Lied 126
Verkondig Koninkrykswaarheid
1. Ons is lief vir God se Koninkryk;
Dit sal siekte en die dood laat wyk.
Hierdie nuusmoet almal gou bereik,
Daarom bring geen vyand ons van stryk.
2. Ons getuig gereeld van huis tot huis,
Want die Koninkryk moet ons nou prys.
Gods regering skep ’n paradys
Waarin selfs die dode sal verrys.
3. Hierdie blye tyding kom van God.
Dit vertroos die met ’n droewe lot
En verskaf dissipels groot genot;
Daarom hou ons altyd sy gebod.
4. Aardwyd moet ons mense moedig leer
Dat die Here Jesus reeds regeer.
En as Koning gaan hy veg tot eer
Van sy God,die Soewereine Heer.