Lied 186
Ons goddelike vreugde
1. Die gees se vrug wat vreugde heet,
Bring weer volharding voort.
Maar hierdie vreugde verg geloof—
Die sterk en vaste soort.
Die vreug is nie van korte duur,
Ons toon dit elke dag.
‘Verbly jul!’lees ons telkemaal
In God se waar verslag.
2. Vir vreugde het ons grond genoeg:
Ons ken God en sy Seun.
As hul getuies dien ons trots;
Met hulle is ons een.
Daar kom ’n dag—dit maak ons bly—
Dat almal God sal eer.
Selfs diéwat nou in Hades slaap,
Sien dan die lewe weer.
3. Vergroot dievreug deur God te dien
Met vrede in ons hart.
Bewaak die hart en hou dit rein,
Want bitterheid bring smart.
En dien Jehovah altyddeur,
Dit sal sy hart verbly.
Bedink net wat opbouend is
Dat ons die kwaad vermy.
4. Al sou ons lot ook ned’rig wees
Wyl ons in Sy lig loop,
Is hierdie vreugde nou ons loon,
En dit versterk ons hoop.
Dit kenmerk ons as God se volk
Wyl ons sy Woord versprei.
Ons vreugde is oorvloedig as
Ons ander ook verbly.