Lied 111
Die lig word helderder
1. Helderder lig oorstraal ons hier benede;
Dit gee ons ware vrede ondanks wêreldnood.
Waarheid van God geniet sy volk oorvloedig;
Dit maak ons nou voorspoedig ondanks hongersnood.
Babilon verloor haar mense;
Ons vervul nie meer haar wense.
Waarheid floreer,
Want Jesus regeer.
Lig gaan nou op vir ons net soos met dagbreek.
Vir die wat nou uit valse gods-diens vlug, is daar lig,
Steeds helderder lig.
2. Lig op ons weg het deugde opgelewer.
Jehovah is die Gewer van die helder lig.
Ware begrip kry ons van onse Vader
As ons met broers vergader en ons naaste stig.
Soms,weens onvolmaakte harte,
Wyk ons af en maai ons smarte.
Waarheid verfyn
En spaar ons veel pyn.
Ons wyse God gee lig om ons onthalwe.
Jehovah God se Woord is soos ’n lig wat ons rig,
’n Lig wat ons rig.
3. Lig uit Gods Woord genees ons geesteskwale.
Dis soos die helder strale van die middagson.
God is die Bron van alle lig en lewe.
Laat ons na waarheid strewe uit dieselfde Bron.
Moenie twyfel of benoud word,
Moenie kritiseer of koud word.
Bly op die weg
Van waarheid en reg.
Lig het gekom en sal gedurig toeneem.
Al God se knegte juig en dra veel vrug in die lig;
Veel vrug in die lig.