Lied 180
God se boek—’n ware skat
1. Daar is ’n Boek wat deur sy baie blaaie
Die mens met vre de,vreug en hoop bekoor.
Die waarheid daarin is so sterk en kragtig,
Dit laat die ‘dooies’leef en ‘dowes’ hoor.
Die kosbaar’Boek is God se Woord,die Bybel.
Die woorde daarin maak die mensdom vry.
Die skry wers,wat Jehovah God aanbid het,
Is almal deur sy heil’ge gees gelei.
2. Hul het geskryf van God se skeppingswerke;
Deur mag het hy die heelal laat verskyn.
Hul het geskryf van hoe die mens volmaak was;
Maar daardie paradys het toe verdwyn.
Ons lees ook van ’n mooi maar trotse engel
Wat spot met God se soewereiniteit.
Dit lei tot opstand, sonde,pyn en droefheid,
Maar eers-daags heers daar weer geregtigheid.
3. Ons lewe in ’n tyd van seën en vreugde.
Gods Koninkryk regeer deur onse Heer.
In ons dag bied Jehovah ware redding
Aan elkeen wat sy naam daad werklik eer.
In daardie Boekvind ons die blye tyding,
Dit gee ons krag en moed om voort te gaan.
Dit bied ’n lewens hoop bo ons verwagting.
Dit is die beste boekwat daar bestaan.