Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Opstanding
    Redenering uit die Skrif
    • uitgaan.” (Die Griekse woord wat in NW met “gedenkgrafte” vertaal word, is nie die meervoud van taʹfos [graf, ’n individuele begraafplek] of haiʹdes [die grafdom, die gemeenskaplike graf van die gestorwe mensdom] nie, maar is die meervoudige datief van mne·meiʹon [herinnering, gedenkgraf]. Dit beklemtoon die bewaring van die gedagtenis aan die oorledene. Dit is nie diegene aan wie alle gedagtenis in Gehenna uitgewis is omdat hulle onvergeeflike sondes gedoen het nie, maar persone wat deur God onthou word wat opgewek sal word met die geleentheid om vir ewig te lewe.—Matt. 10:28; Mark. 3:29; Hebr. 10:26; Mal. 3:16.)

      Hand. 24:15: “[Ek het] ’n hoop op God . . . dat daar ’n opstanding sal wees van die dode, regverdiges sowel as onregverdiges.” (Sowel diegene wat volgens God se regverdige weë gelewe het as mense wat weens onkunde onregverdige dinge gedoen het, sal opgewek word. Die Bybel beantwoord nie al ons vrae of bepaalde individue wat gesterf het, opgewek gaan word nie. Maar ons kan daarvan seker wees dat God, wat al die feite ken, onbevooroordeeld sal optree, met geregtigheid getemper deur barmhartigheid wat nie sy regverdige standaarde ignoreer nie. Vergelyk Genesis 18:25.)

      Openb. 20:13, 14: “Die see het die dode gegee wat daarin was, en die dood en die doderyk [“Hades”, NW] het die dode gegee wat daarin was; en hulle is geoordeel, elkeen volgens sy werke. En die dood en die doderyk [“Hades”, NW] is in die poel van vuur gewerp. Dit is die tweede dood.” (Diegene wie se dood te wyte was aan Adamitiese sonde sal gevolglik opgewek word, hetsy hulle ter see of in Hades, die gemeenskaplike, aardse graf van die gestorwe mensdom, begrawe is.)

      Kyk ook onder “Redding”.

      Waar sal almal woon indien miljarde opgewek gaan word?

      ’n Baie liberale skatting van die aantal mense wat al op die aarde gelewe het, is 20 000 000 000. Soos ons gesien het, sal nie al hierdie persone opgewek word nie. Selfs al neem ons aan dat hulle almal opgewek gaan word, sal daar oorgenoeg plek wees. Die grondoppervlakte van die aarde is tans nagenoeg 147 600 000 vierkante kilometer. Indien die helfte daarvan vir ander doeleindes opsy gesit word, sal daar steeds ongeveer 0,37 hektaar per persoon wees, en dit kan oorgenoeg voedsel oplewer. Dit is nie enige onvermoë van die aarde om genoeg voedsel op te lewer wat die huidige voedseltekorte ten grondslag lê nie, maar eerder politieke wedywer en kommersiële hebsug.

      Kyk ook bladsy 29, onder “Aarde”.

  • Organisasie
    Redenering uit die Skrif
    • Organisasie

      Definisie: ’n Vereniging of genootskap van persone wie se pogings gekoördineer is met ’n bepaalde werk of doel voor oë. Die lede van ’n organisasie is verenig deur administratiewe reëlings en deur standaarde of vereistes. Persone wat gedoopte en toegewyde getuies van Jehovah is, word uit eie keuse, nie deur geboorte of dwang nie, ’n deel van Jehovah se organisasie. Hulle het tot sy aardse organisasie aangetrokke gevoel as gevolg van die leerstellings en gebruike daarvan en omdat hulle ’n aandeel wil hê in die werk wat dit doen.

      Het Jehovah werklik ’n organisasie hier op aarde?

      Om die antwoord op daardie vraag te kry, kan ons die volgende beskou:

      Is God se hemelse skepsele, die engele, georganiseer?

      Dan. 7:9, 10: “Ek het bly kyk totdat trone reggesit is en ’n Oue van dae gaan sit het; sy kleed was wit soos sneeu en die hare van sy hoof soos skoon wol; sy troon was vuurvlamme, die wiele daarvan ’n brandende vuur; ’n stroom van vuur het gevloei en voor Hom uit gegaan; duisend maal duisende het Hom gedien, en tienduisend maal tienduisende het voor Hom gestaan; die gereg het gaan sit, en die boeke is geopen.”

      Ps. 103:20, 21: “Loof die HERE, sy engele, kragtige helde wat sy woord volbring, in gehoorsaamheid aan die stem van sy woord! Loof die HERE, al sy leërskare, sy dienaars wat sy welbehae doen!” (’n “Leërskare” is ’n georganiseerde groep.)

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel