Lied 54
Ons moet heilig wees
1. God het beveel dat ons heilig moet lewe
Daar ons gewas is deur Jesus se bloed.
As ’n rein volk met sondes vergewe
Moet ons ons voortaan met God se Woord voed.
2. Ons is gewy as die Heer se besitting,
Sy “ander skape”en “heilige volk”.
God se rein wette is ’n beskutting.
Goeie gedrag word as liefde vertolk.
3. Gaandeweg kry Sy volk al hoe meer klaarheid,
Want God se gees laat die duisternis wyk.
Hy gee gedurig helderder waarheid,
Daarom sal ons nooit weer ‘agtertoe kyk’.
4. Elke geleentheid moet ons nou te baat neem,
Heiliger word en bly wandel in lig,
Gods Woord na mense tuis en op straat neem,
So loof ons Hom en vervul ons ons plig.