Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Aarde
    Redenering uit die Skrif
    • wat die mens met sy teleskope en ruimteskepe ondersoek het, eenvoudig sy voorneme laat vaar en dit vir ewig onvervuld gelaat weens Adam se sonde?)

      Jes. 45:18: “So sê die HERE, wat die hemele geskape het—Hy is God!—wat die aarde geformeer en dit gemaak het—Hy het dit bevestig; Hy het dit nie geskape om woes te wees nie, maar dit geformeer om bewoon te word—Ek is die HERE, en daar is geen ander nie.” (Kyk ook Jesaja 55:10, 11.)

      Sal die aarde groot genoeg wees vir almal as niemand in God se Nuwe Orde sterf nie?

      Hou in gedagte dat toe God sy voorneme met die aarde bekend gemaak het, hy gesê het: “Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde” (Gen. 1:28). God het die mens die vermoë gegee om voort te plant, en wanneer Sy voorneme in daardie verband vervul is, kan Hy voortplanting op aarde laat ophou.

      Aan watter soort mense sal God die ewige lewe op aarde gee?

      Sef. 2:3: “Soek die HERE, o alle ootmoediges van die land, wat sy ordening onderhou; soek geregtigheid, soek ootmoedigheid—miskien sal julle verborge bly op die dag van die toorn van die HERE.”

      Ps. 37:9, 11: “Die wat die HERE verwag, hulle sal die aarde besit. . . . Die ootmoediges . . . sal die aarde besit en hulle verlustig oor groot vrede.”

  • Aborsie
    Redenering uit die Skrif
    • Aborsie

      Definisie: Aborsie is die uitwerping van ’n embrio of ’n fetus wat gewoonlik nie buite die baarmoeder kan lewe nie. Spontane aborsie of miskraam kan die gevolg van menslike onvolmaaktheid of ’n ongeluk wees. Opsetlik verwekte aborsie bloot om te voorkom dat ’n ongewenste kind gebore word, is voorbedagte moord.

      Hoe moet die Bron van menselewe ons beskouing van hierdie saak raak?

      Hand. 17:28: “In Hom [God] lewe ons, beweeg ons en is ons.”

      Ps. 36:10: “By U [Jehovah God] is die fontein van die lewe.”

      Rom. 14:12: “So sal elkeen van ons dan vir homself aan God rekenskap gee.”

      Beskou Jehovah die lewe van ’n kind as kosbaar selfs gedurende die heel vroeë ontwikkelingstadia na bevrugting?

      Ps. 139:13-16: “Ú [Jehovah] het . . . my in my moeder se skoot geweef. . . . U oë het my ongevormde klomp [“embrio”, NW] gesien; en in u boek is hulle almal opgeskrywe.”

      Het God ooit gesê dat ’n persoon tot verantwoording geroep sou word as hy ’n ongebore kind beseer?

      Ex. 21:22, 23, NW: “As manne met mekaar veg en ’n swanger vrou werklik beseer en haar kinders inderdaad te voorskyn kom, maar daar geen noodlottige ongeval is nie, moet daar sekerlik skadevergoeding van hom geëis word volgens wat die eienaar van die vrou hom mag oplê; en hy moet dit deur die tussenkoms van die regters gee. Maar as daar ’n noodlottige ongeval is, dan moet jy gee siel vir siel.” (Sommige vertalings laat dit lyk asof hierdie wet aan Israel hoofsaaklik gaan om wat met die moeder gebeur, nie met die fetus nie. Maar die Hebreeuse grondteks praat van ’n ongeluk waarin die moeder of die kind omkom.)

      Hoe ernstig is die opsetlike neem van ’n menselewe om ’n rede wat nie deur God gemagtig is nie?

      Gen. 9:6: “Hy wat die bloed van ’n mens vergiet, sy bloed sal deur die mens vergiet word; want God het die mens na sy beeld gemaak.”

      1 Joh. 3:15: “Julle weet dat geen moordenaar die ewige lewe as iets blywends in hom het nie.”

      Ex. 20:13, NAV: “Jy mag nie moord pleeg nie.”

      Is ’n aborsie geregverdig omdat ’n dokter meen dat dit vir die moeder nadelig sal wees as haar swangerskap die volle termyn duur?

      Doktersopinies is soms verkeerd. Sou dit reg wees om iemand om die lewe te bring omdat hy miskien sy medemens sal benadeel? As daar ten tye van die geboorte tussen die lewe van die moeder en dié van die kind gekies moet word, berus die keuse by die betrokke individue. Maar vooruitgang in mediese prosedures in baie lande het hierdie situasie baie seldsaam gemaak.

      As iemand sê—

      ‘Maar ek het die reg om te besluit oor sake wat my eie liggaam raak’

      Jy kan antwoord: ‘Ek kan begryp hoe u voel. Vandag word ons regte so dikwels deur ander vertrap; baie gee glad nie om wat met ander gebeur nie. Maar die Bybel voorsien riglyne wat ons kan beskerm. Om die voordele te ontvang, moet ons egter ook die verantwoordelikhede aanvaar.’ Dan kan jy byvoeg: (1) ‘Baie moeders word verstoot deur die manne wat hulle kinders verwek het. Maar in ’n huis waar die man sowel as die vrou volgens Bybelstandaarde lewe, sal die man werklik sy vrou en kinders liefhê en lojaal by hulle bly en vir hulle sorg (1 Tim. 5:8; Ef. 5:28-31).’ (2) ‘As ons egter self daardie soort liefde en eerbied wil ontvang, moet ons ook Bybelstandaarde in ons gesindheid teenoor die lede van ons gesin toepas. Hoe sê die Bybel moet ons die kinders beskou waaraan ons die lewe skenk? (Ps. 127:3; vergelyk Jesaja 49:15.)’

  • Adam en Eva
    Redenering uit die Skrif
    • Adam en Eva

      Definisie: Adam was die eerste menseskepsel. Die Hebreeuse woord ’a·damʹ word tereg ook met “man”, “aardse mens” en “mensdom” vertaal. Eva, die eerste vrou, was Adam se eggenote.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel