Lied 79
Die skepping openbaar Jehovah se heerlikheid
(Psalm 19)
1. Jehovah God,hoe groot u majesteit!
Die hemelleër vertel u heerlikheid.
Daar is geen spraak;onhoorbaar is hul stem,
Tog leer ons so u daagliks beter ken.
Daar is geen spraak;onhoorbaar is hul stem,
Tog leer ons so u daagliks beter ken.
2. Die son en maan en sterre is u werk.
En aan die see stel u ’n vaste perk.
Ons staan verstom oor u aktiwiteit
En wil u loof weens u voortreflikheid.
Ons staan verstom oor u akti witeit
En wil u loof weens u voortreflikheid.
3. U vrees is rein,u wet volmaak en reg.
U rein gebod bewaar ons op ons weg.
Dit maak ons wys,is beter as fyn goud.
Mag ons dit hou,want dit is ons behoud.
Dit maak ons wys,is beter as fyngoud.
Mag ons dit hou,want dit is ons behoud.