Lied 213
Werk in eenheid saam
1. Ons moet almal eensge sind bly,
Onafhanklikheid ook vermy.
Die wat eenheid nimmer versaak,
Sal ware vrede smaak.
Eenheid bring ’n seën mee;
Laat ons daaroor waak.
Al is iemand baie begaaf,
Is hy steeds niks meer as ’n slaaf.
Liefdevol,beskeie,getrou,
Sal ons Gods naam hoog hou.
2. Mense lieg,bedrieg en wil moor.
Haat en twis kom alge-meen voor.
Ons jaag vrede na met ons mag
Omdat ons daarna smag.
Vrede is verkwikkend;
Dit gee nuwe krag.
Soms ontstaan ’n menings-verskil;
Maar ons weet dis glad nieGods wil.
Gou vergewe ons dus mekaar.
Eenheidmoet ons bewaar.
3. Wyl ons daagliks eensge sind werk,
Moet ons eenheid immer versterk.
Dit is aangenaam en so soet,
Maar verg geduld en moed.
Ons sal eenheid koester,
Want dit is so goed.
Vir ons eenheid word ons be loon—
In ons God se tent magons woon.
Hy het ware vrede herstel,
Net soos sy Woord voorspel.