-
Drie-eenheidRedenering uit die Skrif
-
-
Of jy kan antwoord (indien die persoon die aandag spesifiek op Johannes 1:1 vestig): ‘Ek weet wat daardie vers sê. In sommige Bybelvertalings sê dit dat Jesus “God” is, en ander sê dat hy “’n god” is. Waarom is dit die geval?’ (1) ‘Is dit moontlik omdat die volgende vers sê dat hy “by God” was?’ (2) ‘Is dit moontlik ook as gevolg van wat dit hier in Johannes 1:18 sê?’ (3) ‘Het u al ooit gewonder of Jesus self iemand as God aanbid? (Johannes 20:17).’
‘Glo jy aan die godheid van Christus?’
Jy kan antwoord: ‘Ja, beslis. Maar ek het moontlik nie dieselfde in gedagte as u wanneer u van “die godheid van Christus” praat nie.’ Dan kan jy byvoeg: (1) ‘Waarom sê ek so? Wel, in Jesaja 9:5 word Jesus Christus as “Sterke God” beskryf, maar slegs sy Vader word ooit in die Bybel die almagtige God genoem.’ (2) ‘En let op dat Jesus sy Vader in Johannes 17:3 “die enige waaragtige God” noem. Jesus is dus hoogstens ’n afskynsel van die ware God.’ (3) ‘Wat moet ons doen om God te behaag? (Joh. 4:23, 24).’
-
-
DromeRedenering uit die Skrif
-
-
Drome
Definisie: Die gedagtes of geestesbeelde van ’n persoon terwyl hy slaap. Die Bybel praat van natuurlike drome, drome van God af en drome wat verband hou met waarsêery.—Job 20:8; Num. 12:6; Sag. 10:2.
Het drome in ons dag besondere betekenis?
Wat het navorsers omtrent drome te wete gekom?
“Almal droom”, sê The World Book Encyclopedia (1984, Dl. 5, bl. 279). “Die meeste volwassenes droom ongeveer 100 minute gedurende agt uur se slaap.” Drome is dus ’n normale mense-ervaring.
Dr. Allan Hobson, van die Harvardse Mediese Skool, het gesê: “Hulle is dubbelsinnige prikkels wat vertolk kan word net soos ’n terapeut wil. Maar die betekenis hang van die uitlêer af—nie van die droom self nie.” Toe die “Science Times”-gedeelte van The New York Times hieroor berig gelewer het, het dit bygevoeg: “In die skool wat groot waarde aan drome heg, is daar talle benaderings om die sielkundige betekenis van ’n droom te vind, en elkeen weerspieël ’n ander teoretiese beskouing. ’n Freudiaan sal een soort betekenis aan ’n droom heg, terwyl ’n Jungiaan ’n ander betekenis daaraan sal heg, en ’n Gestalt-terapeut weer ’n ander betekenis. . . . Maar die beskouing dat drome hoegenaamd sielkundige betekenis het, word deur neurowetenskaplikes skerp aangeval.”—10 Julie 1984, bl. C12.
Kan drome wat skynbaar besondere kennis oordra uit ’n ander bron as God kom?
Jer. 29:8, 9: “So spreek die HERE van die leërskare . . . : Laat julle profete en julle waarsêers wat onder julle is, julle nie bedrieg nie, en luister nie na julle dromers vir wie julle laat droom nie. Want hulle profeteer vir julle vals in my Naam; Ek het hulle nie gestuur nie, spreek die HERE.”
Harper’s Bible Dictionary deel ons mee: “Die Babiloniërs het soveel vertroue in drome gehad, dat hulle op die vooraand van belangrike besluite in tempels geslaap het in die hoop om raad te ontvang. Grieke wat graag gesondheidsonderrig wou ontvang, het in heiligdomme van Aesculapius [wie se embleem ’n slang was] geslaap, en Romeine in tempels van Serapis [soms geassosieer met ’n opgekrulde slang]. Egiptenaars het volledige boeke vir droomuitlegging voorberei.”—(New York, 1961), Madeleine Miller en J. Lane Miller, bl. 141.
In die verlede het God drome gebruik om waarskuwings, instruksies en profesieë oor te dra. Maar lei hy sy volk nou so?
Sulke drome wat van God af kom, word in Mattheüs 2:13, 19, 20; 1 Konings 3:5; Genesis 40:1-8 gevind.
Hebr. 1:1: “Nadat God baiekeer en op baie maniere [drome inkluis] in die ou tyd gespreek het tot die vaders deur die profete, het Hy in hierdie laaste dae tot ons gespreek deur die Seun [Jesus Christus, wie se leerstellings in die Bybel opgeteken staan].”
1 Kor. 13:8: “Profesieë [en soms het God profesieë aan sy knegte oorgedra deur middel van drome]—hulle sal tot niet gaan.”
2 Tim. 3:16, 17: “Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering . . . sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.”
1 Tim 4:1: “Maar die Gees sê uitdruklik dat in die laaste tye sommige van die geloof afvallig sal word en verleidende geeste en leringe van duiwels [wat soms in drome oorgedra word] sal aanhang.”
-
-
DwelmsRedenering uit die Skrif
-
-
Dwelms
Definisie: Dwelms is nie-voedsel-, luimwysigende stowwe wat nie medies nodig geag word nie, maar wat gebruik word om lewensprobleme te ontvlug, om ’n dromerige gevoel of ’n gevoel van welsyn of verrukking te ervaar.
Verbied die Bybel regstreeks die gebruik van dwelms vir genot?
Dit meld nie stowwe soos heroïen, kokaïen, LSD, PCP (angel dust), dagga en tabak by name nie. Maar dit voorsien die nodige riglyne sodat ons kan weet wat om te doen en wat om te vermy om God te behaag. Die Bybel sê eweneens nie dat dit verkeerd is om ’n vuurwapen te gebruik om iemand dood te maak nie, maar dit verbied wel moord.
Luk. 10:25-27: “Wat moet ek doen om die ewige lewe te beërwe? . . . Jy moet die Here jou God liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele krag en uit jou hele verstand; en jou naaste soos jouself.” (Het iemand God werklik uit sy hele siel en uit sy hele verstand lief as hy gedurig dinge doen wat sy lewe onnodig verkort en sy verstand verdoof? Toon hy naasteliefde as hy ander besteel om sy dwelmgewoonte te finansier?)
2 Kor. 7:1: “Terwyl ons dan hierdie beloftes [om Jehovah as ons God en ons Vader te hê] het, geliefdes, laat ons ons van alle besoedeling van die vlees en die gees reinig, en laat ons die heiligmaking in die vrees van God volbring.” (Maar kan ons verwag om God se goedkeuring te geniet as ons opsetlik dinge doen wat ons liggame besoedel?)
Tit. 2:11, 12: “Die reddende genade van God het aan alle
-