Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 11/93 bl. 1
  • Redeneer jy uit die skrif?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Redeneer jy uit die skrif?
  • Ons Koninkryksbediening—1993
  • Soortgelyke materiaal
  • Die uitdaging om herbesoeke te doen
    Ons Koninkryksbediening—1992
  • Bied die Goeie Nuus Aan—Deur goed gebruik te maak van Redenering uit die Skrif
    Ons Koninkryksbediening—1986
  • Gebruik jy die Redenering-boek?
    Ons Koninkryksbediening—2008
  • Gebruik die Redenering-boek tydens herbesoeke
    Ons Koninkryksbediening—1992
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1993
km 11/93 bl. 1

Redeneer jy uit die skrif?

1 ’n Ervare soldaat wat oorlog toe gaan, sal goed gewapen wees en sy hele wapenrusting aanhê. ’n Bekwame vakman wat ’n groot bouprojek aanpak, sal die nodige gereedskap by hom hê om die taak te kan voltooi. ’n Kneg van Jehovah wat aan die veldbediening deelneem, sal sy “swaard” byderhand hê en sal dit by elke moontlike geleentheid met bedrewenheid gebruik (Ef. 6:17). Is dit wat jy doen? Laat jy toe dat God se Woord die praatwerk doen wanneer jy aan die velddiens deelneem, sodat die heilige gees dié wat na jou luister se hart kan raak?—Spr. 8:1‚ 6.

2 Dit is nie altyd maklik om die predikingswerk te doen nie. In party gebiede is mense selde tuis, en diegene wat wel die deur oopmaak, is dikwels besig, wat nie veel geleentheid vir breedvoerige Bybelbesprekings bied nie. Aangesien die Bybel ons vernaamste studieboek is, hoe kan ons dit meer in die velddiens gebruik sodat die geïnspireerde boodskap daarin ons hoorders kan beïnvloed?

3 By elke geleentheid: Ons wil die Bybel graag by elke deur gebruik om die huisbewoner te motiveer. Ons moet gereed wees om dit te doen ongeag watter publikasie aangebied word. Kan jy ’n teks aanhaal of parafraseer voordat jy lektuur aanbied indien die persoon besig is en daar nie genoeg tyd is om die Bybel oop te slaan en een of twee verse te lees nie? Dít op sigself kan die persoon beweeg om na ons te luister.—Hebr. 4:12.

4 Wanneer jy byvoorbeeld die Ontwaak! van 8 Desember 1993 met die artikel “’n Wêreld sonder siekte” aanbied, kan jy die huisbewoner se aandag op die prent op die voorblad vestig en dan vra: “Dink jy daar sal ooit ’n einde aan siekte kom—’n tyd wanneer almal blakende gesondheid sal geniet?” Wat die reaksie ook al is, jy sal dalk regstreeks uit jou Bybel kan lees of ’n teks, soos Jesaja 33:24 of Openbaring 21:4, kan parafraseer. Op dié manier laat jy God se Woord die praatwerk doen.

5 Tydens herbesoeke: Ons moet voorberei voordat ons herbesoeke doen. Maar dikwels kom onderwerpe op waarop ons nie voorbereid was nie. Dit is dan wanneer Redenering uit die Skrif ’n waardevolle hulpmiddel kan wees. As ons stawende tekste uit die Redenering-boek aanhaal of lees, sal dit mense help om te sien dat ons bedienaars van God is en nie smouse van die Woord nie.—2 Kor. 2:17.

6 Wanneer jy teruggaan na iemand met wie jy nie ’n spesifieke onderwerp bespreek het nie, kan jy eenvoudig die Redenering-boek by ’n gepaste onderwerp, soos “Jesus Christus”, “Laaste dae” of “Opstanding”, oopmaak en een van die tussenhofies gebruik om die bespreking in te lei. Huisbewoners kan genooi word om party van die tekste in hulle eie Bybel te lees. Op daardie manier sal die Bybel vir hulle begin sin maak, en Jehovah se heilige gees sal op hulle inwerk as hulle hart tot regverdigheid geneig is.

7 Ons het ’n ernstige verantwoordelikheid om die goeie nuus te verkondig en die goddeloses te waarsku. Dit is Jehovah se boodskap, nie ons s’n nie. Laat sy Woord, die swaard van die gees, jou help.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel