Lied 188
Die gawe van gebed
1. God hoor ons gebede aan
As ons doen soos hy ver maan.
Slegs in Jesus naam sal Jah
Vir ons gee wat ons hom vra.
2. Elk’gebed van God se kneg
Moet intens wees,ja,opreg.
Om te toon dat ons God vrees,
Moet gebed hartgrondig wees.
3. Woorde moet ons nie herhaal,
En vermy verhewe taal.
God vra nie ’n lang gebed,
Maar dat ons op inhoud let.
4. Ons moet tyd maak vir gebed
Wyl ons leef na God se wet.
Almal moet gebed waardeer;
Dis ’n gawe van die Heer.