Lied 30
“Ywerig in goeie werke”
1. Almal moet vir goeie werke ywer.
Sulke ywer word deur God beloon.
God vereis aanbidding rein en suiwer.
In sy huis sal ons vir ewig woon.
2. Laat ons liefde spreek van groot opregtheid,
Wyl ons brand om Christen broers te dien.
Sulke diens verinnig ons gehegtheid.
So sal ons die Nuwe Orde sien.
3. Mag ons ywer blyk uit elke aksie.
Hoop, geloof en liefde speel ’n rol.
Net heelhartigheid bied satisfaksie;
Dis soos vuur in harte liefdevol.
4. Ons verduur veel toetse en verdrukking,
Maar ons liefde laat ons nie verflou.
Hierdie ywer lei tot groot ver rukking.
Laat ons werk om Gods naam hoog te hou.