Lied 128
Doen meer—soos die Nasireërs gedoen het
1. Nasireërs—Kan ons hul navolg?
Kan ons so God se leer versier?
Afgeskei kon hul hulle God dien
Op ’n unieke manier.
Laat ons kyk na ons situasie,
Want die wêreld het min tyd oor.
Kan ons meer in God se diens doen
Dat meer die boodskap hoor?
2. Nasireërs was onself sugtig.
Heel eenvoudig het hul geleef.
Dit bringhulle na aan Jehovah.
Kan ons nouook daarna streef?
Hul aanvaar verskeie beperkings
Met ’n eed aan hul God daarbo.
Baie van ons Christenbroeders
Lewe vandag ook so.
3. Nasireërs was waarlik anders.
Hulle lang hare het getoon
Hulle is aan God onderdanig.
Daarom het hy hul beloon.
Ook vandag moet ons ons geloof toon
En aan God onderdanig bly.
Dan sal hy ons arbeid seën,
Ons na die lewe lei.
4. Nasireërs—Volg nou hul voorbeeld.
Heilig moes hulle altyd bly.
Net so strewe ons ook na reinheid;
Al’s wat bevlek,word vermy.
Maak ’n plan!Vertrou op Jehovah.
Hy sal trou oor sy knegte waak.
Doen ons meer,reg aan die voorpunt,
Sal ons voldoening smaak.