Lied 74
Jehovah, ons Redder
1. Vervulde profesie het ons weer hoop gegee.
Die Duiwel is verslaan;daar’s wee vir aard’en see.
Die Lam is ingehuldig as Vors en Heer.
Laat ons leer: “Jah,sterke God,sal red.”
(Refrein)
2. Van dag tot dag word ons getrouheid swaar beproef;
Die gees van hierdie eeu stem ons al meer bedroef.
Ons denke en ons dade moet suiwer bly.
Dan sal Hy,Die Soewerein,ons red.
(Refrein)
3. Die Duiwel word deur Jesus spoedig vasgebind.
Geen smart,geween of pyn word dan weer ondervind.
As God die nuwe hemel en aarde bring,
Sal ons sing: “Jah het sy volk ge red.”
(Refrein)
Jehovah verlos sy lojale dienaars.
Ons vyande sal weet dat ons Skild Jehovah heet.
On verskrokke,as knegte van God, sal ons lof bring,
En Jehovah,ons Redder en Rots,se naam besing.