Lied 183
Die jeug se plek in God se reëling
1. Daar’s ’n plek vir iedereen in God se reëling.
Hy nooi jonk en oud om sy groot naam te eer.
Die reaksie van die jeug is indrukwekkend,
Daar hul aardwyd goeie nuus aan ander leer.
Hoe nood saaklik is die diens wat hulle lewer!
Hul is voorbereid en netjies en beleef.
In Jehovah God se oëis hul kosbaar
As hul hom aanbid en aan die waar heid kleef.
2. Watter vreugdevolle dag sal spoedig aanbreek
Vir die jonges wat hul God Jehovah prys!
Watter wonderlike toekomswag op hulle—
Ware lewe in ’n aardse pa radys!
Maar intussen word die druk net al hoe groter
Van ’n stelsel wat nie lank meer sal bestaan.
Deur geloof oorwin ons hierdie bose wêreld.
Aan die Konink ryk bly ons lojaal voor taan.
3. Hul kan goeie vriende vind in Gods gemeente.
Waarom sou hul by die wêreld vriendskap soek?
Laat hul besig bly met dit wat ander opbou,
Werke wat beskrywe word in God se Boek.
Hulp moet jonges soek by die wat hulle liefhet,
Open hartig moet hul sêwat hulle kwel.
Maar hul allergrootste Vriend is God,Jehovah;
Wie op hom ver- trou,word nooit teleurgestel.
4. Ons is lede van Jehovah se gemeente,
En sy Seun voorsien wat ons nou nodig het.
In gehoor- saamheid moet ons onsself verloën
Deur op al die raad wat Jesus gee te let.
Moenie toelaat dat die wêreld ons verderf nie.
Laat Jehovah,deur sy Woord,ons hart bewaar.
Laat ons almal,jonk en oud,aan God getrou bly
En so skatte in die hemele vergaar.