-
Valse profeteRedenering uit die Skrif
-
-
dat sulke mense valse profete is? . . . Mag ek vir u wys hoe die Bybel valse profete beskryf? (Gebruik dan een of meer van die gedagtes wat op bladsye 407-410 gemeld word.)’
Of jy kan sê: ‘Ek is seker u sal saamstem dat so ’n ernstige beskuldiging deur spesifieke getuienis gesteun moet word. Het u predikant enige spesifieke voorbeelde gemeld? (Indien die huisbewoner sommige vermeende “voorspellings” meld wat nie bewaarheid is nie, kan jy die materiaal van onderaan bladsy 408 tot boaan bladsy 409, asook die materiaal op bladsye 410, 411 gebruik.)’
’n Ander moontlikheid: ‘Ek is seker dat as iemand u van so iets beskuldig het, u die geleentheid sou verwelkom om ten minste u posisie of standpunt te verduidelik, nie waar nie? . . . Mag ek dus vir u uit die Bybel wys . . . ?’
-
-
VerjaarsdagRedenering uit die Skrif
-
-
Verjaarsdag
Definisie: ’n Mens se geboortedag of die dag waarop dit elke jaar val. In sommige plekke word iemand se geboortedag, veral dié van ’n kind, elke jaar met ’n partytjie en geskenke gevier. Nie ’n Bybelse gebruik nie.
Stel die Bybel se vermelding van verjaarsdagvierings hulle in ’n gunstige lig? Die Bybel meld sulke vierings slegs twee keer:
Gen. 40:20-22: “En op die derde dag, die verjaarsdag van Farao, het hy ’n maaltyd vir al sy dienaars berei . . . hy het die voorman van die skinkers herstel in sy skinkersamp, . . . maar die voorman van die bakkers het hy opgehang.”
Matt. 14:6-10: “By die viering van die verjaarsdag van Herodes het die dogter van Herodias voor hulle gedans en Herodes behaag. Daarom het hy met ’n eed beloof om haar enigiets te gee wat sy sou vra. Toe sê sy, nadat sy deur haar moeder aangehits was: Gee my hier op ’n skottel die hoof van Johannes die Doper. . . . En hy het gestuur en Johannes in die gevangenis onthoof.”
Alles wat in die Bybel is, is met ’n doel daar (2 Tim. 3:16, 17). Jehovah se Getuies let daarop dat God se Woord ongunstige verslae oor verjaarsdagvierings bevat en daarom vermy hulle dit.
Hoe het die vroeë Christene en Jode van Bybeltye verjaarsdagvierings beskou?
“Die gedagte van ’n verjaarsdagfees was ver van die idees van die Christene van hierdie tydperk oor die algemeen.”—The History of the Christian Religion and Church, During the Three First Centuries (New York, 1848), Augustus Neander (in Engels vertaal deur Henry John Rose), bl. 190.
“Die latere Hebreërs het die viering van verjaarsdae as deel van afgodsaanbidding beskou, ’n beskouing wat deeglik bevestig sou word deur wat hulle gesien het van die algemene gebruike wat met hierdie dae gepaard gegaan het.”—The Imperial Bible-Dictionary (Londen, 1874), geredigeer deur Patrick Fairbairn, Dl. I, bl. 225.
Wat is die oorsprong van gebruike wat gewoonlik met verjaarsdagvierings gepaard gaan?
“Die verskillende gebruike waarmee mense vandag hulle verjaarsdae vier, het ’n lang geskiedenis. Hierdie gebruike het in die ryk van die towerkuns en godsdiens ontstaan. In vervloë tye was die doel van gelukwense, geskenke en vierings—kompleet met brandende kerse—om die persoon wat verjaar teen die demone te beskerm en om sy veiligheid vir die komende jaar te verseker. . . . Reg tot die vierde eeu het die Christelike godsdiens die verjaarsdagviering as ’n heidense gebruik verwerp.”—Schwäbische Zeitung (byvoegsel Zeit und Welt), 3/4 April 1981, bl. 4.
“Die Grieke het geglo dat almal ’n beskermgees of daemon het wat met sy geboorte help en vir die res van sy lewe oor hom waak. Hierdie gees het ’n mistieke verhouding gehad met die god op wie se verjaarsdag die persoon gebore is. Die Romeine het ook hierdie idee onderskryf. . . . Hierdie gedagte het deur oorlewering behoue gebly en word weerspieël in die beskermengel, die goeie fee en die beskermheilige. . . . Die gebruik om brandende kerse op die koek te plaas, het by die Grieke begin. . . . Heuningkoeke so rond soos die maan en met kersies verlig, is op die tempelaltare van [Artemis] geplaas. . . . Volgens oorlewering besit verjaarsdagkerse spesiale towerkrag om wense te vervul. . . . Brandende kerse en offervure het ’n besondere mistieke betekenis gehad sedert die mens altare vir sy gode begin oprig het. Die verjaarsdagkerse is dus ’n eerbewys en huldeblyk aan die verjaarsdagkind en bring geluk en voorspoed. . . . Verjaarsdaggroete en -gelukwense is ’n inherente deel van hierdie feesdag. . . . Die idee was oorspronklik in towery gewortel. . . . Verjaarsdaggroete het krag ten goede of ten kwade, want ’n mens is op hierdie dag nader aan die geestewêreld.”—The Lore of Birthdays (New York, 1952), Ralph en Adelin Linton, bl. 8, 18-20.
Niks daarmee verkeerd dat familielede en vriende op ander tye byeenkom om te eet, te drink en vrolik te wees nie
Pred. 3:12, 13: “Daar [is] niks beters onder hulle . . . nie as om bly te wees en om goed te doen in die lewe. En ook—dat elke mens eet en drink en die goeie geniet by al sy moeitevolle arbeid; dit is ’n gawe van God.”
Kyk ook 1 Korinthiërs 10:31.
-
-
VoorouervereringRedenering uit die Skrif
-
-
Voorouerverering
Definisie: Die gebruik om afgestorwe voorouers (seremonieel of andersins) te eer en te vereer omdat daar geglo word dat hulle ’n bewuste bestaan in ’n onsigbare ryk voer en die lewendes kan help of benadeel en dus gepaai moet word. Nie ’n Bybelleerstelling nie.
Is afgestorwe voorouers bewus van wat die lewendes doen, en kan hierdie voorouers lewende persone help?
Pred. 9:5: “Die lewendes weet dat hulle moet sterwe, maar die dooies weet glad niks nie.”
Job 14:10, 21: “’n Mens blaas die asem uit en—waar is
-