor. 15:39).i Op die gebied van die soölogie klassifiseer Levitikus 11:6 die haas met herkouende diere. Dit is eens as belaglik beskou, maar die wetenskap het bevind dat die konyn sy voedsel meer as een maal inneem.j
17. Hoe is daar bewys dat die Bybel op mediese gebied betroubaar is?
17 Die verklaring dat die ‘siel (lewe) van die vlees in die bloed is’, word vandag as ’n fundamentele waarheid van die mediese wetenskap erken (Lev. 17:11-14). Die Mosaïese Wet het aangetoon watter diere, voëls en visse “rein” was vir menslike gebruik, en dit het gevaarlike voedselsoorte uitgesluit (Lev., hfst. 11). Die Wet het vereis dat menslike uitwerpsels by ’n militêre laer bedek word, en dit het groot beskerming gebied teen aansteeklike siektes wat deur vlieë oorgedra word, soos disenterie en buiktifus (Deut. 23:9-14). Selfs vandag bestaan daar in party lande ernstige gesondheidsprobleme omdat menslike afval nie behoorlik verwyder word nie. Mense in sulke lande sal baie gesonder wees as hulle die Bybel se raad oor higiëne volg.
18. Watter ander voorbeeld is daar van die Bybel se wetenskaplike akkuraatheid?
18 Die Bybel beveel ’n bietjie wyn “ter wille van jou maag” en vir “ongesteldhede” aan (1 Tim. 5:23). Dr. Salvatore P. Lucia, professor in die medisyne in die Mediese Fakulteit van die Universiteit van Kalifornië, skryf: “Wyn is die oudste voedende drank en die belangrikste medisyne wat deur die geskiedenis van die mensdom heen in voortdurende gebruik was.”k
19. Hoe kan die akkuraatheid van Lukas se geskrifte toegelig word?
19 (6) Kultuur en gewoontes. A. Rendle Short skryf in Modern Discovery and the Bible oor die boek Handelinge: “Dit was die Romeinse gewoonte om die provinsies van hulle uitgestrekte ryk, sover moontlik dit met veiligheid gedoen kon word, te bestuur deur die plaaslike bestuurstelsel te handhaaf, en gevolglik het die gesaghebbers in verskillende distrikte by verskillende name bekend gestaan. Tensy iemand ’n oplettende reisiger was of ’n noukeurige studie van die verslae gemaak het, kon hy onmoontlik al hierdie gesaghebbers by hulle juiste benamings noem. Die feit dat Lukas altyd daarin slaag om volmaak akkuraat te wees, is een van die grondigste bewyse van sy vermoë as geskiedskrywer. In etlike gevalle was ’n muntstuk, of ’n inskripsie, die enigste bewysstuk wat ons die nodige inligting gegee het om sy verklarings na te gaan; die erkende Romeinse geskiedskrywers waag hulle nie op so ’n moeilike gebied nie. Gevolglik noem Lukas Herodes en Lisanias viervorste; Josephus doen dit ook. Herodes Agrippa, deur wie Jakobus met die swaard omgebring en Petrus in die gevangenis gewerp is, word ’n koning genoem; Josephus vertel ons hoe hy in Rome vriende geword het met Gaius Cæsar (Caligula) en met ’n koninklike titel beloon is toe Caligula keiser geword het. Die goewerneur van Ciprus, Sergius Paulus, word prokonsul genoem. . . . Ciprus was kort tevore ’n keiserlike provinsie, wat deur ’n propretor of legaat bestuur is, maar in [die apostel] Paulus se tyd was die korrekte titel prokonsul, in Grieks sowel as Latyn, soos getoon word deur Cipriese muntstukke. ’n Griekse inskripsie wat by Soloi aan die noordkus van Ciprus gevind is, is ‘in die prokonsulskap van Paulus’ gedateer . . . In Thessalonika het die stadsmagnate die heel buitengewone titel veelvorste [stadsowerhede, Handelinge 17:6, sien voetnoot in NW-naslaanuitgawe] gehad, ’n naam wat nie in die klassieke literatuur voorkom nie. Afgesien van Lukas se gebruik daarvan, sou dit vir ons heeltemal onbekend gewees het as dit nie was vir die feit dat dit in inskripsies voorkom nie. . . . Onder Augustus was Achaje ’n senaatsprovinsie, onder Tiberius het dit regstreeks onder die keiser geval, maar onder Claudius, so deel Tacitus ons mee, het dit aan die senaat teruggeval, en derhalwe was Gallio se korrekte titel [Hand. 18:12, NW] prokonsul. . . . Lukas is ewe tuis, ewe akkuraat, in sy geografie as in sy reisondervindinge.”l
