Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Drome
    Redenering uit die Skrif
    • 2 Tim. 3:16, 17: “Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering . . . sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.”

      1 Tim 4:1: “Maar die Gees sê uitdruklik dat in die laaste tye sommige van die geloof afvallig sal word en verleidende geeste en leringe van duiwels [wat soms in drome oorgedra word] sal aanhang.”

  • Dwelms
    Redenering uit die Skrif
    • Dwelms

      Definisie: Dwelms is nie-voedsel-, luimwysigende stowwe wat nie medies nodig geag word nie, maar wat gebruik word om lewensprobleme te ontvlug, om ’n dromerige gevoel of ’n gevoel van welsyn of verrukking te ervaar.

      Verbied die Bybel regstreeks die gebruik van dwelms vir genot?

      Dit meld nie stowwe soos heroïen, kokaïen, LSD, PCP (angel dust), dagga en tabak by name nie. Maar dit voorsien die nodige riglyne sodat ons kan weet wat om te doen en wat om te vermy om God te behaag. Die Bybel sê eweneens nie dat dit verkeerd is om ’n vuurwapen te gebruik om iemand dood te maak nie, maar dit verbied wel moord.

      Luk. 10:25-27: “Wat moet ek doen om die ewige lewe te beërwe? . . . Jy moet die Here jou God liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele krag en uit jou hele verstand; en jou naaste soos jouself.” (Het iemand God werklik uit sy hele siel en uit sy hele verstand lief as hy gedurig dinge doen wat sy lewe onnodig verkort en sy verstand verdoof? Toon hy naasteliefde as hy ander besteel om sy dwelmgewoonte te finansier?)

      2 Kor. 7:1: “Terwyl ons dan hierdie beloftes [om Jehovah as ons God en ons Vader te hê] het, geliefdes, laat ons ons van alle besoedeling van die vlees en die gees reinig, en laat ons die heiligmaking in die vrees van God volbring.” (Maar kan ons verwag om God se goedkeuring te geniet as ons opsetlik dinge doen wat ons liggame besoedel?)

      Tit. 2:11, 12: “Die reddende genade van God het aan alle mense verskyn en leer ons om die goddeloosheid en wêreldse begeerlikhede te verloën, ingetoë [“met selfbeheersing”, NAV] en regverdig en vroom in die teenwoordige wêreld te lewe.” (Strook die gebruik van dwelms wat ’n mens se oordeel aantas of ’n persoon sy selfbeheersing laat verloor met daardie raad?)

      Gal. 5:19-21: “Die werke van die vlees is openbaar, naamlik . . . towery [“beoefening van spiritisme”, NW] . . . brassery en dergelike dinge, waarvan ek julle vooraf sê . . . dat die wat sulke dinge doen, die koninkryk van God nie sal beërwe nie.” (Die letterlike betekenis van die Griekse woord farmakiʹa, hier weergegee met “towery”, is “die gebruik van dwelms”. Waar An Expository Dictionary of New Testament Words, deur W. E. Vine, oor hierdie Griekse woord kommentaar lewer, sê dit: “In towery het die gebruik van dwelms, hetsy flou of sterk, gewoonlik gepaard gegaan met besweringe en beroepe op okkulte magte, met die voorsiening van verskeie gelukbringers, toormiddels, ens., kwansuis om die raadpleger of pasiënt teen die aandag en mag van demone te beskerm, maar in werklikheid om die raadpleger te beïndruk met die geheimsinnige vindingrykheid en magte van die towenaar” [Londen, 1940, Dl. IV, bl. 51, 52]. Baie wat vandag dwelms gebruik, is eweneens betrokke by spiritistiese gebruike of gaan om met diegene wat daarby betrokke is, daar ’n leë verstand of een wat hallusinasies ervaar maklik ten prooi val aan die demone. Vergelyk Lukas 11:24-26.)

      Tit. 3:1: “Herinner hulle daaraan om onderdanig te wees aan owerhede en magte.” (Op baie plekke is die besit of gebruik van sekere dwelms ’n oortreding van die wet.)

      Sommige dwelms laat ’n mens goed voel. Is hulle dan werklik so skadelik?

      2 Tim. 3:1-5: “Maar weet dit, dat daar in die laaste dae swaar tye sal kom. Want die mense sal . . . meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God [wees] . . . Keer jou ook van hierdie mense af.” (Die Bybel waarsku ons duidelik om nie genot dermate te begeer dat ons dit belangriker as die toepassing van die regverdige beginsels in God se Woord en sy goedkeuring ag nie.)

      Sommige OPIATE verlig pyn en kan ’n gevoel van vergenoegdheid verskaf, maar hulle is ook gewoontevormend en ’n te groot dosis kan dodelik wees. Wanneer sommige OPLOSMIDDELS ingeasem word, kan dit ’n gevoel van opgewondenheid verskaf, maar dit kan ook onduidelike spraak, swak gesig, die verlies van spierbeheer benewens onherstelbare skade aan die brein, lewer en niere veroorsaak. HALLUSINOGENIESE MIDDELS laat ’n mens “bedwelmd” voel en raak oënskynlik ontslae van moegheid, maar hulle kan ook die waarneming van afstande en logiese denke belemmer, permanente persoonlikheidsveranderinge veroorsaak en neigings tot selfmoord of moord wek.

      Is dagga onskadelik? Sommige dokters sê so

      David Powelson, M.D., voormalige hoof van die sielkunde-afdeling, Cowell-hospitaal, Universiteit van Kalifornië, Berkeley, was eens ’n voorstander van die wettiging van die gebruik van dagga. Later, toe daar meer getuienis beskikbaar was, het hy geskryf: “Ek meen nou dat dagga die gevaarlikste dwelm is waarmee ons te kampe het. 1. Die vroeë gebruik daarvan is bedrieglik. Die gebruiker kry die indruk dat hy lekker voel; hy kan nie die afstomping van sy verstandelike en fisiologiese prosesse waarneem nie. 2. Die volgehoue gebruik daarvan lei tot bedrieglike denke. Na een tot drie jaar van volgehoue gebruik begin die patologiese denkwyses om die dinkprosesse oor te neem.”—Executive Health Report, Oktober 1977, bl. 8.

      Dr. Robert L. DuPont, voormalige hoof van die Nasionale Instituut oor Dwelmmisbruik in die Verenigde State, wat in die verlede aangehaal is waar hy die gevaar van dagga kleineer, het onlangs gesê: “Die werklike geskil is die gesondheidsgevaar wat hierdie epidemie [van daggagebruik deur jongmense] inhou, ’n gevaar wat minstens tweërlei van aard is. Een is die uitwerking van die bedwelming, wat wissel van die gevaarlike uitwerking op bestuursvermoë tot groter sorgloosheid. Die ander gebied is suiwer fisies. Hier wissel dit van die gereelde voorkoms van chroniese brongitis onder daggarokers tot die groot moontlikhede van skadelike hormoonuitwerkings, uitwerkings op immuniteit en moontlik selfs kanker.”—Montreal se Gazette, 22 Maart 1979, bl. 9.

      Science Digest het die volgende besonderhede verstrek: “Gereelde daggarokery kan op die lange duur die gapings tussen die senu-eindpunte in die brein wat nodig is vir lewensbelangrike funksies soos geheue, emosie en gedrag, vergroot. As senuwees hulle funksies moet verrig, moet hulle onderling kommunikeer.” Waar dit dan kommentaar lewer oor die resultate van toetse met diere sê die artikel voorts: “Die opvallendste uitwerkings het voorgekom in die tussenskotgebied, wat met die emosies geassosieer word; die seeperd, wat ’n rol speel by geheuevorming; en die mangels, wat verantwoordelik is vir sekere gedragsfunksies.”—Maart 1981, bl. 104.

      Is die gebruik van dagga enigsins erger as die drink van sterk drank?

      Alkohol is ’n voedsel en word deur die liggaam verwerk om energie te verskaf; die liggaam raak van die eindprodukte ontslae. ’n Psigofarmakoloog het egter gesê: “Dagga is ’n baie sterk dwelm, en die grootste fout wat ons kan maak, is om dit met alkohol te vergelyk.” “Molekule vir molekule is THC [in dagga] se vermoë om ’n ligte bedwelming te veroorsaak 10 000 keer sterker as dié van alkohol. . . . THC word baie stadig uit die liggaam verwyder, en dit duur baie maande om van die gevolge daarvan te herstel” (Executive Health Report, Oktober 1977, bl. 3). Die Skepper weet hoe ons gemaak is, en sy Woord laat die matige gebruik van sterk drank toe (Ps. 104:15; 1 Tim. 5:23). Maar hy veroordeel ook die onmatige gebruik van alkohol ten sterkste, net soos hy vraatsug veroordeel.—Spr. 23:20, 21; 1 Kor. 6:9, 10.

      Waarom beskou Jehovah se Getuies die rook van tabak as so ’n ernstige oortreding?

      Dit toon nie eerbied vir die gawe van lewe nie

      Hand. 17:24, 25: “Die God wat die wêreld gemaak het en alles wat daarin is, . . . [gee] aan almal lewe en asem en alles.”

      “Die getuienis dat sigarette die lewe verkort, is oorweldigend; die oorsaaklike verband is so deeglik bevestig soos enige ander in die geneeskunde.”—Science 80, September/Oktober, bl. 42.

      Verslae toon dat die jaarlikse sterfte as gevolg van rook in die Verenigde State op 300 000 bereken is; in Brittanje, op 50 000; in Kanada, op 50 000. “Meer as eenmiljoen mense sterf jaarliks aan rookverwante kwale, en die Derde Wêreld, wat 52% van die wêreld se tabak verbruik, maak ’n vinnig toenemende deel van daardie sterfte uit.”—The Journal (Toronto), 1 September 1983, bl. 16.

      Die voormalige Amerikaanse Minister van Gesondheid, Onderwys en Welsyn, Joseph Califano, het gesê: “Daar kan vandag geen twyfel bestaan dat rook waarlik stadige selfmoord is nie.”—Scholastic Science World, 20 Maart 1980, bl. 13.

      Dit strook nie met wat God van Christene vereis nie

      Rom. 12:1: “Ek vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as ’n lewende, heilige en aan God welgevallige offer—dit is julle redelike godsdiens.”

      Die geneesheer-generaal van die Verenigde State, C. Everett Koop, het gesê: “Die rook van sigarette is duidelik geïdentifiseer as die vernaamste voorkombare doodsoorsaak in ons samelewing” (The New York Times, 23 Februarie 1982, bl. A1). “Mediese studies toon dat . . . die gemiddelde lewensduur van ’n roker drie tot vier jaar minder is as dié van ’n nie-roker. Die verwagte lewensduur van ’n strawwe roker—’n persoon wat twee of meer pakkies sigarette per dag rook—kan tot agt jaar korter wees as dié van ’n nie-roker” (The World Book Encyclopedia, 1984, Dl. 17, bl. 430). Is dit reg vir iemand om sy lewe vir diens aan God aan te bied en dan daardie lewe stadig te vernietig?

      “Rook is so vernietigend, veral vir die hart en longe, dat die ander aspekte van voorkomende geneeskunde betreklik onbeduidend word as die persoon rook” (Die Universiteit van Suidelike Kalifornië se nuusdiens, 18 Februarie 1982). “Die rookgewoonte is waarskynlik die grootste, enkele voorkombare oorsaak van sieklikheid in die wêreld” (Dr. H. Mahler, direkteur-generaal van die Wêreldgesondheidsorganisasie, in World Health, Februarie/Maart 1980, bl. 3). Is dit konsekwent vir iemand om hom vir God aan te bied vir heilige diens en dan moedswillig sy gesondheid te bederf?

      Die rookgewoonte is ’n skending van die goddelike vereiste dat ons ons naaste moet liefhê

      Jak. 2:8: “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.”—Vergelyk Mattheüs 7:12.

      “’n Onlangse studie . . . het getoon dat die nie-rokende vroue van mans wat rook gemiddeld vier jaar jonger sterf as vroue wie se mans ook nie-rokers is” (The New York Times, 22 November 1978, bl. C5). “As ’n swanger vrou rook, kan dit sulke ernstige fetusgebreke tot gevolg hê dat die fetus sterf of dat die baba kort na geboorte sterf” (Family Health, Mei 1979, bl. 8). Sulke liefdelose behandeling van gesinslede is duidelike bewys dat ’n persoon nie soos ’n Christen optree nie.—Vergelyk 1 Timotheüs 5:8.

      “Studies het getoon dat aangesien die gemiddelde roker sy sigaret slegs vir ’n klein deeltjie van die tyd wat dit aangesteek is, rook, ’n nie-roker in werklikheid gedwing word om amper net soveel koolstofmonoksied, teer en nikotien in te asem as die roker wat langs hom sit” (Today’s Health, April 1972, bl. 39). ’n Persoon wat so liefdeloos teenoor sy medemens optree, lewer ook nie bewys dat hy God liefhet nie.—Kyk 1 Johannes 4:20.

      Waarom het God plante gemaak waaruit dwelms berei word as dit verkeerd is om dwelms te gebruik?

      Dinge wat misbruik word, het gewoonlik ook behoorlike gebruike. Dit is waar van die mens se voortplantingsvermoëns. Dit is waar van wyn. Dagga word gemaak van die gedroogde blare en eindelingse pluime van die hennepplant, wat nuttige vesels voorsien vir die maak van tou en sakmateriaal. Tabakblare, wat deur rokers misbruik word, kan ook gebruik word om ontsmetmiddels en insekdoders te maak. Die mens moet nog baie leer oor die nuttige aanwending van talle van die aarde se hulpbronne. Selfs onkruid is voordelig, want dit voorkom erosie en bied ’n deklaag wanneer grond nie bewerk word nie.

      Wat kan ’n mens doen as jy probeer het om met die rookgewoonte of ander dwelmgebruik te breek en nie daarin kon slaag nie?

      Jy moet eerstens deur Bybelstudie en meditasie ’n sterk begeerte opbou om God te behaag en om in sy regverdige nuwe stelsel te lewe. As jy tot hom nader, sal hy tot jou nader en jou die nodige hulp verleen.—Jak. 4:8.

      Dit is belangrik om oortuig te wees van die erns van hierdie gebruike en om ware haat daarvoor te kweek (Ps. 97:10). Dit kan gedoen word deur die feite in hierdie deel van die boek te hersien en na te dink, nie oor die tydelike genot wat die gebruike nou kan verskaf nie, maar oor wat God behaag en hoe walglik die gevolge van die slegte gebruike is.

      Bid ernstig tot God om hulp as jy ’n sterk begeerte kry om te rook of om een van die ander dwelms te gebruik. (Luk. 11:9, 13; vergelyk Filippense 4:13, NW.) Doen dit dadelik. Neem ook jou Bybel en lees hardop daaruit of tree in verbinding met ’n ryp Christen. Vertel vir hom wat gebeur en vra hom om hulp.

  • Evolusie
    Redenering uit die Skrif
    • Evolusie

      Definisie: Organiese evolusie is die teorie dat die eerste lewende organisme uit lewelose materie ontwikkel het. Toe, namate dit voortgeplant het, het dit glo in verskillende soorte lewende dinge verander totdat dit eindelik alle vorme van plante- en dierelewe wat al ooit op hierdie aarde bestaan het, voortgebring het. Daar word gesê dat dit alles plaasgevind het sonder die bonatuurlike tussenkoms van ’n Skepper. Sommige mense probeer om geloof in God met evolusie te versoen deur te sê dat God deur middel van evolusie geskep het, dat hy die eerste primitiewe lewensvorme gemaak het en dat hoër lewensvorme, die mens inkluis, deur middel van evolusie voortgebring is. Nie ’n Bybelleerstelling nie.

      Is evolusie werklik wetenskaplik?

      Die “wetenskaplike metode” is soos volg: Neem waar wat gebeur; vorm op grond van hierdie waarnemings ’n teorie oor wat moontlik waar is; beproef die teorie deur verdere waarnemings en deur eksperimente; en kyk of die voorspellings wat op die teorie gebaseer is, bewaarheid word. Is dit die metode wat gevolg word deur diegene wat aan evolusie glo en dit verkondig?

      Sterrekundige Robert Jastrow sê: “Tot hulle ergernis het [wetenskaplikes] geen duidelike antwoord nie, want chemici het nog nooit daarin geslaag om die natuur se eksperimente

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel