Lied 116
‘Julle moet die swakkes help’
1. Ons het baie swakhede
Wat ons naaste grief.
Maar Jehovah God het ons
Nogtans innig lief.
Hy toon barmhartigheid
En is tot hulp bereid.
Kom ons volg sy voorbeeld na
Ondanks ongerief.
2. Ons veroordeel swakkes nie,
Want ons weet gewis
Dat ons baie nut kan stig
As ons vriend’lik is.
Deur onvermoeid te werk,
Maak ons die swakkes sterk.
As ons hul kragdadig steun,
Vind hul siele rus.
3. ‘Wie is swak en ek’s nie swak’,
Hoor ons Paulus sê.
Ons moet voel wat ander voel—
Medelye hê.
Ons spoor die sterkes aan
Om swakkes by te staan.
Jesus het sy lewe reeds
Vir hul afgelê.
4. ‘Jul le moet die swakkes help’,
Sêdie Woord van God.
Doen ons dit in woord en daad
Hou ons Sy gebod.
Met God se Woord en gees
Kan almal sterker wees.
As ons nou die swakkes help,
Kry ons hulp van God.