20. Hoe word die tyd waarin Paulus geleef en geskryf het akkuraat in sy geskrifte weerspieël?
20 Paulus se briewe weerspieël die agtergrond van sy tyd noukeurig en toon dat hy ’n ooggetuie van die opgetekende dinge was. Filippi was byvoorbeeld ’n militêre kolonie waarvan die burgers besonder trots was op hulle Romeinse burgerskap. Paulus het die Christene wat daar gewoon het daaraan herinner dat hulle burgerskap in die hemele is (Hand. 16:12, 21, 37; Filip. 3:20). Efese was ’n stad wat bekend was vir towerkunste en spiritistiese gebruike. Paulus het Christene aldaar onderrig hoe hulle hulle kon bewapen sodat hulle die demone nie ten prooi sou val nie, en hy het terselfdertyd ’n akkurate beskrywing van ’n Romeinse soldaat se wapenrusting gegee (Hand. 19:19; Ef. 6:13-17). Die gewoonte van Romeinse oorwinnaars om ’n triomftog met ’n optog van gevangenes, waarvan party naak was, te lei, is as ’n illustrasie gebruik (2 Kor. 2:14, vgl. NW; Kol. 2:15). In 1 Korinthiërs 1:22 word daar op die verskillende gesigspunte van die Jode en die Grieke gewys. In sulke sake weerspieël die Christenskrywers die akkuraatheid van Moses, die skrywer van die Pentateug, van wie George Rawlinson sê: “Die etologiese akkuraatheid van die Pentateug met betrekking tot algemene Oosterse maniere en gewoontes is nooit in twyfel getrek nie.”a
21. (a) Gee voorbeelde van die openhartigheid van die Bybelskrywers. (b) Hoe versterk dit vertroue in die Bybel as die waarheid?
21 (7) Die openhartigheid van die Bybelskrywers. Die Bybelskrywers se spontane openhartigheid wat dwarsdeur die Bybel bespeur word, vorm ’n kragtige bewys van die betroubaarheid daarvan. Moses vertel byvoorbeeld reguit van sy eie sonde en God se vonnis dat hy en sy broer Aäron nie die Beloofde Land sou ingaan nie (Num. 20:7-13; Deut. 3:23-27). Dawid se sondes by twee geleenthede asook die afvalligheid van sy seun Salomo word openlik onthul (2 Sam., hfst. 11, 12, 24; 1 Kon. 11:1-13). Jona skryf oor sy eie ongehoorsaamheid en die gevolg daarvan. Die hele nasie Israel is deur feitlik al die skrywers van die Hebreeuse Geskrifte, wat almal Jode was, weens sy ongehoorsaamheid aan God veroordeel, en dít nogal in die verslag wat die Jode gekoester het en aanvaar het as die uitsprake van God en die ware geskiedenis van hulle nasie. Die Christenskrywers was net so openhartig. Al vier die Evangelieskrywers het Petrus se verloëning van Christus onthul. En Paulus het die aandag gevestig op Petrus se ernstige dwaling in ’n geloofsaangeleentheid toe hy ’n onderskeid tussen Jode en nie-Jode in die Christengemeente in Antiochië getref het. Ons vertroue dat die Bybel die waarheid is, word versterk wanneer ons besef dat sy skrywers niemand gespaar het nie, nie eens hulself nie, ten einde ’n getroue verslag op te stel.—Matt. 26:69-75; Mark. 14:66-72; Luk. 22:54-62; Joh. 18:15-27; Gal. 2:11-14; Joh. 17:17.
22. Wat anders bewys dat die Bybel inderdaad God se Woord is, en met watter doel is dit geskryf?
22 (8) Die onderlinge harmonie van die skrywers. Die Bybel is sonder enige disharmonie oor ’n tydperk van meer as 1 600 jaar deur sowat 40 skrywers geskryf. Dit is wyd en syd in ontsaglike getalle versprei ondanks hewige teenstand en die kragtigste pogings om dit te vernietig. Hierdie feite help om te bewys dat dit wel is wat dit beweer om te wees, naamlik die Woord van die almagtige God, en dat dit inderdaad “nuttig [is] om te onderrig, tereg te wys, dinge reg te stel, te dissiplineer in regverdigheid”.—2 Tim. 3:16, NW.b
23. Watter konsekwente tema bewys ook dat die Bybel geïnspireerd is? Lig toe.
23 Die inspirasie van die Bybel blyk uit die algehele konsekwentheid waarmee dit nadruk lê op die tema van die heiliging van Jehovah se naam deur sy Koninkryk onder Christus. ’n Paar van die uitsonderlike gevalle is:
Gen. 3:15 Belofte van die Saad wat die Slang sal
vernietig
Gen. 22:15-18 Al die nasies sal hulself deur middel
van Abraham se saad seën
Ex. 3:15; 6:3, NW God lê nadruk op sy gedenknaam, Jehovah
Ex. 20:3-7, vgl. NW God respekteer sy naam, vereis
uitsluitlike toegewydheid
Job, hfst. 1, 2 Jehovah se regmatige soewereiniteit en
die mens se gesindheid en
onkreukbaarheid ten opsigte daarvan
Jes. 9:6 God ondersteun ewige Koninkryk van sy
Seun ywerig
Dan. 2:44; 4:17, 34; Die belangrikheid van God se Koninkryk
7:13, 14 deur “die Seun van ’n mens”
Eseg. 6:10, NW; Mense “sal moet weet dat ek Jehovah
38:23, NW is”. Hierdie verklaring kom meer as
60 keer in die profesie van Esegiël voor
Mal. 1:11 God se naam moet groot wees onder die
nasies
Matt. 6:9, 10, 33 Heiliging van God se naam deur sy
Koninkryk is van allergrootste belang
Joh. 17:6, 26 Jesus het God se naam bekend gemaak
Hand. 2:21; Rom. 10:13 Jehovah se naam moet aangeroep word vir
redding
Rom. 3:4 God moet waaragtig wees, al is elke mens
’n leuenaar
1 Kor. 15:24-28 Koninkryk sal aan God teruggegee word;
God moet alles in almal wees
Hebr. 13:15 Christene moet Jehovah se naam in die
openbaar bekend maak
Openb. 15:4 Jehovah se naam sal deur alle nasies
verheerlik word
Openb. 19:6 Jehovah se naam sal ná vernietiging van
Babilon die Grote geloof word
24. (a) Hoe bevestig die integriteit van die vroeë Christene die waaragtigheid van “die Christelike Verhaal”? (b) Watter ander bewys is daar dat die Bybelskrywers feite opgeteken het, nie mites nie?
