Lied 164
Kinders—kosbare gawes van God
1. God gee kinders as ’n erfenis,
Dus moet ouers hul oplei en tug.
Soos die pyle in ’n held se hand
Moet ons hul na die teiken toe rig.
Hulle kom van God
En verskaf genot.
Met die roede sal ons hulle red.
Maak hul tug steeds ’n saak van gebed.
2. Dit verg insig om die jeug te peil,
Maar met liefde kan ons daarin slaag.
En as hul die Skrif van kleins af ken,
Sal hul voortgaan om God te behaag.
Ons moetvroeg begin.
Skerp die waarheid in.
Op Jehovah moet ons ons verlaat.
In sy Woordvind ons leiding en raad.
3. As ons daagliks hul vertroue wen,
Sal ons kinders nie huiwer of vrees
Om hul harte aan ons uit te stort.
Dan sal ons ook hul vriende kan wees.
Ja,kommunikeer.
Skeltaal maak net seer.
On berispelik moet ons self bly
As ons hul na die lewe wil lei.
4. Ja,ons kinders is ’n erfenis—
Tog behoort hulle eintlik aan God.
Omdat hul ’n groot beloning is,
Leer ons hul onvermoeid Sy gebod.
Ons wil so graag sien
Dat hul God moet dien.
Met sukses sal God ons werk bekroon
Dat ons saam op die aarde kan woon.