Lied 7
Die mensdom se Jubeljaar
1. Die skepping sug in slawerny.
Dit lyk so hopeloos.
’n Sabbatdag is voor die deur
Om treurendes te troos.
2. ’n Jubeljaar van rus en vre’e
Om mense vry te maak
Word binnekort hier ingelui.
God gee sy Seun die taak.
3. Gedurende die duisend jaar
Red God ons uit ons nood.
Ons word bevry uit slawerny
Aan sonde en die dood.
4. Die Heer se volk verkondig bly
Die hoop wat hul bekoor.
Net God kan hul die lewe gee
En hul gebed verhoor.