24 (9) Die integriteit van die getuies. Met betrekking tot die geloofwaardigheid wat aan die getuienis van vroeë Christene—die skrywers van die Christelike Geskrifte sowel as ander—geheg kan word, sê George Rawlinson: “Die vroeë bekeerlinge het geweet dat daar te eniger tyd van hulle verwag kon word om vir hulle godsdiens te sterf. . . . Elke vroeë skrywer wat die Christelike godsdiens verkondig het, het vanweë sy verkondiging die burgerlike mag getrotseer en hom aan ’n soortgelyke lot blootgestel. Wanneer geloof ’n lewenskwessie is, aanvaar mense nie sommer die eerste geloofsoortuiging wat in hulle smaak val nie; ook sluit hulle hul nie openlik by ’n vervolgde sekte aan nie tensy hulle die opvattings van die godsdiens wat die sekte bely goed ondersoek het en hulself daarvan oortuig het dat dit die waarheid is. Dit is duidelik dat die vroeë bekeerlinge baie beter geleenthede gehad het om die historiese akkuraatheid van die Christelike verslag te ondersoek as ons; hulle kon die getuies ondervra en onder kruisverhoor neem—hulle verskeie verslae met mekaar vergelyk—vra hoe hulle verklarings deur hulle teenstanders ontvang is—Heidense dokumente van daardie tyd raadpleeg—die getuienis deeglik en volledig sif. . . . Al hierdie dinge—en daar moet onthou word dat die getuienis kumulatief is—vorm ’n versameling bewyse wat selde met betrekking tot enige gebeurtenisse in die verre verlede gelewer kan word; en bevestig die waarheid van die Christelike Verhaal buite enige redelike twyfel. Daardie verhaal is in geen enkele opsig . . . mities van aard nie. Dit is één verhaal, wat sonder afwyking vertel word, terwyl mites uiteenlopend en veelvormig is; dit is onlosmaaklik gekoppel met die burgerlike geskiedenis van die betrokke tye, wat dit oral met buitengewone akkuraatheid weergee, terwyl mites die burgerlike geskiedenis verdraai of veronagsaam; dit is vol alledaagse besonderhede, wat deur mites angsvallig vermy word; dit is vol van die duidelikste en eenvoudigste praktiese onderrig, terwyl mites deur sinnebeeldige voorstellings onderrig. . . . Eenvoudige opregtheid, trou, noulettende akkuraatheid, suiwer liefde vir die waarheid is die opvallendste eienskappe van die Nieu-Testamentiese skrywers, wat hulle klaarblyklik met feite, nie met verdigsels nie, ophou . . . Hulle skryf ‘sodat ons die sekerheid van daardie dinge kan besef’ wat in hulle dag ‘ongetwyfeld geglo is’.”c—Vergelyk Lukas 1:1, 4.
25. Waardeur word die egtheid van die Bybel op uitsonderlike wyse bewys?
25 ’n Boeiende terrein wat deur die Bybel gedek word, is goddelike profesieë. Die egtheid van die Bybel is in geen opsig so treffend bewys soos in die vervulling van talle profesieë nie, wat almal die merkwaardige voorkennis van Jehovah aantoon op grond waarvan hy die toekoms voorspel. Hierdie profetiese Woord is inderdaad “’n lamp wat in ’n donker plek skyn”, en as daar aandag aan geskenk word, sal dit die geloof versterk van diegene wat behoue wil bly totdat al die Koninkryksprofesieë in God se ewige nuwe wêreld van regverdigheid vervul is. Die drie tabelle wat hieronder volg, verskaf nog bewyse van die Bybel se egtheid deur baie van hierdie profetiese vervullings, sowel as die harmonie van al die Hebreeuse en Griekse Geskrifte, te toon. Met verloop van die jare skyn die Bybel al hoe helderder as ’n boek wat waarlik ‘deur God geïnspireer en nuttig is’.—2 Pet. 1:19; 2 Tim. 3:16, NW.
