Lied 66
Die krag van goedhartigheid
1. Ons dank ons God dat hy aan ons
Goedhartigheid bewys,
Aan mense wat dit nie verdien
En faal in wat hy eis.
Hoewel hy groot en magtig is,
Betoon hy groot bedagsaam heid.
Goedhartigheid trek ons na hom
En wek lojaliteit.
2. Toe Jesus op die aarde was,
Was hy sagmoedig,teer;
Die ned’riges het hy versterk,
Die swakkes pal geleer.
Sy leer,so teer en liefdevol,
Verkwik en laaf die moeësiel.
Hy’t sondaars hul tot God laat keer
Deur goedheid te weerspieël.
3. Goed hartigheid is dus ’n vrug
Wat Christene moet toon.
Wie God en Christus daarin volg,
Word stellig ryk beloon.
Ontstaan probleme wat ons kwel,
Sal ons waarskynlik dikwels vind:
Die antwoord is goedhartigheid
Wat harte kan verbind.
4. As dienaars sal ons veel nut stig
As ons terdeëbesef
Dat daar ’n krag in goedheid is,
’n Krag wat ander tref.
Geseënd is diéwat dit ontvang,
Geseënder diéwat dit betoon,
Want so loof ons Jehovah God
—Die Een wat ons beloon.