Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Armageddon
    Redenering uit die Skrif
    • Wie se invloed dryf die nasies na die wêreldsituasie wat op oorlog teen God gaan uitloop?

      Openb. 16:13, 14: “Ek het uit die bek van die draak [Satan die Duiwel; Openb. 12:9] en uit die bek van die dier en uit die mond van die valse profeet drie onreine geeste soos paddas sien kom. Want dit is geeste van duiwels wat tekens doen, wat uitgaan na die konings van die aarde en die hele wêreld, om hulle te versamel vir die oorlog van daardie groot dag van die almagtige God.”

      Vergelyk Lukas 4:5, 6; 1 Johannes 5:19; ook Handelinge 5:38, 39; 2 Kronieke 32:1, 16, 17.

  • Babilon die Grote
    Redenering uit die Skrif
    • Babilon die Grote

      Definisie: Die wêreldryk van valse godsdiens, wat alle gelowe insluit waarvan die leerstellings en gebruike nie strook met die ware aanbidding van Jehovah, die enigste ware God, nie. Na die Vloed van Noag se dag het valse godsdiens sy ontstaan by Babel (later bekend as Babilon) gehad (Gen. 10:8-10; 11:4-9). Mettertyd het Babiloniese godsdiensopvattings en -gebruike na baie lande versprei. Babilon die Grote het dus ’n gepaste naam geword vir valse godsdiens in sy geheel.

      Watter getuienis dui op die identiteit van Babilon die Grote, soos in Openbaring vermeld?

      Dit kon nie die antieke stad Babilon wees nie. Openbaring is aan die einde van die eerste eeu G.J. geskryf en beskryf gebeure tot in ons dag. The Encyclopedia Americana sê: “Die stad [Babilon] is in 539 v.C. deur die Perse onder Kores die Grote verower. Later het Alexander die Grote beplan om Babilon die hoofstad van sy oostelike ryk te maak, maar na sy dood het Babilon geleidelik sy belangrikheid verloor” (1956, Dl. III, bl. 7). Vandag is die stad ’n verlate puinhoop.

      In die simboliek van Openbaring word Babilon die Grote ’n “groot stad”, ’n koninkryk wat oor ander konings heerskappy voer, genoem (Openb. 17:18). Net soos ’n stad sou dit baie organisasies omvat; en net soos ’n koninkryk wat ander konings in sy domein insluit, sou dit internasionaal wees. Daar word gesê dat dit omgang het met politieke heersers en baie bydra tot die rykdom van die handelslui, terwyl dit self ’n derde element is wat “’n woonplek van duiwels” en ’n vervolger van “profete en heiliges” is.—Openbaring 18:2, 9-17, 24.

      Eertydse Babilon was veral bekend vir sy godsdiens en sy trotsering van Jehovah

      Gen. 10:8-10, NW: “Nimrod . . . was ’n geweldige jagter in verset teen Jehovah. . . . En die begin van sy koninkryk was Babel [later bekend as Babilon].”

      Dan. 5:22, 23: “Maar u, Belsasar [die koning van Babilon], . . . het u verhef teen die Here van die hemel . . . en u het die gode van silwer en goud, koper, yster, hout en klip geprys, wat nie sien en nie hoor en nie weet nie, maar die God in wie se hand u asem en voor wie al u paaie is, Hom het u nie vereer nie.”

      ’n Antieke spykerskrif-inskripsie lui: “In Babilon is daar altesaam 53 tempels van die vernaamste gode, 55 kapelle van Mardoek, 300 kapelle vir die aardse gode, 600 vir die hemelse gode, 180 altare vir die godin Isjtar, 180 vir die gode Nergal en Adad en 12 ander altare vir verskillende gode.”—Aangehaal in The Bible as History (New York, 1964), W. Keller, bl. 301.

      The Encyclopedia Americana sê: “Die Sumeriese beskawing [wat ’n deel van Babilonië was] is deur priesters oorheers; aan die hoof van die staat was die lugal (letterlik ‘groot man’), die verteenwoordiger van die gode.”—(1977), Dl. 3, bl. 9.

      Die Babilon die Grote waarvan Openbaring praat, is dus redelikerwys godsdienstig. Omdat dit soos ’n stad en ’n ryk is, is dit nie tot een godsdiensgroep beperk nie, maar sluit dit alle gelowe in wat teen Jehovah, die ware God, gekant is.

      Eertydse Babiloniese godsdiensbegrippe en -gebruike word in gelowe oor die hele wêreld aangetref

      “Egipte, Persië en Griekeland is deur die Babiloniese godsdiens beïnvloed . . . Die sterk bymengsel van Semitiese elemente in die vroeë Griekse mitologie sowel as in Griekse kultusse word nou so algemeen deur geleerdes erken dat dit geen verdere kommentaar verg nie. Die meeste van hierdie Semitiese elemente is meer bepaald Babilonies.”—The Religion of Babylonia and Assyria (Boston, 1898), M. Jastrow jr., bl. 699, 700.

      Hulle gode: Daar was triades van gode, en onder hulle gode was daar dié wat verskeie natuurkragte verteenwoordig het en sommige wat besondere invloed op sekere bedrywighede van die mensdom uitgeoefen het (Babylonian and Assyrian Religion, Norman, Okla.; 1963, S. H. Hooke, bl. 14-40). “Plato se drie-eenheid, op sigself slegs ’n herskikking van ouer drie-eenhede wat uit die dae van vroeëre volke dateer, blyk die rasionele filosofiese drie-eenheid van hoedanighede te wees wat gelei het tot die drie hipostases of goddelike persone wat die Christenkerke leer. . . . Hierdie Griekse filosoof [Plato] se opvatting van die goddelike drie-eenheid . . . kan in al die antieke [heidense] godsdienste gevind word.”—Nouveau Dictionnaire Universel (Parys, 1865-1870), geredigeer deur M. Lachâtre, Dl. 2, bl. 1467.

      Die gebruik van beelde: “[In Mesopotamiese godsdiens] het die beeld ’n kardinale rol in die kultus sowel as in privaat aanbidding gespeel, soos die algemene verspreiding van goedkoop replikas van sulke beelde toon. In wese is daar gemeen dat die godheid in sy beeld aanwesig was as dit sekere spesifieke gelaatstrekke en toebehoorsels gehad het en op die gepaste manier versorg is.”—Ancient Mesopotamia—Portrait of a Dead Civilization (Chicago, 1964), A. L. Oppenheim, bl. 184.

      Opvatting oor die dood: “Nòg die volk nòg die leiers van godsdiensdenke [in Babilon] het ooit die moontlikheid van die algehele uitwissing van dit wat eenmaal in aansyn geroep is onder die oë gesien. Die dood was ’n deur tot ’n ander soort lewe.”—The Religion of Babylonia and Assyria, bl. 556.

      Die posisie van die priesterdom: “Die onderskeid tussen priester en leek is kenmerkend van hierdie [Babiloniese] godsdiens.”—Encyclopædia Britannica (1948), Dl. 2, bl. 861.

      Die beoefening van astrologie, waarsêery en towery: Geskiedskrywer A. H. Sayce skryf: “[In] die godsdiens van antieke Babilonië . . . het elke voorwerp en natuurkrag glo sy zi of gees gehad wat deur die magiese beswerings van die Sjaman, of towerpriester, beheer kon word” (The History of Nations, New York, 1928, Dl. 1, bl. 96). “Die Chaldeërs [Babiloniërs] het groot vooruitgang gemaak in die studie van die astronomie ten einde die toekoms in die sterre te ontdek. Ons noem hierdie kuns ‘astrologie’.”—The Dawn of Civilization and Life in the Ancient East (Chicago, 1938), R. M. Engberg, bl. 230.

      Babilon die Grote is soos ’n onsedelike hoer wat in skaamtelose weelde leef

      Openbaring 17:1-5 sê: “Kom hierheen, ek sal jou toon die oordeel van die groot hoer wat op die baie waters [volke] sit, met wie die konings [politieke heersers] van die aarde gehoereer het, en die bewoners van die aarde het dronk geword van die wyn van haar hoerery. . . . En op haar voorhoof was ’n naam geskrywe: Verborgenheid, die groot Babilon [“Babilon die Grote”, NW], die moeder van die hoere en van die gruwels van die aarde.” Openbaring 18:7 voeg by dat “sy haarself verheerlik het en weelderig geleef het”.

      Is dit nie ’n feit dat die vernaamste godsdiensorganisasies ’n gebruik daarvan maak om ter wille van mag en materiële gewin met politieke heersers te heul nie, hoewel dit vir die gewone mense lyding meebring? En is dit nie ook ’n feit dat hulle hooggeplaaste geestelikes in weelde leef terwyl baie van die mense in wie se geestelike behoeftes hulle moet voorsien brandarm is nie?

      Waarom kan gelowe wat bely dat hulle Christelik is tereg as ’n deel van Babilon die Grote beskou word, saam met die wat niks van die God van die Bybel af weet nie?

      Jak. 4:4: “Egbrekers en egbreeksters, weet julle nie dat die vriendskap van die wêreld vyandskap teen God is nie? Wie dan ’n vriend van die wêreld wil wees, word ’n vyand van God.” (Hoewel hulle weet wat die Bybel oor God sê, maak hulle hulle dus sy vyande as hulle die vriendskap van die wêreld kies deur wêreldse weë na te volg.)

      2 Kor. 4:4; 11:14, 15: “Naamlik die ongelowiges in wie die god van hierdie wêreld die sinne verblind het, sodat die verligting van die evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is, op hulle nie sou skyn nie.” “Die Satan self verander hom in ’n engel van die lig. Dit is dus niks besonders wanneer sy dienaars hulle ook voordoen as dienaars van geregtigheid nie. Maar hulle einde sal wees volgens hulle werke.” (Jehovah se aartsteenstander, Satan die Duiwel self, word dus in werklikheid vereer deur almal wat nie die ware God aanbid op die wyse wat Hy voorskryf nie, al beweer hulle dat hulle Christene is. Kyk ook 1 Korinthiërs 10:20.)

      Matt. 7:21-23: “Nie elkeen wat vir My [Jesus Christus] sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is. Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie? En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!”

      Waarom moet mense sonder versuim uit Babilon die Grote uitgaan?

      Openb. 18:4: “Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie.”

      Openb. 18:21: “Een sterk engel het ’n klip opgetel soos ’n groot meulsteen en dit in die see gegooi en gesê: So, met ’n vaart, sal Babilon, die groot stad, neergegooi word en nooit meer gevind word nie.”

      Luk. 21:36: “Waak dan en bid altyddeur, sodat julle waardig geag mag word om al hierdie dinge wat kom, te ontvlug en voor die Seun van die mens te staan.”

      Wat gaan met mense gebeur wat Bybelwaarheid nie geken het nie maar wat in die verlede as ’n deel van Babilon die Grote geleef en gesterf het?

      Hand. 17:30: “God het dan die tye van onkunde oorgesien en verkondig nou aan al die mense oral dat hulle hul moet bekeer.”

      Hand. 24:15: “Daar [sal] ’n opstanding . . . wees van die dode, regverdiges sowel as onregverdiges.” (God sal besluit watter “onregverdiges” opgewek gaan word.)

      Job 34:12: “Ja waarlik, God handel nie onregverdig nie, en die Almagtige verdraai nie die reg nie.”

  • Beelde
    Redenering uit die Skrif
    • Beelde

      Definisie: Gewoonlik sigbare voorstellings van persone of dinge. ’n Beeld wat aanbid word, is ’n afgod. Diegene wat dade van aanbidding voor beelde verrig, sê dikwels dat hulle aanbidding in werklikheid gerig is tot die gees wat deur die beeld voorgestel word. Sodanige gebruik van beelde is algemeen in talle nie-Christelike gelowe. Aangaande die Rooms-Katolieke gebruik sê die New Catholic Encyclopedia (1967, Dl. VII, bl. 372): “Aangesien die aanbidding van ’n beeld die persoon wat daardeur voorgestel word, bereik en by hom eindig, kan dieselfde soort aanbidding wat die persoon toekom, gegee word aan die beeld wat die persoon voorstel.” Nie ’n Bybelleerstelling nie.

      Wat sê God se Woord oor die maak van beelde wat as voorwerpe van aanbidding gebruik word?

      Ex. 20:4, 5: “Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie. Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie [“om dit te vereer of te aanbid nie”, LB]; want Ek, die HERE jou God, is ’n jaloerse God.” (Let op dat hulle verbied is om beelde te maak en daarvoor neer te buig.)

      Lev. 26:1: “Julle mag vir julle geen afgode maak nie; en ’n gesnede beeld of ’n klippilaar [“heilige pilaar”, NW] mag julle vir julle nie oprig nie en ’n steen met beeldhouwerk in julle land nie opstel om julle daarby neer te buig nie; want Ek is die HERE julle God.” (Hulle moes nooit ’n beeld oprig waarvoor mense in aanbidding kon neerbuig nie.)

      2 Kor. 6:16, NAV: “Hoe kan ’n ooreenkoms tot stand kom tussen die tempel van God en afgode? Ons is immers die tempel van die lewende God.”

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel