Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w89 12/1 bl. 31
  • Vrae van lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vrae van lesers
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
  • Soortgelyke materiaal
  • Vraebus
    Ons Koninkryksbediening—1992
  • Help ander om God te aanbid
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
  • Bedienaars van die goeie nuus
    Georganiseer om Jehovah se wil te doen
  • Lei nuwelinge op om verkondigers te wees
    Ons Koninkryksbediening—1985
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
w89 12/1 bl. 31

Vrae van lesers

◼ Mag ’n Bybelstudent, met die oog op die nuwe inligting oor ongedooptes wat aan die openbare bediening begin deelneem, genooi word om ’n ruk lank saam te kom om te sien hoe die werk gedoen word?

Ongedoopte persone wat Jehovah se Getuies in die veldbediening vergesel, is eintlik persone wat voldoen aan die vereistes vir verkondigers van die goeie nuus.

Baie lede van die publiek respekteer Jehovah se Getuies vir hulle unieke en goeie werk om van huis tot huis en deur tuisbybelstudies ‘dissipels te maak en hulle te leer’ (Mattheüs 28:19). Tot watter slotsom sal die publiek dan kom oor iemand wat ’n Getuie in hierdie bediening vergesel? Hulle sal die redelike gevolgtrekking maak dat die metgesel ook ’n bedienaar of baie na daaraan is.

Ons kan wel aan ’n paar uitsonderings dink.

By seldsame geleenthede het geskikte ouere manne ’n verslaggewer, universiteitsprofessor of dergelike persone toegelaat om ’n Getuie in die huis-tot-huisbediening te vergesel sodat hy kan sien hoe dit gedoen word. Die persoon se voorkoms en optrede op sodanige geleenthede moet natuurlik met ons standaarde strook. En die Getuie sal waarskynlik vir huisbewoners sê dat die metgesel ’n verslaggewer of ’n professor is wat belangstel om te sien hoe ons ons belangrike Bybelwerk doen.

Christenouers neem ook hulle kinders saam met hulle in die bediening selfs al is hulle te jonk of andersins nog nie gereed om ongedoopte verkondigers te word nie. Hierdie ouers laat hulle kinders dus nie sonder toesig nie. Die feit dat die ouers hulle kinders saamneem wanneer hulle velddiens doen, stel hulle in staat om met hulle kinders oor God se Woord en weë te praat as hulle “op pad is” (Deuteronomium 6:4-7). Maar dit is ’n aspek van Christelike gesinslewe, nie ’n saak van ’n Getuie wat ’n ander persoon bloot as ’n toeskouer saambring nie. Sulke ouerlike opleiding berei die kinders voor vir die tyd wanneer hulle Jehovah as verkondigers sal loof.—Mattheüs 21:15, 16; vergelyk Georganiseer om ons bediening te vervul, bladsye 99, 100.

Maar wat van iemand met wie ’n Getuie ’n Bybelstudie hou, iemand wat besig is om ’n dissipel te word? Hy het goeie rede om familielede, werkmaats, bure en ander oor “die groot dade van God” te vertel waarvan hy uit die Skrif geleer het (Handelinge 2:11). Daar sal hopelik ’n tyd kom wanneer hy besef dat dit nodig is om saam met Jehovah se Getuies aan georganiseerde reëlings deel te neem om ‘die woord van God te verkondig’.—Handelinge 13:5.

Die Wagtoring het onlangs gepaste stappe geskets wat gevolg moet word voor ’n student saam met plaaslike Getuies aan die bediening kan begin deelneem nadat hy ’n ongedoopte verkondiger geword het. Dit is net logies dat hy ’n basiese kennis van die Bybel moet hê, God se sedelike standaarde moet verstaan en dienooreenkomstig moet leef en dat hy self saam met Jehovah se Getuies aan die openbare bediening wil deelneem. Twee gemeentelike ouere manne kan dus sodanige punte op ’n nuttige en aanmoedigende wyse met hom en die Getuie wat die Bybel saam met hom bestudeer, bespreek.a Dit moet gedoen word voor die Bybelstudent genooi word om die verkondiger in die veldbediening te vergesel, sodat hy progressief opgelei kan word.

Dit is te begrype dat ’n student wat aan die vereistes voldoen om in die velddiens uit te gaan en dit begin doen, ’n paar maal saam met die verkondiger sal wil gaan om te leer hoe die predikingswerk eintlik gedoen word. Die bedienaar saam met hom kan hom geleidelik begin oplei, soos deur hom te vra om te help deur tekste te lees, en hom dan mettertyd die leiding laat neem om vir ’n huisbewoner te getuig. Hy kan dus sy eerste velddiensrapport ingee wanneer hy ’n daadwerklike aandeel in die velddiens gehad het. Die feit dat hy geleidelik meer doen in die werk is in ooreenstemming met Jesus se woorde: “’n Leerling is nie bo sy meester nie; maar elkeen wat volleerd is, sal soos sy meester wees.”—Lukas 6:40.

[Voetnoot]

a Sien Die Wagtoring van 15 November 1988, bladsy 17, vir besonderhede.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel