-
AfvalligheidRedenering uit die Skrif
-
-
die oog wat tweedrag en aanstoot veroorsaak teen die leer wat julle geleer het, en vermy hulle. . . . Hulle verlei deur hul vriendelike en mooi woorde die harte van die eenvoudiges.”
Sal dit ’n mens skaad as jy jou nuuskierigheid oor die denke van afvalliges bevredig?
Spr. 11:9: “Deur die mond stort die roekelose [“afvallige”, NW] sy naaste in die verderf.”
Jes. 32:6: “’n Dwaas spreek dwaasheid en sy hart bring onheil voort, deur goddeloosheid [“afvalligheid”, NW] te bedrywe en dwaling te spreek oor die HERE, deur die begeerte van die hongerige onvervuld te laat en die drank van die dorstige te laat ontbreek.” (Vergelyk Jesaja 65:13, 14.)
Hoe ernstig is afvalligheid?
2 Pet. 2:1: “Valse leraars sal . . . verderflike ketterye heimlik . . . invoer, en ook die Here wat hulle gekoop het, verloën en ’n vinnige verderf oor hulleself bring.”
Job 13:16, NW: “Voor sy [God se] aangesig sal geen afvallige kom nie.”
Hebr. 6:4-6: “Dit is onmoontlik om die wat eenmaal verlig geword het en die hemelse gawe gesmaak en die Heilige Gees deelagtig geword het, en die goeie woord van God gesmaak het en die kragte van die toekomstige wêreld, en afvallig geword het—om dié weer tot bekering te vernuwe, omdat hulle ten opsigte van hulleself die Seun van God weer kruisig en openlik tot skande maak.”
-
-
AntichrisRedenering uit die Skrif
-
-
Antichris
Definisie: Antichris beteken teen of in plaas van Christus. Die uitdrukking is van toepassing op almal wat loën wat die Bybel oor Jesus Christus sê, almal wat teen sy Koninkryk gekant is en almal wat sy volgelinge mishandel. Dit sluit ook individue, organisasies en nasies in wat valslik beweer dat hulle Christus verteenwoordig of wat hulself wederregtelik die rol van Messias toe-eien.
Praat die Bybel van slegs een antichris?
1 Joh. 2:18: “Kinders, dit is die laaste uur; en soos julle gehoor het dat die Antichris kom, bestaan daar ook nou baie antichriste, waaruit ons weet dat dit die laaste uur is.”
2 Joh. 7: “Baie verleiers het in die wêreld ingekom: die wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie. Dit is die verleier en die Antichris.” (Let op dat die “baie antichriste” van 1 Joh. 2:18 hier gesamentlik “die Antichris” genoem word.)
Is die koms van die antichris nog in die toekoms?
1 Joh. 4:3: “Elke gees wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie, is nie uit God nie; en dit is die gees van die Antichris waarvan julle gehoor het dat hy kom, en hy is nou al in die wêreld.” (Dit is teen die einde van die eerste eeu G.J. geskryf.)
1 Joh. 2:18: “Daar [bestaan] ook nou baie antichriste, waaruit ons weet dat dit die laaste uur is.” (Met “laaste uur” het Johannes klaarblyklik die einde van die apostoliese tydperk bedoel. Die ander apostels het gesterf, en Johannes self was baie oud.)
Sommige van die wat as antichriste geïdentifiseer is—
Persone wat loën dat Jesus waarlik die Messias is
1 Joh. 2:22: “Wie is die leuenaar, behalwe hy wat ontken dat Jesus die Christus [of, Messias, gesalfde] is? Dít is die Antichris.”
Almal wat loën dat Jesus die unieke Seun van God is
1 Joh. 2:22: “Dít is die Antichris wat die Vader en die Seun loën.”
Vergelyk Johannes 10:36; Lukas 9:35.
Afvalliges
1 Joh. 2:18, 19: “Daar [bestaan] ook nou baie antichriste . . . Hulle het van ons uitgegaan, maar hulle was nie van ons nie.”
Diegene wat Christus se ware volgelinge teenstaan
Joh. 15:20, 21: “As hulle My vervolg het, sal hulle jul ook vervolg . . . Maar al hierdie dinge sal hulle aan julle doen ter wille van my Naam.”
Individue en nasies wat Christus as Koning teenstaan of wat hulself valslik die Messiaanse rol toe-eien
Ps. 2:2: “Die konings van die aarde staan gereed, en die vorste hou saam raad teen die HERE en teen sy Gesalfde [Christus, of Messias].”
Kyk ook Openbaring 17:3, 12-14; 19:11-21.
Matt. 24:24: “Daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei.”
-
-
Apostoliese opvolgingRedenering uit die Skrif
-
-
Apostoliese opvolging
Definisie: Die leer dat die 12 apostels opvolgers het wat deur goddelike aanstelling gesag ontvang. In die Rooms-Katolieke Kerk word daar gesê dat die biskoppe as ’n groep die opvolgers van die apostels is, en daar word beweer dat die pous die opvolger van Petrus is. Daar word aangevoer dat die Roomse pouse die onmiddellike opvolgers van Petrus is, sy posisie beklee en sy funksies uitvoer. Daar word beweer dat Christus die hoofgesag oor die hele Kerk aan Petrus opgedra het. Nie ’n Bybelleerstelling nie.
Was Petrus die “rots” waarop die kerk gebou is?
Matt. 16:18: “Ek sê ook vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my gemeente bou, en die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie.” (Let op dat die verband [v. 13, 20] toon dat die bespreking oor die identiteit van Jesus handel.)
Wie het die apostels Petrus en Paulus verstaan dat die “rots”, die “hoeksteen”, is?
Hand. 4:8-11: “Daarop sê Petrus, vervul met die Heilige
-