Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Dood
    Redenering uit die Skrif
    • verband met u kinders toepas. U waarsku hulle teen dinge wat die dood tot gevolg kan hê. Jehovah doen vandag dieselfde vir die hele mensdom.’ (3) ‘Jehovah weet wat die toekoms inhou. Deur middel van die Bybel deel hy ons mee hoe ons ’n veel langer lewe kan geniet as die mense wat ignoreer wat hy sê (Joh. 17:3; Spr. 12:28).’ (Kyk ook onder “Noodlot”.)

  • Doop
    Redenering uit die Skrif
    • Doop

      Definisie: Die woord “doop” vertaal die Griekse woord ba·ptiʹzein, wat beteken “indompel, onderdompel” (A Greek-English Lexicon, deur Liddell en Scott). Christelike waterdoop is ’n uiterlike simbool dat die dopeling hom volkome, onvoorwaardelik en sonder voorbehoud deur Jesus Christus toegewy het om die wil van Jehovah God te doen. Die Skrif praat onder meer ook van die doop van Johannes, doop met die heilige gees en doop met vuur.

      Huiwer mense wat werklik God se Woord glo om hulle te laat doop?

      Matt. 28:19: “Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.”

      Hand. 2:41: “Die wat toe sy woord met blydskap aangeneem het, is gedoop.”

      Hand. 8:12: “Toe hulle Filippus geglo het, wat die evangelie aangaande die koninkryk van God en die Naam van Jesus Christus verkondig het, is hulle gedoop, manne sowel as vroue.”

      Hand. 8:36-38: “Terwyl hulle voortreis op die pad, kom hulle by water; en die [Ethiopiese] hofdienaar sê vir hom: Daar is water; wat verhinder my om gedoop te word? . . . En hy het beveel dat die wa moes stilhou; en . . . Filippus . . . het hom gedoop.”

      Christelike waterdoop—deur besprinkeling of algehele onderdompeling?

      Mark. 1:9, 10: “Jesus . . . is deur Johannes in die Jordaan [rivier] gedoop [“ondergedompel”, ED, Ro]. En dadelik toe Hy opklim uit die water, sien Hy die hemele skeur.”

      Hand. 8:38: “Hulle het altwee in die water afgeklim, Filippus en die hofdienaar; en hy het hom gedoop [“ondergedompel”, ED, Ro].”

      Het die eerste-eeuse Christene babas gedoop?

      Matt. 28:19: “Gaan dan heen, maak dissipels . . . en doop hulle.”

      Hand. 8:12: “Toe hulle Filippus geglo het, . . . is hulle gedoop, manne sowel as vroue.”

      Maar later het Origenes (185-254 G.J.) geskryf: “Dit is die gebruik van die kerk om selfs babas te doop” (Selections From the Commentaries and Homilies of Origen, Madras, Indië; 1929, bl. 211). Die gebruik is deur die Derde Konsilie van Carthago (253 G.J.) bekragtig.

      Godsdiensgeskiedskrywer Augustus Neander het geskryf: “Geloof en doop is altyd met mekaar verbind; en daarom is dit hoogs waarskynlik . . . dat die gebruik om kinders te doop in hierdie tydperk [in die eerste eeu] onbekend was. . . . Die feit dat dit eers in die loop van die derde eeu as ’n apostoliese tradisie erken is, is eerder bewys teen as vir die erkenning van die apostoliese oorsprong daarvan.”—History of the Planting and Training of the Christian Church by the Apostles (New York, 1864), bl. 162.

      Het Christelike waterdoop vergifnis van sondes tot gevolg?

      1 Joh. 1:7: “Die bloed van Jesus Christus, sy Seun, reinig ons van alle sonde.” (Dit is dus nie die doopwater nie, maar die bloed van Jesus wat ons van sonde reinig.)

      Matt. 3:11: “Ek [Johannes die Doper] doop julle wel met water tot bekering; maar Hy [Jesus Christus] wat ná my kom, is sterker as ek, wie se skoene ek nie waardig is om aan te dra nie.” (Vers 5 en 6, asook Handelinge 13:24, toon dat Johannes se doop nie vir alle mense bedoel was nie, maar vir die Jode alleen. Waarom? Vanweë die Jode se sondes teen die Wetsverbond en om hulle vir Christus voor te berei.)

      Hand. 2:38: “Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes.” (Het die doop self vir hulle vergifnis meegebring? Dink ’n bietjie: Hierdie woorde was gerig tot Jode wat aandadig was aan die dood van Christus. [Kyk vers 22, 23.] Hulle doop sou bewys van iets lewer. Waarvan? Dat hulle nou in Jesus geglo het as die Messias, die Christus. Slegs deur dit te doen kon hulle sondes vergewe word [Hand. 4:12; 5:30, 31].)

      Hand. 22:16, NW: “Staan op, word gedoop en was jou sondes af deurdat jy sy naam aanroep.” (Ook Handelinge 10:43)

      Wie word met die heilige gees gedoop?

      1 Kor. 1:2; 12:13, 27: “Aan die geheiligdes in Christus Jesus, die geroepe heiliges, . . . Want ons is almal ook deur een Gees gedoop tot een liggaam, of ons Jode of Grieke is, slawe of vrymanne; en ons is almal van een Gees deurdronge. . . . julle is die liggaam van Christus.” (Soos Daniël 7:13, 14, 27 toon, het sulke “heiliges” saam met die Seun van die mens, Jesus Christus, deel aan die Koninkryk.)

      Joh. 3:5: “As iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie.” (’n Persoon word ‘uit gees gebore’ wanneer hy met daardie gees gedoop word. Lukas 12:32 toon dat slegs ’n “klein kuddetjie” daardie voorreg geniet. Kyk ook Openbaring 14:1-3.)

      Spreek almal wat met die heilige gees gedoop word in tale of het hulle die gawe om te genees?

      1 Kor. 12:13, 29, 30, NAV: “Ons [is] almal met die een Gees gedoop . . . Is almal miskien apostels? . . . Kan almal miskien wonders doen? Het almal die genadegawes om mense gesond te maak? Of gebruik almal miskien ongewone tale . . . ?”

      Kyk ook “Genesing” en “Talespraak”.

      ‘Doop vir die dode’—Wat beteken dit?

      1 Kor. 15:29: “Anders, wat sal hulle doen wat hulle vir die dode laat doop, as die dode geheel en al nie opgewek word nie? Waarom laat hulle hul nog vir die dode doop?”

      Die Griekse voorsetsel hi·perʹ, wat hier met “vir” vertaal word, beteken ook “oor”, “ten behoewe van”, “in plaas van”, “ten einde”, ens. (A Greek-English Lexicon, deur Liddell en Scott). Wat beteken dit in hierdie teks? Het Paulus te kenne gegee dat lewende persone gedoop moet word ten behoewe van diegene wat ongedoop gesterf het?

      Die enigste ander tekste wat die dood regstreeks in verband met doop meld, het betrekking op ’n doop wat die individu self ondergaan, nie ’n doop ten behoewe van ’n ander persoon, ’n oorledene, nie

      Rom. 6:3: “Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie?” (Ook Markus 10:38, 39)

      Kol. 2:12: “Omdat julle [die lewende lede van die gemeente in Kolosse] saam met Hom begrawe is in die doop, waarin julle ook saam opgewek is deur die geloof in die werking van God wat Hom uit die dode opgewek het.”

      Die wyse waarop die teks in die “New World Translation” weergegee word, is grammaties korrek en strook met hierdie ander Bybeltekste

      1 Kor. 15:29, NW: “Anders, wat sal hulle doen wat hulle laat doop met die doel om dooies te wees? Indien die dode geheel en al nie opgewek word nie, waarom word hulle ook gedoop met die doel om sodaniges te wees?” (Hulle word met ander woorde gedoop, of gedompel, in ’n lewensweg wat sal lei tot ’n dood van onkreukbaarheid soos dié van Christus en dan ’n opstanding tot geeslewe soos hy ontvang het.)

      Wat is die gevolg van die doop met vuur?

      Luk. 3:16, 17: “Hy [Jesus Christus] sal julle doop met . . . vuur. Sy skop is in sy hand, en Hy sal sy dorsvloer deur en deur skoonmaak en . . . die kaf met onuitbluslike vuur verbrand.” (Dit sal vir ewig vernietig word.)

      Matt. 13:49, 50: “So sal dit wees in die voleinding van die wêreld: die engele sal uitgaan en die slegte mense onder die regverdiges uit afskei en hulle in die vuuroond gooi.”

      Luk. 17:29, 30: “Op die dag toe Lot van Sodom uitgaan, het vuur en swawel van die hemel af gereën en almal vernietig. Net so sal dit wees in die dag wanneer die Seun van die mens geopenbaar word.”

      Nie dieselfde as die doop met die heilige gees nie; laasgenoemde was vir dissipels

      Hand. 1:5: “Johannes het wel met water gedoop, maar julle [Jesus se getroue apostels] sal met die Heilige Gees gedoop word nie lank ná hierdie dae nie.”

      Hand. 2:2-4: “Daar kom skielik uit die hemel ’n geluid soos van ’n geweldige rukwind, en dit het die hele huis gevul waar hulle gesit het. Toe is deur hulle tonge gesien soos van vuur, wat hulleself verdeel en op elkeen van hulle gaan sit [maar hulle is nie daardeur omhul of gedoop nie]. En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek.”

  • Drie-eenheid
    Redenering uit die Skrif
    • Drie-eenheid

      Definisie: Die sentrale leer van die kerke van die Christendom. Volgens die Athanasiaanse Geloofsbelydenis is daar drie goddelike Persone (die Vader, die Seun, die Heilige Gees), waarvan elkeen na bewering ewig en almagtig is, geeneen groter of minder as die ander is nie, elkeen na bewering God is, terwyl hulle saam tog net een God uitmaak. Ander uiteensettings van die dogma beklemtoon dat hierdie drie “Persone” nie aparte en onderskeie individue is nie, maar drie modusse waarin die goddelike wese bestaan. So beklemtoon sommige Trinitariërs hulle geloof dat Jesus Christus God is, of dat Jesus en die Heilige Gees Jehovah is. Nie ’n Bybelleerstelling nie.

      Wat is die oorsprong van die Drie-eenheidsleer?

      The New Encyclopædia Britannica sê: “Nòg die woord Drie-eenheid nòg die uitdruklike leerstelling kom in die

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel