Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Apostoliese opvolging
    Redenering uit die Skrif
    • die erkenning ook al is, kan ons nie in die belang van ’n valse lering of oneerlike trou die geskiedkundige feit ontken of ignoreer dat Biskoppe deurgaans al die oorloë ondersteun het wat deur die regering van hulle land gevoer is nie. Ek weet inderdaad nie van ’n enkele geval waar die hiërargie van ’n land enige oorlog as onregverdig veroordeel het nie . . . Wat die amptelike teorie ook al was, ‘my land is altyd reg’ was die beginsel wat Katolieke Biskoppe tydens oorlog in die praktyk gevolg het.”—Morals and Missiles (Londen, 1959), geredigeer deur Charles S. Thompson, bl. 57, 58.

      Matt. 26:52: “Toe sê Jesus vir hom: Sit jou swaard in sy plek terug; want almal wat die swaard neem, sal deur die swaard vergaan.”

      1 Joh. 3:10-12, NAV: “Hiéraan is dit duidelik wie kinders van God en wie kinders van die duiwel is: iemand wat nie . . . sy broer liefhet nie, behoort nie aan God nie. . . . Ons moet mekaar liefhê. Moenie soos Kain wees nie. Hy het aan die Bose behoort en het sy broer vermoor.”

      Het diegene wat daarop aanspraak maak dat hulle die opvolgers van die apostels is, in die lig van die voorgaande, werklik geleer en gedoen wat Christus en sy apostels geleer en gedoen het?

  • Armageddon
    Redenering uit die Skrif
    • Armageddon

      Definisie: Die Griekse Har Ma·ge·donʹ, wat aan Hebreeus ontleen is en deur baie vertalers met “Armageddon” weergegee word, beteken “Berg van Megiddo”, of “Berg van troepemagte”. Die Bybel assosieer die naam nie met ’n kernslagting nie, maar met die komende universele “oorlog van daardie groot dag van die almagtige God” (Openb. 16:14, 16). Hierdie naam word spesifiek toegepas op “die plek [Grieks, toʹpon; dit wil sê, toestand of situasie]” waarheen die aarde se politieke heersers versamel word as teenstanders van Jehovah en sy Koninkryk in die hande van Jesus Christus. Sulke teenstand sal getoon word deur wêreldwye optrede teen Jehovah se knegte op aarde, die sigbare verteenwoordigers van God se Koninkryk.

      Sal God toelaat dat mense die aarde verderf deur wat sommige ’n “termonukleêre Armageddon” noem?

      Ps. 96:10: “Die HERE is Koning! Ook staan die wêreld [Hebreeus, te·velʹ; die aarde, as vrugbaar en bewoon, die bewoonbare aardbol] vas, sodat dit nie wankel nie.”

      Ps. 37:29: “Die regverdiges sal die aarde besit en vir ewig daarop woon.”

      Openb. 11:18: “Die nasies was vertoornd, en u [Jehovah se] toorn het gekom en die tyd . . . om die verderwers van die aarde te verderf.”

      Wat is Armageddon volgens die Bybel?

      Openb. 16:14, 16: “Dit is geeste van duiwels wat tekens doen, wat uitgaan na die konings van die aarde en die hele wêreld, om hulle te versamel vir die oorlog van daardie groot dag van die almagtige God. . . . En hulle het hul versamel op die plek wat in Hebreeus genoem word Armageddon [Har–Magedon].”

      Sal Armageddon slegs in die Midde-Ooste gevoer word?

      Heersers en leërs van alle nasies sal teen God versamel word

      Openb. 16:14: “Dit is geeste . . . wat uitgaan na die konings van die aarde en die hele wêreld, om hulle te versamel vir die oorlog van daardie groot dag van die almagtige God.”

      Openb. 19:19: “Ek het die dier [menslike politieke heerskappy in sy geheel] en die konings van die aarde en hulle leërs versameld gesien, om oorlog te voer teen Hom wat op die perd sit, en teen sy leër.”

      Jer. 25:33: “Die wat deur die HERE verslaan is, sal dié dag lê van die een einde van die aarde tot die ander einde van die aarde.”

      Die gebruik van die naam Armageddon (Har–Magedon) kan nie beteken dat die oorlog by ’n letterlike berg Megiddo gevoer sal word nie

      Daar is nie ’n letterlike berg Megiddo nie; slegs ’n heuweltjie 21 meter hoog waar die ruïnes van antieke Megiddo aangetref word.

      Die konings en leërmagte van “die hele wêreld” sal nooit in die letterlike Esdraelon-vlakte onderkant Megiddo inpas nie. Die vlakte is driehoekig, slegs 32 kilometer lank en 29 kilometer breed aan die oostekant.—The Geography of the Bible (New York, 1957), Denis Baly, bl. 148.

      Die naam is gepas vanweë Megiddo se rol in die geskiedenis; die vlakte onderkant Megiddo was die terrein van beslissende oorloë

      Dit is waar Jehovah rigter Barak gehelp het om Sisera, die leërowerste van die Kanaänitiese leër, te verslaan.—Rigt. 5:19, 20; 4:12-24.

      Toetmoses III, farao van Egipte, het gesê: “Die verowering van Megiddo is die verowering van duisend dorpe!”—Ancient Near Eastern Texts Relating to the Old Testament (Princeton, N.J.; 1969), geredigeer deur James Pritchard, bl. 237.

      Die verwysing na Megiddo (wat “Troepemagte” beteken) is gepas, want Armageddon is ’n wêreldsituasie waarby die troepe en ander ondersteuners van die heersers van alle nasies betrokke sal wees.

      Wie of wat sal by Armageddon vernietig word?

      Dan. 2:44: “Die God van die hemel [sal] ’n koninkryk verwek . . . dit sal al daardie koninkryke verbrysel en daar ’n einde aan maak, maar self sal dit vir ewig bestaan.”

      Openb. 19:17, 18: “Ek het een engel sien staan in die son; en hy het met ’n groot stem uitgeroep en vir al die voëls gesê wat in die middel van die lug vlieg: Kom hierheen en versamel julle tot die maaltyd van die grote God, dat julle kan eet die vlees van konings en die vlees van owerstes oor duisend en die vlees van sterkes en die vlees van perde en van die wat daarop sit, en die vlees van almal, vrymense sowel as slawe, klein sowel as groot.”

      1 Joh. 2:16, 17: “Alles wat in die wêreld is—die begeerlikheid van die vlees en die begeerlikheid van die oë en die grootsheid van die lewe—is nie uit die Vader nie, maar is uit die wêreld. En die wêreld gaan verby en sy begeerlikheid, maar hy wat die wil van God doen, bly vir ewig.”

      Openb. 21:8: “Maar wat die vreesagtiges aangaan en die ongelowiges en gruwelikes en moordenaars en hoereerders en towenaars en afgodedienaars en al die leuenaars—hulle deel is in die poel wat brand met vuur en swawel: dit is die tweede dood.”

      Sal dit ewige vernietiging wees?

      Matt. 25:46: “Hulle [wat weier om goed te doen aan Christus se “broeders”] sal weggaan in die ewige straf.”

      2 Thess. 1:8, 9: “Die wat God nie ken nie en . . . die wat aan die evangelie van onse Here Jesus nie gehoorsaam is nie . . . sal as straf ondergaan ’n ewige verderf.”

      Sal daar oorlewendes wees?

      Sef. 2:3: “Soek die HERE, o alle ootmoediges van die land, wat sy ordening onderhou; soek geregtigheid, soek ootmoedigheid—miskien sal julle verborge bly op die dag van die toorn van die HERE.”

      Rom. 10:13: “Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.”

      Ps. 37:34: “Wag op die HERE en hou sy weg, en Hy sal jou verhoog, om die aarde te besit; jy sal met welgevalle neersien op die uitroeiing van die goddelose mense.”

      Joh. 3:16: “God [het] . . . sy eniggebore Seun gegee . . . sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.”

      Openb. 7:9, 10, 14: “Ek [het] gesien, en kyk, daar was ’n groot menigte wat niemand kon tel nie, uit alle nasies en stamme en volke en tale; hulle het gestaan voor die troon en voor die Lam, bekleed met wit klere en met palmtakke in hulle hande; en hulle het met ’n groot stem geroep en gesê: Heil aan onse God wat op die troon sit, en aan die Lam! . . . Dit is hulle wat uit die groot verdrukking kom.”

      Wat sal by Armageddon met jong kinders gebeur?

      Die Bybel beantwoord daardie vraag nie regstreeks nie, en ons is nie die regters nie. Die Bybel toon egter dat God die jong kinders van ware Christene as “heilig” beskou (1 Kor. 7:14). Dit toon ook dat wanneer God die goddeloses in die verlede vernietig het, hy eweneens hulle kindertjies vernietig het (Num. 16:27, 32; Eseg. 9:6). God wil nie hê dat enigiemand vernietig moet word nie, daarom laat hy nou ’n waarskuwing rig tot voordeel van ouers sowel as kinders. Sal dit nie vir ouers verstandig wees om ’n weg te bewandel wat sal meebring dat God hulle kinders nou en by Armageddon met guns bejeën nie?

      Is die vernietiging van die goddeloses ’n skending van God se liefde?

      2 Pet. 3:9: “Die Here . . . is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom.”

      Luk. 18:7, 8: “Sal God dan nie reg doen aan sy uitverkorenes wat dag en nag tot Hom roep nie, al is Hy ook lankmoedig in hulle geval? Ek sê vir julle dat Hy gou aan hulle reg sal doen.”

      2 Thess. 1:6: “Aangesien dit reg is by God om aan die wat julle [sy knegte] verdruk, verdrukking te vergelde.”

      Is dit moontlik om neutraal te wees?

      2 Thess. 1:8: “Hy [sal] wraak uitoefen op die wat God [uit eie keuse] nie ken nie en op die wat aan die evangelie van onse Here Jesus nie gehoorsaam is nie.”

      Matt. 24:37-39, NW: “Net soos die dae van Noag was . . . hulle het geen ag daarop geslaan totdat die vloed gekom en hulle almal weggevee het nie, so sal die teenwoordigheid van die Seun van die mens wees.”

      Matt. 12:30: “Hy wat nie met My is nie, is teen My; en hy wat nie saam met My versamel nie, verstrooi.”

      Vergelyk Deuteronomium 30:19, 20.

      Wie se invloed dryf die nasies na die wêreldsituasie wat op oorlog teen God gaan uitloop?

      Openb. 16:13, 14: “Ek het uit die bek van die draak [Satan die Duiwel; Openb. 12:9] en uit die bek van die dier en uit die mond van die valse profeet drie onreine geeste soos paddas sien kom. Want dit is geeste van duiwels wat tekens doen, wat uitgaan na die konings van die aarde en die hele wêreld, om hulle te versamel vir die oorlog van daardie groot dag van die almagtige God.”

      Vergelyk Lukas 4:5, 6; 1 Johannes 5:19; ook Handelinge 5:38, 39; 2 Kronieke 32:1, 16, 17.

  • Babilon die Grote
    Redenering uit die Skrif
    • Babilon die Grote

      Definisie: Die wêreldryk van valse godsdiens, wat alle gelowe insluit waarvan die leerstellings en gebruike nie strook met die ware aanbidding van Jehovah, die enigste ware God, nie. Na die Vloed van Noag se dag het valse godsdiens sy ontstaan by Babel (later bekend as Babilon) gehad (Gen. 10:8-10; 11:4-9). Mettertyd het Babiloniese godsdiensopvattings en -gebruike na baie lande versprei. Babilon die Grote het dus ’n gepaste naam geword vir valse godsdiens in sy geheel.

      Watter getuienis dui op die identiteit van Babilon die Grote, soos in Openbaring vermeld?

      Dit kon nie die antieke stad Babilon wees nie. Openbaring is aan die einde van die eerste eeu G.J. geskryf en beskryf gebeure tot in ons dag. The Encyclopedia Americana sê: “Die stad [Babilon] is in 539 v.C. deur die Perse onder Kores die Grote verower. Later het Alexander die Grote beplan om Babilon die hoofstad van sy oostelike ryk te maak, maar na sy dood het Babilon geleidelik sy belangrikheid verloor” (1956, Dl. III, bl. 7). Vandag is die stad ’n verlate puinhoop.

      In die simboliek van Openbaring word Babilon die Grote ’n “groot stad”, ’n koninkryk wat oor ander konings heerskappy voer, genoem (Openb. 17:18). Net soos ’n stad sou dit

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel