Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • tp hfst. 1 bl. 4-9
  • Ware vrede en veiligheid is ophande!

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Ware vrede en veiligheid is ophande!
  • Ware vrede en veiligheid—Hoe kan jy dit vind?
  • Soortgelyke materiaal
  • Kyk verder as mensgemaakte “vrede en veiligheid”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • Help ander om ware vrede en veiligheid te vind
    Ons Koninkryksbediening—1986
  • Vrede van God af—Wanneer?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
  • Ware vrede en veiligheid
    Ons Koninkryksbediening—1986
Sien nog
Ware vrede en veiligheid—Hoe kan jy dit vind?
tp hfst. 1 bl. 4-9

Hoofstuk 1

Ware vrede en veiligheid is ophande!

1. Watter toestande maak ware vrede en veiligheid so wenslik?

SOOS die meeste mense smag jy seer seker na vrede en veiligheid. Mense oral is sat van misdadigheid, geweld, oorlog en die dreigende kernnagmerrie. En baie het nie ordentlike werk, toereikende woonplek of genoeg kos nie. Hoe verblydend sal dit tog nie wees as sulke probleme opgelos kan word en hierdie aarde ’n aangename, veilige tuiste vir sy bewoners word nie!

2, 3. (a) Watter vrae moet gestel word indien ware vrede en veiligheid inderdaad ophande is? (b) Hoe strook die optrede van die Verenigde Volke oënskynlik met die begeerte na vrede en veiligheid?

2 Daar bestaan, verbasend genoeg, goeie rede om te glo dat die langverwagte verligting ophande is, dat aardwye vrede en veiligheid binnekort ’n werklikheid gaan wees! Maar wie gaan dit tot stand bring? Gaan die nasies van hierdie wêreld hulle geskille bylê om dit te volbring?

3 ’n Interessante Bybelprofesie het gesê dat die tyd sou aanbreek wanneer wêreldleiers inderdaad “vrede en veiligheid” sal aankondig.a Trouens, toe die Verenigde Volke 1986 tot ’n “Internasionale Vredesjaar” verklaar het, het dit versoek dat organisasies oral van daardie jaar af ’n spesiale poging moet aanwend om die doel van “vrede, internasionale veiligheid en samewerking” te bevorder.1

4. Watter probleme moet enige reëling vir vrede en veiligheid oplos om jou tot voordeel te strek?

4 Maar sal dit ware “vrede en veiligheid” wees? Sal dit tot in jou buurt en tot in jou huis reik en die probleme oplos wat jou persoonlik raak? Sal dit die probleme in verband met toenemende misdadigheid en dwelmverslawing, stygende voedselkoste, swaar belasting, toenemende besoedeling en die gestadige verbrokkeling van gesinsbande oplos? Solank enige van hierdie toestande voortduur, bedreig hulle jou persoonlike vrede en veiligheid.

5, 6. Glo jy, op grond van jou lewenservaring, dat die mens daardie probleme sal oplos?

5 Mense hoop weliswaar dat hulle hierdie moeilikhede te bowe kan kom. Hulle sê dat hulle, bevry van die swaar finansiële oorlogslaste, al daardie rykdom, navorsing en mannekrag kan aanwend om sulke probleme op te los.

6 Glo jy dit werklik? Is daar enige grondige bewys wat toon dat mense ooit blywende oplossings kan vind? Wat toon die geskiedenis? Trouens, wat sê jou eie lewenservaring vir jou?

7, 8. (a) Tot watter ander bron kan ons ons wend vir ’n oplossing? (b) Hoe prominent is die Bybel?

7 ‘Maar wat bly oor as die mens nie die oplossings het nie?’ wonder jy moontlik. Wel, daar is onloënbare getuienis dat die aarde en die lewende dinge daarop van intelligente ontwerp getuig (Hebreërs 3:4). Is dit moontlik dat die Een wat vir hierdie ontwerp verantwoordelik is in aanmerking geneem moet word? Sal hy in mense-aangeleenthede ingryp? Slegs die Bybel bied antwoorde op hierdie vrae.

8 Sal dit, met die oog op wat op die spel staan, jou dan nie die moeite loon om te kyk wat die Bybel oor hierdie saak sê nie? Jy is moontlik bewus van die feit dat dit in meer tale as enige ander boek vertaal is en die boek met die grootste verspreiding op aarde is. Miljarde eksemplare van die hele Bybel of dele daarvan is in meer as 1 800 tale versprei.2 Maar het jy geweet dat hierdie ou boek die sake behandel wat vir ons in hierdie 20ste eeu van die grootste belang is?

9, 10. (a) Wat sê die Bybel oor die toekoms, en oor menseregerings? (b) Wat is God se Koninkryk, en wanneer gaan dit die leisels van alle hedendaagse regerings oorneem?

9 Baie weet dat die Bybel ’n ‘einde van die wêreld’ voorspel. Maar min weet wat dit sê oor wanneer dit gaan kom, of hoe die lewe daarna op aarde sal wees (Mattheüs 24:​21, 22; 2 Petrus 3:​11-13). Hulle kan selfs die Onse Vader bid, waarin hulle vra dat ‘God se koninkryk moet kom’ (Mattheüs 6:​9, 10). Maar min mense besef dat God se Koninkryk ’n werklike regering is wat alle hedendaagse politieke stelsels gaan vervang. Dit is soos die profeet Daniël gesê het: “In die dae van dié konings sal die God van die hemel ’n koninkryk verwek wat in ewigheid nie vernietig sal word nie . . . dit sal al daardie koninkryke verbrysel en daar ’n einde aan maak, maar self sal dit vir ewig bestaan.”—Daniël 2:⁠44.

10 Dit is interessant dat die Bybel se profesie oor “vrede en veiligheid” wat vroeër gemeld is, die volgende aspekte insluit: “Wanneer hulle sê: Vrede en veiligheid—dan oorval ’n skielike verderf hulle” (1 Thessalonicense 5:3). Dit blyk dus dat enige vrede en veiligheid wat menseleiers aankondig baie kortstondig sal wees. Want die profesieë toon dat alle menseheerskappye onmiddellik daarna heeltemal verbrysel gaan word en deur een regering vir die hele aarde—God se Koninkryk—vervang gaan word.

11, 12. Wat is sommige van die verskille tussen wat die Bybel sê God se Koninkryk gaan doen en wat menseleiers probeer doen?

11 Die Bybel toon daarbenewens dat daar talle verskille is tussen die vrede en veiligheid wat God se Koninkryk gaan bring en dié wat menseleiers beloof. Mense praat vandag van wapenvermindering deur verdrae. Die Bybel sê daarenteen dat God eerlank ’n algehele einde aan alle wapentuig gaan maak en die grondoorsake van oorlog uit die weg sal ruim (Psalm 46:​10; Jesaja 2:​2-4). En die veiligheid wat God beloof, is nie net teen oorlog tussen nasies nie. Dit is teen alle soorte vyande, sodat niemand ooit weer—bedags of snags—sal hoef te vrees nie (Miga 4:​3, 4). Mense stel ook nou daarin belang om misdadigheid te bekamp, maar God se verklaarde voorneme is om selfs die gesindhede en toestande wat tot misdadigheid aanleiding gee uit te roei.—Psalm 37:​8-11; Galasiërs 5:​19-21.

12 Die nasies roem ook op vooruitgang op die gebied van mediese navorsing en verbeterde behandeling van siekes en bejaardes. Maar die Bybel verduidelik hoe God se regering volkome en blywende gesondheid sal bewerkstellig en selfs die verouderingsproses en die dood sal oorwin! (Openbaring 21:​3, 4). En onder God se Koninkryk sal ’n mens se werk waarlik sinvol wees en ware tevredenheid verskaf. Want hoe gelukkig kan jy per slot van rekening wees as jou werk frustrerend is of jou nie die gevoel gee dat jy waarlik iets bereik nie?—Jesaja 65:​21-23; Romeine 8:​19-21.

13. Watter vrae kan ons met nut ondersoek?

13 Wat meen jy bied die soort vrede en veiligheid wat elke aspek van jou lewe sal verbeter—die beloftes van mense, of God se beloftes soos deur sy Koninkryksregering uitgevoer? Het jy, deur saam te gaan met die dinge wat die wêreld oor die algemeen aanbied, werklik gevind wat jy van die lewe verlang? Gestel jy laat jou meesleep deur die dinge wat tans gewild is en jy besef dan dat jy deur bedrieglike beloftes om die bos gelei is, dat jy geen ware vrede en veiligheid het nie. Kan jy andersyds seker wees dat die Bybel se beloftes geloofwaardig, prakties en realisties is? Die antwoorde op sulke vrae verdien beslis deeglike ondersoek.

[Voetnoot]

a 1 Thessalonicense 5:3.

[Volbladillustrasie op bladsy 4]

[Prent op bladsy 9]

Niemand sal ooit weer—bedags of snags⁠—​hoef te vrees nie

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel