Lied 37
Maak ’n goeie naam by God
1. Ons God se glimlag
Is waarna ons bly smag.
Dis wat ons nastreef
Met al ons krag en mag.
Ons kan ’n goeie naam,
Waarvoor ons ons nie skaam,
Vandag by God maak
Soos dit betaam.
2. Deur woord en wandel
Sal ons ’n naam verkry.
En daarom wil ons
’n Goeie lewe lei.
As ons ’n naam begeer
Wat strek tot God se eer,
Moet ons berou toon
En ons bekeer.
3. ’n Naam sal ons maak
As ons op Gods wil let.
Dis so belangrik;
Dis wat ons nodig het.
As ons sy Woord bewaar
En nie ons kragte spaar,
Sal God ons werk seën
En ons aanvaar.
4. Ons moet ons inspan
En teen versoekings waak
Om by Jehovah
’n Goeie naam te maak.
Ons moet nou vrede stig,
Bly wandel in die lig,
En goeie nuus bring,
Want dis ons plig.