Lied 104
’n Lied tot eer van die Allerhoogste
1. Kom sing voor Jehovah ’n lied,
Want hy maak die wêreld tot niet.
Loof sy almag;doen dit aldag;
Hy sal sorg dat sy wil hier geskied.
(Refrein)
2. Die Koninkryk is opgerig;
Uit Babilon het ons gevlug.
Laat ons nader tot die Vader,
En bly wandel in sy helder lig.
(Refrein)
3. Ons leef nou in die ‘laaste dag’,
Dus hoef ons nie lank meer te wag.
God is magtig en waaragtig;
Daarom loof ons sy naam dag en nag.
(Refrein)
Jehovah heers as Koning
Vanuit sy hemel woning.
Geen mens kon keer dat onse
Heer se Koninkryk regeer.