[Voetnote]
a The Historical Evidences of the Truth of the Scripture Records, 1862, George Rawlinson, bladsye 54, 254-8.
b 1871, bladsye 29-31.
c The Historical Evidences of the Truth of the Scripture Records, bladsye 25-6.
d Sinai and Palestine, 1885, bladsye 82-3.
e Reader’s Digest, Maart 1954, bladsye 27, 30.
f 1984, bladsy 24.
g 1968, bladsye 4-5.
h The Journal of the Royal Asiatic Society of Great Britain and Ireland, Londen, 1855, Dl. 15, bladsy 232.
i Insight on the Scriptures, Dl. 2, bladsy 246.
j Insight on the Scriptures, Dl. 1, bladsye 555-6, 1035.
k Wine as Food and Medicine, 1954, bladsy 5.
l 1955, bladsye 211-13.
a The Historical Evidences of the Truth of the Scripture Records, bladsy 290.
c The Historical Evidences of the Truth of the Scripture Records, bladsye 225, 227-8.
(10) BELANGRIKE PROFESIEË AANGAANDE JESUS EN HULLE VERVULLING
Profesie Gebeurtenis Vervulling
Miga 5:1 Gebore in Betlehem Luk. 2:4-11;
Jes. 7:14 Gebore uit ’n maagd Matt. 1:18-23;
Jer. 31:15 Kindertjies na sy Matt. 2:16-18
geboorte gedood
Hos. 11:1 Uit Egipte geroep Matt. 2:15
Mal. 3:1; 4:5; Weg berei Matt. 3:1-3;
Dan. 9:25 Het na 69 “sewetalle”, Op tyd in 29 G.J.
of weke, as Messias vir doop aangebied
verskyn en gesalf
Jes. 61:1, 2 Gemagtig Luk. 4:18-21
Ps. 78:2 Deur gelykenisse gespreek Matt. 13:11-13,
Jes. 53:4 Ons siektes gedra Matt. 8:16, 17
Jes. 42:1-4 Sou as Jehovah se kneg Matt. 12:14-21
nie op die strate twis nie
Jes. 53:1 Is nie in geglo nie Joh. 12:37, 38;
Sag. 9:9; Intog in Jerusalem op die Matt. 21:1-9;
Ps. 118:26 vul van ’n esel; begroet Mark. 11:7-11;
as koning en die een wat Luk. 19:28-38;
in Jehovah se naam kom Joh. 12:12-15
Jes. 28:16; Verwerp, maar word Matt. 21:42, 45, 46;
53:3; hoeksteen Hand. 3:14; 4:11;
Ps. 41:10; Een apostel ontrou; verraai Matt. 26:47-50;
109:8 Jesus Joh. 13:18, 26-30;
Sag. 13:7 Dissipels word verstrooi Matt. 26:31, 56;
Ps. 2:1, 2 Romeinse magte en leiers Matt. 27:1, 2;
van Israel span saam teen Mark. 15:1, 15;
gesalfde van Jehovah Luk. 23:10-12;
Jes. 53:8 Word verhoor en veroordeel Matt. 26:57-68;
Ps. 27:12 Valse getuies word gebruik Matt. 26:59-61;
Ps. 22:17 Aan ’n paal gehang Matt. 27:35, vgl. NW;
Ps. 22:19 Lot oor klere gewerp Matt. 27:35;
Ps. 22:8, 9 Gesmaad terwyl hy aan die Matt. 27:39-43;
paal gehang het Mark. 15:29-32
Ps. 69:22 Is asyn en gal gegee Matt. 27:34, 48;
Ps. 22:2 Deur God verlaat en aan Matt. 27:46;
vyande oorgegee Mark. 15:34
Ps. 34:21; Geen bene is gebreek nie Joh. 19:33, 36
Jes. 53:5, 8, Sterf offerdood om sondes Matt. 20:28;
11, 12 weg te neem en regverdige Joh. 1:29;
posisie voor God moontlik Rom. 3:24; 4:25;
te maak 1 Kor. 15:3;
Jes. 53:9 By die rykes begrawe Matt. 27:57-60;
Jona 1:17; 2:10 Dele van drie dae in graf, Matt. 12:39, 40;
Ps. 16:8-11 Vóór verderwing opgewek Hand. 2:25-31;
Ps. 2:7 Jehovah verklaar hom deur Matt. 3:16, 17;
geesverwekking sowel as Mark. 1:9-11;
deur opstanding as Sy Seun Luk. 3:21, 22;
Vrae oor tabel “Belangrike profesieë aangaande Jesus en hulle vervulling”:
(a) Weens watter profesieë oor sy geboorte het Jesus daarvoor in aanmerking gekom om die Messias te wees?
(b) Watter profesieë is aan die begin van Jesus se bediening vervul?
(c) Hoe het Jesus profesieë vervul deur die manier waarop hy sy bediening uitgevoer het?
(d) Watter profesieë is gedurende die laaste dae voor Jesus se verhoor vervul?
(e) Hoe is profesieë ten tyde van sy verhoor vervul?
(f) Watter profesieë het sy teregstelling, sy dood en sy opstanding voorspel?
[Tabel op bladsye 344-346]
(11) VOORBEELDE VAN ANDER VERVULDE BYBELPROFESIEË
Profesie Gebeurtenis Vervulling
Gen. 15:13, 14; Israel sou met baie goed Ex. 12:35, 36;
Ex. 3:21, 22 uit Egipte kom wanneer Ps. 105:37
God verknegtende nasie
oordeel
Gen. 17:20; Ismael sou 12 vorste Gen. 25:13-16;
21:13, 18 voortbring en ’n groot 1 Kron. 1:29-31
nasie word
Gen. 25:23; Edomiete sou ver van Gen. 36:8;
27:39, 40 vrugbare grond woon, sou Deut. 2:4, 5;
Israeliete dien en by tye 2 Sam. 8:14;
in opstand kom 2 Kon. 8:20;
Gen. 48:19, 22 Efraim sou groter as Num. 1:33-35;
Manasse word, en albei Deut. 33:17;
stamme sou ’n erfdeel Jos. 16:4-9;
ontvang 17:1-4
Gen. 49:7 Simeon en Levi sou in Jos. 19:1-9;
Israel verstrooi word 21:41, 42
Gen. 49:10 Koninklike leierskap sou 2 Sam. 2:4;
uit Juda voortspruit 1 Kron. 5:2;
Deut. 17:14 Israel sou ’n monargie vra 1 Sam. 8:4, 5,
Deut. 28:52, Israel sou weens ontrouheid In 740 v.G.J. oor
53, gestraf word; stede sou Samaria vervul
64-66, beleër word, sou in (2 Kon. 17:5-23),
68 slawerny weggevoer word in 607 v.G.J. oor
Jerusalem
(Jer. 52:1-27),
en in 70 G.J. weer
oor Jerusalem
Jos. 6:26 Straf vir herbouing van 1 Kon. 16:34
Jerigo
1 Sam. 2:31, 34; Eli se geslagslyn vervloek 1 Sam. 4:11, 17, 18;
1 Kon. 9:7, 8; Tempel sou vernietig word 2 Kon. 25:9;
2 Kron. 7:20, 21 as Israel afvallig word 2 Kron. 36:19;
1 Kon. 13:1-3 Jerobeam se altaar sou 2 Kon. 23:16-18
besoedel word
1 Kon. 14:15 Omverwerping van 2 Kon. 17:6-23;
tienstammeryk van Israel 18:11, 12
Jes. 13:17-22; Vernietiging van Babel; Dan. 5:22–6:1;
45:1, 2; poorte van Babel sou sekulêre
Jer. 50:35-46; oopgelaat word; Meders en geskiedenis
51:37-43 Perse sou stad onder bevestig dit.
aanvoering van Kores inneem Kores het Babel
ingeneem toe poorte
oopgelaat isd
Jes. 23:1, 8, Stad Tirus sou deur Sekulêre geskiedenis
13, 14; Chaldeërs onder berig dat stad op
Eseg. 26:4, 7-12 Nebukadnesar vernietig word vasteland vernietig
is en dat
eilandstad hom na
’n beleg van 13
jaar aan
Nebukadnesar
onderwerp hete
Jes. 44:26-28 Herbouing van Jerusalem 2 Kron. 36:22, 23;
en tempel deur die Esra 1:1-4
terugkerende Joodse
ballinge; Kores se aandeel
daaraan
Jer. 25:11; ’n Oorblyfsel sou na 70 jaar Dan. 9:1, 2;
29:10 van verwoesting herstel Sag. 7:5;
word 2 Kron. 36:21-23
Jer. 48:15-24; Moab sou verwoes word Die nasie Moab
Eseg. 25:8-11; bestaan nie meer
Sef. 2:8, 9 nief
Jer. 49:2; Ammonitiese stede sou woeste Die nasie Ammon
Eseg. 25:1-7; puinhope word bestaan nie meer
Sef. 2:8, 9 nieg
Jer. 49:17, 18; Edom sou afgesny word Edom het ná
Eseg. 25:12-14; asof dit nooit bestaan Jerusalem se
35:7, 15; het nie vernietiging in
Obad. 16, 18 70 G.J. as ’n nasie
uitgesterfh
Dan. 2:31-40; Vier koninkryke afgebeeld: Sekulêre geskiedenis
7:2-7 Babel, Persië, Griekeland bevestig
en Rome. Talle profetiese vervullings
besonderhede is voorspel daarvan in opkoms
en val van hierdie
moondhedei
Dan. 8:1-8, Ná Persiese koninkryk sou Alexander die Grote
20-22 ’n magtige koninkryk, het Persiese Ryk
11:1-19 Griekeland, heers. Daardie verower. Na sy dood
koninkryk sou in vier het vier generaals
verdeel word, waaruit twee bewind oorgeneem.
moondhede sou kom, die Uiteindelik het
koning van die noorde en die Seleucide-ryk
die koning van die suide en Ptolemeïese ryk
ontstaan, en hulle
was voortdurend in
oorlog met mekaarj
Dan. 11:20-24 Regeerder sou ’n Registrasiebevel in
registrasiebevel Palestina gedurende
uitvaardig. In dae van sy regering van keiser
opvolger sou “die vors van Augustus; Jesus
die verbond” verbreek word gedood gedurende
regering van sy
opvolger, keiser
Tiberiusk
Sef. 2:13-15; Nineve sou ’n verwoesting Het ’n puinhoop
Nah. 3:1-7 word gewordl
Sag. 9:3, 4 Eilandstad Tirus sou In 332 v.G.J. deur
vernietig word Alexander gedoena
Matt. 24:2, Jerusalem sou met ’n skans In 70 G.J. deur
16-18; van gepunte pale omring en Romeine vervulb
Luk. 19:41-44, vernietig word
vgl. NW
Matt. 24:7-14; Tyd van groot moeilikhede Ongekende tyd van
Mark. 13:8; voorspel voor algehele moeilikhede op
Luk. 21:10, 11, einde van hierdie stelsel aarde sedert
25-28; van dinge; sou oorloë, Eerste
2 Tim. 3:1-5 voedseltekorte, aardbewings, Wêreldoorlog in
pessiektes, wetteloosheid, 1914.
verkondiging van goeie nuus Koninkryksprediking
van Koninkryk aan al die word nou in meer
nasies insluit as 200 lande
gedoen
[Voetnote]
d Herodotus I, 191, 192; Insight on the Scriptures, Dl. 1, bladsy 567.
e McClintock en Strong se Cyclopedia, herdruk van 1981, Dl. X, bladsy 617; Insight on the Scriptures, Dl. 2, bladsye 531, 1136.
f Insight on the Scriptures, Dl. 2, bladsye 421-2.
g Insight on the Scriptures, Dl. 1, bladsy 95.
h Insight on the Scriptures, Dl. 1, bladsye 681-2.
i “Laat u wil geskied op aarde”, bladsye 104-25, 166-77, 188-95, 220-9.
j “Laat u wil geskied op aarde”, bladsye 121-2, 172-4, 194-5, 220-64; Insight on the Scriptures, Dl. 1, bladsye 70-1.
k “Laat u wil geskied op aarde”, bladsye 249-54; Insight on the Scriptures, Dl. 1, bladsy 220.
l Sien bladsy 159, paragrawe 5, 6.
a McClintock en Strong se Cyclopedia, herdruk van 1981, Dl. X, bladsye 618-19.
b Sien bladsy 188, paragraaf 9.
(a) Watter voorspelde gebeure het plaasgevind nadat die nasie Israel die land Kanaän ingegaan het?
(b) Watter oordeelsprofesieë teen Israel en Juda het in vervulling gegaan, en wanneer?
(c) Wat is in verband met ’n herstel voorspel? Is dit vervul?
(d) Watter nasies word genoem teen wie spesifieke oordeelsboodskappe uitgespreek is, en hoe is hierdie profetiese oordele vervul?
(e) Wat is enkele van die uitsonderlike geskiedkundige gebeure wat voorspel is deur Daniël? deur Jesus?
(12) ENKELE AANHALINGS UIT EN TOEPASSINGS VAN DIE HEBREEUSE GESKRIFTE DEUR SKRYWERS VAN DIE GRIEKSE GESKRIFTE
(OPMERKING: Hierdie lys sluit nie verwysings in wat op die voorgaande bladsye in die tabel “Belangrike profesieë aangaande Jesus” aangegee is nie.)
Profesie Gebeurtenis Vervulling
Gen. 1:3 God gebied dat lig moet skyn 2 Kor. 4:6
Gen. 1:26, 27 Die mens na God se gelykenis Jak. 3:9;
gemaak, man en vrou Mark. 10:6
Gen. 2:7 Adam ’n lewende siel gemaak 1 Kor. 15:45
Gen. 2:24 Die man sal sy ouers verlaat Matt. 19:5;
en sy vrou aankleef; die Mark. 10:7, 8;
twee sal een vlees word 1 Kor. 6:16;
Gen. 17:5 Abraham vader van diegene Rom. 4:16, 17
met geloof uit “baie nasies”
Gen. 18:10, 14 Sara is ’n seun beloof Rom. 9:9
Gen. 18:12 Sara noem Abraham “heer” 1 Pet. 3:6
Gen. 21:12 Nageslag van Abraham sou Rom. 9:7;
deur Isak wees Hebr. 11:18
Gen. 22:16, 17 God sweer by homself om Hebr. 6:13, 14
Abraham te seën
Gen. 25:23 God se begunstiging van Rom. 9:12
Jakob bo Esau voorspel
Ex. 3:6 God is nie die God van die Matt. 22:32;
dooies nie, maar van die Mark. 12:26;
lewendes Luk. 20:37
Ex. 19:12, 13 Die ontsagwekkendheid van Hebr. 12:18-20
Jehovah by berg Sinai
Ex. 20:12-17 Vyfde, sesde, sewende, Matt. 5:21, 27;
agtste, negende en tiende 15:4;
gebod 19:18, 19;
Ex. 21:17 Straf vir skending van vyfde Matt. 15:4;
gebod Mark. 7:10
Ex. 21:24 Oog vir oog en tand vir tand Matt. 5:38
Ex. 22:28 “Van ’n owerste van jou volk Hand. 23:5
mag jy nie kwaad spreek nie”
Ex. 24:8 Die sluiting van die Hebr. 9:20, vgl.
Wetsverbond—“die bloed van NW; Matt. 26:28;
die verbond” Mark. 14:24
Ex. 25:40 Moses se instruksies oor die Hebr. 8:5
ontwerp van die tabernakel
en die toebehore daarvan
Ex. 32:6 Israeliete staan op om fees 1 Kor. 10:7
te vier en pret te maak
Lev. 11:44 “Wees heilig, want Ek is 1 Pet. 1:16
heilig”
Lev. 19:18 Jy moet jou naaste liefhê Matt. 19:19; 22:39;
soos jouself Mark. 12:31;
Lev. 26:12 Jehovah was God van Israel 2 Kor. 6:16
Num. 16:5 Jehovah ken dié wat hom 2 Tim. 2:19
toebehoort
Deut. 6:4, 5 Jy moet Jehovah met jou hele Matt. 22:37;
hart en siel liefhê Mark. 12:29, 30;
Deut. 6:13 “Die Here jou God moet jy Matt. 4:10;
aanbid” Luk. 4:8
Deut. 6:16 “Jy mag die Here jou God nie Matt. 4:7;
versoek nie” Luk. 4:12
Deut. 18:15-19 God sou ’n profeet soos Hand. 3:22, 23
Moses verwek
Deut. 19:15 Elke saak moet deur twee of Joh. 8:17;
drie getuies bevestig word 2 Kor. 13:1
Deut. 23:21 “Jy moet jou ede aan die Matt. 5:33
Here hou”
Deut. 24:1 Voorsiening in Mosaïese Wet Matt. 5:31
vir egskeiding
Deut. 25:4 “’n Os wat graan dors, mag 1 Kor. 9:9;
jy nie muilband nie” 1 Tim. 5:18
Deut. 27:26 Israeliete wat die Wet nie Gal. 3:10
gehou het nie, was vervloek
Deut. 29:4 Min Jode het na die goeie Rom. 11:8
nuus geluister
Deut. 30:11-14 Die nodigheid om “die woord Rom. 10:6-8
van die geloof” in jou hart
te hê en dit te verkondig
Deut. 31:6, 8 God sal sy volk geensins Hebr. 13:5
verlaat nie
Deut. 32:17, 21 God het Jode se ywer, of Rom. 10:19;
jaloesie, gewek deur 1 Kor. 10:20-22
nie-Jode te nooi. Israeliete
het Jehovah se jaloesie deur
afgodery gewek
Deut. 32:35, 36 Die wraak kom Jehovah toe Hebr. 10:30
Deut. 32:43, NW “Verbly julle, o nasies, Rom. 15:10
saam met sy volk”
1 Sam. 13:14; Dawid, ’n man na God se hart Hand. 13:22
1 Kon. 19:14, Net ’n oorblyfsel Jode het Rom. 11:3, 4
18 aan God getrou gebly
2 Kron. 20:7 Abraham God se “vriend” Jak. 2:23
genoem
Job 41:2 “Wie het eers iets aan [God] Rom. 11:35
gegee?”
Ps. 5:10 “Hul keel is ’n oop graf” Rom. 3:13
Ps. 8:3 God verskaf lof “uit die Matt. 21:16
mond van kinders”
Ps. 8:5-7 “Wat is die mens, dat U aan Hebr. 2:6, 7;
hom dink?” God het alles 1 Kor. 15:27
aan Christus se voete
onderwerp
Ps. 14:1-3 “Daar is niemand regverdig Rom. 3:10-12
nie”
Ps. 19:5 Geen gebrek aan geleentheid Rom. 10:18
om die waarheid oor God se
bestaan te hoor nie,
aangesien die hele skepping
daarvan getuig
Ps. 22:23 “Ek sal u Naam aan my Hebr. 2:12
broeders verkondig”
Ps. 24:1 Die aarde behoort aan Jehovah 1 Kor. 10:26
Ps. 34:13-17 “Die oë van die Here is op 1 Pet. 3:10-12
die regverdiges”
Ps. 40:7-9 God het nie meer offers van Hebr. 10:6-10
die Wet goedgekeur nie; die
een offer van Jesus se
liggaam, ooreenkomstig God
se wil, skenk heiliging
Ps. 44:23 “Ons is gereken as slagskape” Rom. 8:36
Ps. 45:6, 7, NW “God is [Christus se] troon Hebr. 1:8, 9, NW
vir ewig”
Ps. 69:23, 24 Vredestafel van Israeliete Rom. 11:9, 10
word ’n strik
Ps. 78:24 Die brood uit die hemel Joh. 6:31-33
Ps. 82:6 “Julle is gode” Joh. 10:34
Ps. 102:26-28 “U, o Here, het . . . die Hebr. 1:10-12
aarde gegrondves”
Ps. 110:1 Die Here sou aan Jehovah se Matt. 22:43-45;
regterhand gaan sit Mark. 12:36, 37;
Ps. 116:10 “Ek het geglo, daarom het 2 Kor. 4:13
ek gespreek”
Ps. 117:1 “Loof die Here, alle nasies” Rom. 15:11
Spr. 26:11 “Die hond het omgedraai na 2 Pet. 2:22
sy eie uitbraaksel”
Jes. 6:9, 10 Israeliete het nie op die Matt. 13:13-15;
goeie nuus ag geslaan nie Mark. 4:12;
Jes. 8:17, 18 “Hier is Ek en die kinders Hebr. 2:13
wat God My gegee het”
Jes. 10:22, 23 Net ’n oorblyfsel van Israel Rom. 9:27, 28
sou gered word
Jes. 22:13 “Laat ons dan eet en drink, 1 Kor. 15:32
want môre sterf ons”
Jes. 25:8 “Die dood is verslind in 1 Kor. 15:54
die oorwinning”
Jes. 28:16 Geen teleurstelling vir 1 Pet. 2:6;
diegene wat hulle geloof in Rom. 10:11
Christus, die hoeksteen in
Sion, stel nie
Jes. 29:14 God laat die wysheid van 1 Kor. 1:19
wyse manne vergaan
Jes. 40:6-8 Die woord wat deur Jehovah 1 Pet. 1:24, 25
gespreek is, bly vir ewig
Jes. 40:13 ‘Wie het Jehovah se raadsman Rom. 11:34
geword?’
Jes. 42:6; “Ek het U ’n lig van die Hand. 13:47
49:6 nasies gemaak”
Jes. 45:23 Elke knie sal voor Jehovah Rom. 14:11
buig
Jes. 52:7 Voete van draers van goeie Rom. 10:15
nuus lieflik
Jes. 52:11 “Gaan onder hulle uit en 2 Kor. 6:17
sonder julle af”
Jes. 52:15 Goeie nuus aan die nie-Jode Rom. 15:21
bekend gemaak
Jes. 54:13 “En hulle sal almal deur God Joh. 6:45
geleer wees”
Jes. 56:7 Jehovah se huis sal ’n huis Matt. 21:13;
van gebed vir al die nasies Mark. 11:17;
wees Luk. 19:46
Jes. 59:7, 8 Goddeloosheid van mense Rom. 3:15-17
beskryf
Jes. 65:1, 2 Jehovah aan nie-Joodse Rom. 10:20, 21
nasies geopenbaar
Jer. 5:21 Het oë, maar sien nie Mark. 8:18
Jer. 9:24 “Die wat roem, moet in die 1 Kor. 1:31;
Here roem” 2 Kor. 10:17
Jer. 31:31-34 God sou ’n nuwe verbond sluit Hebr. 8:8-12;
Dan. 9:27; “Die gruwel van die Matt. 24:15
11:31 verwoesting”
Hos. 6:6 “Ek wil barmhartigheid hê Matt. 9:13; 12:7
en nie offerande nie”
Hos. 13:14 “Doderyk, waar is jou 1 Kor. 15:54, 55
oorwinning?”
Amos 9:11, 12 God sou die hut van Dawid Hand. 15:16-18
weer oprig
Hab. 1:5 “Kyk dan, julle veragters, Hand. 13:40, 41
en wees verwonderd”
Hab. 2:4 “Die regverdige sal uit die Hebr. 10:38;
geloof lewe” Rom. 1:17
Hag. 2:6 God sou hemel en aarde laat Hebr. 12:26, 27
bewe
Mal. 1:2, 3 Jakob geliefd, Esau gehaat Rom. 9:13
Vrae oor tabel “Enkele aanhalings uit en toepassings van die Hebreeuse Geskrifte deur skrywers van die Griekse Geskrifte”:
(a) Hoe word die skeppingsverslag in Genesis gestaaf deur verwysings daarna in die Griekse Geskrifte?
(b) Hoe word verklarings in Genesis oor Abraham en Abraham se nageslag toegepas?
(c) Watter aanhalings in verband met die Tien Gebooie en ander aspekte van die Wet word uit die boek Exodus gemaak?
(d) Waar vind ons die oorspronklike verklarings in verband met die twee groot gebooie, naamlik om Jehovah met jou hele hart en siel lief te hê en jou naaste soos jouself?
(e) Noem enkele van die fundamentele beginsels wat in die Pentateug gemeld en in die Griekse Geskrifte aangehaal word. Hoe word hulle toegepas?
(f) Watter gedeeltes in die Psalms, wat in die Griekse Geskrifte aangehaal word, verheerlik Jehovah (1) as Skepper en Eienaar van die aarde? (2) as die Een wat in die regverdiges belangstel en vir hulle sorg?
(g) Hoe pas die Christelike Griekse Geskrifte gedeeltes uit Jesaja en die ander profete toe op (1) die verkondiging van die goeie nuus? (2) sommige se verwerping van die goeie nuus? (3) die feit dat nie net die oorblyfsel van Israel nie maar ook mense van die nasies gelowiges sou word? (4) die voordele wat spruit uit geloof in die goeie nuus?